MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 42
Vrees nie die nag van die lang messe nie
Sonder ophou moet julle aanhou bid, want as julle weet wat op julle volk wag, sal julle nie meer lag nie, maar huil. Dit gaan vreeslik wees as EK die barbare van Afrika vrylaat om te vergeld, die wat MY nie bely nie. Ja, dit is ‘n tyd van suiwering vir julle volk en saam met die son wat sak, gaan daar baie wees wat nie die volgende oggend gaan ontwaak. Dit gaan ‘n verskriklike nag van dood wees en in angs sal miljoene voor die barbare uitvlug en sonder redding gaan almal wees wat MY nie in hulle harte dra nie. Wees MY daarom indagtig, sodat EK julle kan red in ‘n doodsnag en wees nie bang nie, want vrees laat die dood naderkom en dan kan jy nie vir MY bid nie en EK kan nie jou gebede verhoor wat nooit tot voor MY Aangesig opgestyg het nie. Dink daarom dag en nag aan MY en verbly julle in MY, julle troue Verlosser en Vriend wat in die grootste angsnood vir MY kinders ‘n weg oop sal baan en julle na veiligheid bring. Sing ‘n nuwe lied vir MY, want EK sal julle verbly, maar die wat nie op MY bly wag, gaan tegemoet ‘n dooie nag. ’n Nag van verskrikking en dood soos wat daar nog nooit op hierdie aarde geheers het nie. Dink aan die barbaarse mense om julle en julle sal moet saamstem dat julle nie ‘n kans het sonder MY nie. In getalle sal hulle julle ver oortref en julle sal moet toekyk hoe hulle dreigend op julle afstorm. Maar in MY arms trou sal EK díe behou wat MY aanroep en liefhet. Moenie dink dat jy MY kan aanroep in ‘n tyd van nood, sonder om MY vooraf eers te ken nie. Dit sal nie help nie en EK sal net sê:”EK ken jou nie!” Wees daarom gewaarsku – die dag van oordeel kom nader. Trou moet MYNE by MY kom vergader. Daarom maak EK almal wakker sodat julle, julle by MY moet kom skaar, want EK het julle lief en wil geeneen laat verlore gaan nie en roep julle tot MY Vaderbors waar EK julle styf wil vashou, terwyl die winde buite waai en die barbaarse skare hulle assegaaie swaai. ”Kom na MY toe”! roep EK weer sodat EK MY oor julle kan ontferm en julle na veiligheid kan bring, waar julle vir MY sal sing en wees nie besorg oor die pilaar nie, want hy is daar, net soos EK daar is en julle MY nie sien nie, en tog is hy daar. Saam sal EK julle by die pilaar vergaar, net soos EK julle by MY voete vergaar. Dit sal ‘n dag wees van buitengewone vreugde, want julle sal MY kan sien en in julle midde sal EK wandel. Soos ‘n broer tussen julle rondloop, sal EK tussen julle wees en julle sal julle verbly. Maar, en ‘n Groot Maar, julle moet julle vrywillig en nóu na MY keer en by MY moet julle kom skuil en niemand wat in MY kring kom staan, sal eers weet van die dreigende gevaar nie, want Ek sal julle besig hou met lofliedere in julle hart. Ja, groot sal wees die wêreld se smart, in hulle aanskouing van die dood en hulle sal spyt wees dat hulle nie ag gegee het op MY waarskuwings en uitnodiging nie. Vrees nie die nag van die lang messe nie. EK is reeds gereed met MY hele Engeleskaar en soos Krygers wag Ons om te vergeld julle verdrukkers wat hulle op julle wil wreek. Dit sal ‘n slag wees wat hulle nooit sal vergeet nie en die wat oorbly sal geslagte daarna nog van die Groot Gees van Verskrikking praat en nooit weer sal hulle ‘n hand teen julle lig om julle te skaad nie, uit ontsag vir MY. Dit spreek EK, Die Almagtige EL van hemel en aarde en niemand sal MY Woorde verander of uitspoeg as EK hulle dit ingegee het nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205