MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 9
Roep My aan en bely My!
Daar is nood in elke hart wat MY soek in sy smart en daarom moet jy MY dag en nag bely, al is die nag hoe donker. Moenie wag dat EK jou roep nie, roep na MY die hele tyd. En EK sal jou verhoor, maak nie saak of jy vol sonde is of nie. Want sonder ‘n Vader is julle niks. En niemand kan julle uit MY hand uittrek as julle nie self kies om weg te gaan nie. Kom na MY in die hitte van jou liefde en sê MY hoe jy voel. EK wil al jou smart op MY neem want EK is jou Skepper en Verlosser wat eens bitterswaar vir jou gely het. Julle besef nie wat EK deurgemaak het vir julle nie en daarom sal julle nie ‘n ware Vaderhart verstaan nie. Ware Liefde lê SY lewe af vir SY liefde wat SY lewe is. Wees daarom gou om MY aan te roep en stadig om jou troos by ‘n medemens te soek en soek MY dag en nag. En EK sal jou gee die begeertes van jou hart en jy moet vir MY stry.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205