MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 2
Paulus Toronto
Dit was in die dae toe konings en staatsmanne van die belangrikste was. Vandag is sportmanne en sterre die belangrikste. ’n Kring van spotters het ‘n nuwe ding begin. Daar is met luide toejuiging gesing en gedans. Wilde geskreeu het elke nag weerklink. Tot ’n man vir MY opgestaan het. Hy het opgestaan in die Naam van JaHWeH van die leërskare. Sy naam was Paulus Toronto; `n middelslag man met net genoeg om van te leef. Hy was gehaat onder die stadsbewoners wat onder elke groen boom gehoereer het. Paulus het MY dag en nag aangeroep tot groot verbasing van almal. Dag in en dag uit het die geskreeu voortgegaan. Sonder versuim het hy aangehou met bid. Tot die dag dat die son stilgestaan het en die aarde het geskud. Vir ‘n wyle was daar stilte en sekeres het selfs begin bid. Na ‘n ruk het die rumoer voortgegaan. Met ‘n luide stem het Paulus op die stadsplein geroep:
“Kom almal na my toe, sodat ek julle iets kan vertel.” Nuuskierig het almal om hom saamgedrom. Paulus het skielik in trane uitgebars en almal met die volgende woorde verstom: ”Soek allereers die koninkryk van Jah, maar julle soek julle eie koninkryk. Daarom sal julle almal verban word tot die klippe van die aarde waar mot en roes alles verniel!” ‘n Sekere groep mense het hom ter harte geneem en is gered, maar die oorgrote meerderheid het hulle nie aan hom gesteur nie. Hy het stadig huiswaarts gekeer en hartverskeurend tot MY gebid. Daardie nag het dit begin reën en daar was nie ‘n huis wat nie onder water was nie. Maar Paulus Toronto was ‘n man van die hoogte en daarom was sy huis nie onder water nie. Later daardie nag was daar ’n klop aan sy deur. Dit was die mense van die laagte. Hy het die deur oopgemaak met die volgende woorde:”Gaan na julle huise. Wat julle nodig het, is reeds daar! ”Die mense het druipstert omgedraai, omdat hulle onderdak by hom wou soek, maar MY profeet het opdrag gekry om hulle stief te behandel. Terwyl die mense op pad na hulle huise toe is, het ‘n ontsaglike wind opgekom en al die water soos in ‘n kolk saamgebondel en weggewaai. Die gesig om te aanskou was angswekkend en baie het beswyk om nooit weer op te staan nie. Al die wat ‘n effense geloof in MY ontwikkel het deur MY profeet, is na hulle huise gebring waar hulle alles in orde gevind het. Selfs die huisraad was asof daar niks gebeur het nie. Alles het net so gestaan soos voor die vloed. Daar het angs, verbasing en pyn geheers. Pyn as gevolg van die leed wat hulle MY en MY profeet aangedoen het. Die pyn was ‘n oorverdowende pyn wat die hart laat saamtrek het. Die angs het hulle beleef toe hulle tot die besef gekom het van ‘n Almagtige God wat hulle uitgedaag het en so die noodlot getart het. Sodoende het daar rus en vrede gekom in ‘n rumoerige stad. Soos ‘n see in beroering was hulle wat tot stilstand gekom het deur MY opgehefte hand, waaraan alles en almal gehoorsaam moet wees. Daarmee wil EK aan almal sê: Soek MY terwyl EK nog te vinde is. Daar kom dae dat niemand wat MY nie in hulle harte het, MY sal vind nie. Dit sal ‘n tyd van oorstromings en woeste strominge wees. Wees bly as julle MY alreeds gevind het, want julle het die Ewige Lewe gevind.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205