OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 55
9 Des. 2007 05:34
Uit die vorige hoofstuk kon julle aflei dat julle nie per ongeluk hier op aarde is nie en dit laat julle wonder waarom julle voorouers dan op daardie tydstip op aarde moes wees en so ook die mense in die donker Middeleeue ensovoorts. Maar EK wil julle net sê dat daar ‘n doel is met alles en almal. EK het geweet wanneer om wie en op watter tydstip iemand op aarde te laat wees. Dit klink miskien nou vir julle snaaks, maar elkeen het ‘n persoonlikheidstrek wat hom die mees geskikste maak vir ‘n sekere tyd op aarde. Alle tye was nie ewe moeilik of maklik nie en daarom moes EK mense kies wat op daardie tydstip die beste hier gepas het, sodat dit die mees bevorderlikste kon wees vir sy siel. Met elke moeilike tyd het EK dan ook van MY engelwesens tussen die mense ingestuur om hulle tot MY te bekeer en hulle te lei na MY, hulle enigste Verlosser en Vriend. Dit is dan ook waarom EK julle van MY kneg Paulus Toronto vertel het, sodat julle kan verstaan dat EK nie die mense net aan hulle lot oorgelaat het nie. Maar in hierdie tyd waarin julle leef is baie meer engelwesens nodig, omdat dit ‘n baie meer bedorwe tyd is en satan baie meer listig is omdat hy die einde sien naderkom. Wees julle almal maar net gerus en moenie dat enigiets julle ontstel nie, want EK is ten volle in beheer en sal julle nooit verlaat nie. Julle sal deur MY gehelp word, want EK is elke sekonde van jou lewe by jou en sien alles raak. Nie een van MY kinders sal verlore gaan nie en daarom wil EK julle versterk vir die tyd wat kom. Bly by MY en EK sal julle nog baie onbekende dinge bekend maak sodat julle alles sal verstaan. EK het julle al verlos en sal dit weer doen sodat julle MY weer kan aanskou en salig wees. Lank, lank gelede was julle almal by MY en daar het die grootste geluk en liefde denkbaar geheers en EK sal julle weer daarna terugvoer. Hou nog net ‘n klein bietjie uit op hierdie bedorwe aardbodem. Hou nog net ‘n klein bietjie uit ter wille van julle broers en susters in die nood en EK sal julle almal kom haal en julle loon aan julle gee.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205