OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 56
10 Des. 2007 07:24
Kyk om julle heen. Is MY skepping nie mooi nie? Julle sal nou almal sê dat julle dit al baie gesien het en dat julle al daaraan gewoond is. EK wil julle aandag weer daarop vestig en aan julle vra om MY in MY skepping te soek met julle hele harte. EK is voorwaar orals en nie net in MY skepping nie, maar wat Ek wil hê is dat julle meer moet oplet na die dinge rondom julle. EK het alles met die noukeurigste presisie gemaak en niks is onvolmaak of afgeskeep nie. Julle sit nou en dink en wonder waarop EK wil afstuur, maar EK wil aan julle bekend maak dat julle ook so presies soos EK moet wees in julle geestelike lewens. Laat niks julle ontgaan nie. Lewe net vir MY. Gaan soek in julle binneste vir foute en stel dit reg sodat julle volmaak bevind kan word net soos MY werke. EK wil julle geestelik volmaak hê, sodat EK julle met MY GEES kan vul en julle na MY kan kom sonder enige sondes in julle binneste. EK het julle lief en wil julle nie laat verlore gaan nie en daarom spoor EK julle aan sodat julle net aan MY kan dink en alle handelinge MY welgevallig kan wees. Hoe meer julle julle gedagtes aan MY sal wy, hoe meer sal julle MY Stem kan hoor en nader aan MY kan beweeg. Gee julle liefde uitsluitlik aan MY en EK sal weer aan julle teruggee sodat julle dit weer aan julle naastes kan uitdeel. Hoe meer liefde julle aan MY gee, hoe meer liefde sal julle terug ontvang om uit te deel. Julle sal hiervan kan getuig sodra julle MY begin liefkry. Geeneen is soos EK en EK sal julle nooit mislei nie. Glo elke woord wat EK aan julle bring en handel daarvolgens. Julle het elkeen ‘n baie belangrike werk wat vir julle voorlê en EK wil julle daarvoor gereed kry, sodat julle uiters presies sal handel in MY opdragte aan julle. Gee alles aan My oor en vertrou op MY sodat EK dit kan rig soos wat Ek weet die beste is. As julle dit elke keer uit MY Hande kom neem, kan EK dit nie die beste rig nie, omdat jy dit self wil rig. Hê MY net lief en EK sal alles aan jou duidelik maak sodat jy nie meer sal twyfel nie. Julle sal die waarheid hierin raaksien sodra julle liefde vir MY groei.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205