MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 12
Soek MY, terwyl EK nog te vinde is
Julle wat vir MY ‘n Sionslied wil sing, kan dankbaar wees – EK het MY brood na die aarde toe gebring en sonder dat julle daarvan bewus is, kom EK al klaar MY tempel in julle midde bou. Julle is MY ware lewende tempels en sonder MY is julle leë geboue wat inmekaar sal sak as die eerste reëns sou kom. Bou op MY, julle belangrike fondasie
En wag op die vervulling van MY woord, wat sekerlik nie lank sal uitbly nie. Daar is niemand onder julle wat MY nie nodig het nie en julle doen mekaar vreeslike smart aan, deurdat julle nie in MY bly nie. Julle moet voluit lewe vir MY en dit beteken dat die wêreld uitgesluit moet word, terwyl EK alleen toegang in jou hart moet hê.
Wees vir MY lief met jou hele wese en EK sal by jou kom woning maak en saam sal ons die wêreld oorwin en daar sal vir jou wees geen pyn en smart, want EK dra dit vir jou. Vol lof sal jy wees as jy MY in MY volheid kan aanskou en die wêreld sal verbaas staan oor die krag wat uit jou uitgaan. Blindes sal jy kan laat sien en dowes sal jy laat hoor, want EK gee jou die krag en die volmag om duiwels uit te dryf. Sonder MY kan julle niks doen nie, daarom moet julle MY ywerig soek in die stilte van jou hart wat ook jou binnekamer is. Gaan gereeld in jou binnekamer en soek MY daar. EK is daar waar EK welkom is en niemand kan MY daar uithaal.
Geen dood, geen nood, geen diepte, en ook geen laagte, geen duisternis. Al sluit hulle julle in die diepste van kelders, MY lig sal julle deurstraal en lig in die donker wêreld bring. Geen aardse lig, wat op sigself duisternis is, maar MY lig wat alles verlig, selfs die diepste steeg. Wees nie bevrees nie, want EK is met julle. EK dra julle en voed julle. EK klee julle en onderhou julle, selfs in die ergste hongersnood sal EK MYNE beskerm en bewaar, want onthou, hongersnood bring ook gevaar van aanvallers, maar jou sal EK koester en teen MY bors druk. MYNE sal geen nood ervaar en met vreugde sal hulle met hul lewensreddingskuitjies wegvaar tot aan die hemelse kus waar hulle aan MY bors, sag sal rus. Soek MY, terwyl EK nog te vinde is en jy sal ook eens aan MY Bors rus en vrede aanskou sonder pyn en smart. Maar julle moet MY soek sonder om te rus. Wees wakker en moenie versuim om MY, julle Elohim en Skepper, in alles te ken nie. Wees vrolik en bly, die tyd is naby, wat elke opregte hart vol liefde en sonder hoogmoed MY sal sien.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205