OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 48
5 Des. 2007 06:12
EK het nou klaar gepraat oor die aardse dinge wat julle moet aflê en daardeur wil EK sê dat julle nou regtig aan julleself moet werk sodat jou siel kan groei en jy met MY een kan word. EK kan nie een met wêreldse onreinheid word nie en sal dit alles tot as verbrand, die dag met MY wederkoms. Gee alle eer aan MY, julle Liefdevolle Vader wat al hierdie dinge aan julle bekend maak, sodat julle gereinig en skoon voor MY kan staan en EK met MY GEES julle kan vervul. Vrees nie die komende tyd nie. Dit het EK al by herhaalde kere gesê en EK sê dit weer aan julle vreesagtiges wat nog baie bang is vir die dood. EK het die dood oorwin en sal julle almal by die hande vat en deur alles dra. Daar was ‘n man genaamd Paulus Toronto. Hy het in die donker Middeleeue geleef en het MY baie liefgehad. Paulus het die gewoonte gehad om MY skaamteloos te bely in ‘n tyd dat die mense My knegte vermoor het. Dit was baie stormagtige tye gewees en niemand wat MY liefgehad het, kon openlik van MY getuig nie. Julle sal een van die dae dieselfde beleef. Paulus het een warm somersdag aangestap gekom na die stad waar naby hy gebly het. Met ‘n groot gejuig het daar ‘n skare mense na hom aangehardloop gekom en hy het uit die pad gestaan sodat hulle kon verbykom. Maar hulle het hom omring en aan hom gevra vir beskerming, omdat hulle hom geken het en geweet het dat hy ‘n man van wonderwerke was. Hy was heeltemal een met MY en kon alles doen wat EK ook in die vlees kon doen. Paulus het aan hulle gevra wat dit was wat hulle wou hê, al het EK dit aan hom bekend gemaak nog lank voordat dit gebeur het. Paulus was nie bekommerd nie, aangesien hy geweet het dat die owerhede hierdie mense en ook vir hom wou vermoor. Hulle was verbouereerd en wou vlug na die berge, maar Paulus het hulle gekalmeer en het hulle gerus gestel en in MY Naam almal aangespreek. Hulle was almal arm mense wat baie honger gehad het en vir dae lank nie ‘n ordentlike bord kos gehad het nie. Toe hulle dan by die rykes gaan kos steel het, is hulle uitgevang en het weggehardloop. Sommiges is gevang en sommer net daar in die straat, ten aanskoue van die klipharde rykes, om die lewe gebring. Die wat wel losgekom het, is reguit na Paulus waar hulle gehoop het om skuiling te vind. Net daar in die grondpad het hy hulle laat sit en aan hulle MY brood gegee. EK het sy gebede verhoor en daar het letterlik brood vanuit die hemel op hulle gereën. Dit het saggies om hulle neergeval en hulle kon hulleself daarmee versadig sodat hulle, versterk daardeur, na MY Lewende Brood kon luister. Dit was ‘n groot wonderwerk wat deur al wat daar teenwoordig was, aanskou is en hulle het almal daardie dag hulle harte aan MY gegee. Die owerhede was nog op jag na hierdie arme mense en het hot en haar rondgehardloop op soek na hulle. Op dieselfde pad waar hulle gesit het, is die soldate dan ook verby sonder om hulle te sien. Dit het dan ook ‘n groot gejuig afgegee wat wel deur hulle gehoor is. Hoe meer hulle gesoek het in die rigting vanwaar die gejuig gekom het, hoe minder het hulle die armes gesien. Dit het natuurlik ook paniek onder die soldate veroorsaak en hulle is met ‘n groot gejuig weer terug na die stad waar hulle self, deur die koning se bevel, vermoor is, omdat hulle, gedryf deur vrees, geweier het om weer na die armes te gaan soek. Paulus het MY Naam uitgedra sonder om te vrees vir die owerhede of die koning en daardeur het hy baie ander gered en is hulle almal by MY opgeneem en kon hulle ook hulle naastes help wat in ‘n baie slegte tyd op die aarde geleef het. Dit sal ook julle deel wees en in die diepste aardse duister sal julle vir MY arbei en sal julle mense uit die kloue van die dood ruk, sodat hulle gered kan word. Sonder vrees vir die dood sal julle die toekoms ingaan, al is alles duister om julle. EK is julle Lig en Ek sal vir julle die pad verlig wat julle moet gaan. Julle is swak en kan nie nou verstaan wat dit alles sal behels nie, maar julle sal bly wees en juig daaroor, die dag wanneer EK met julle sal spreek en alles aan julle bekend maak. Wees net nóu al vir MY lief sodat EK julle kan vervul met MY GEES. Dit sal julle krag wees en julle sal kan aangaan sonder enige vrese. EK skenk dit aan almal wat MY liefhet.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205