MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 39
Beskrywing van die kruisiging
Dink aan MY dag en nag. Maak MY deel van jou lewe. EK sal kom en jou reinig, sodat jy rein voor MY sal staan en jy vlekkeloos bevind word. Daar is niemand wat uit sy eie rein is nie. Dit is net MY bloed wat reinig. Dit het EK al in ‘n vorige hoofstuk ook gesê. Maar dink julle daaroor na? Nee, julle lees dit soos outomate en dit vind nie weerklank in jou binneste nie. Weet jy wat het EK deurgemaak aan die kruis? Laat EK jou ‘n bietjie meer vertel as wat jy reeds weet. Die dag toe EK gevange geneem is, is EK herhaaldelik bespot. Daar is met vuiste in MY gesig gehamer en EK het sleg daaruit gesien. Asof dit nie genoeg was nie, het hulle probeer om MY oë uit te steek om te sien of EK vir MYSELF oë kan skep soos vir die blindes wat EK siende gemaak het. EK het hulle met MY mag gekeer en die brandysters waarmee hulle MY oë wou uitbrand, het hulle gebrand sodat hulle niks kon uitrig nie. MY ore wou hulle vermink ook om te kon sien of EK vir MYSELF ook nuwe ore kon maak, soos die man wat deur MY Petrus gekap is tydens MY gevangeneming. Daar is herhaaldelik aan MY gestamp sodat EK heen en weer gesteier het. EK was later so dronk dat EK nie bo van onder kon onderskei nie en EK is geskop. Nie een van MY bene is gebreek nie, maar jy kan jouself indink hoe EK teen hierdie tyd al moes gelyk het. Die mense wat MY gedien het, kon nie daarna kyk nie en het almal weggevlug, behalwe MY Johannes, wat amper tot op die einde gebly het. MY aardse moeder, Maria het huilend agter MY aangekom terwyl sy geweet het dat alle mag aan MY behoort en dat EK MYSELF nie van die kruis af sál red nie. EK kon as EK wou, maar ter wille van julle wat nou hier lees en andere, het EK aangegaan tot die bitter einde. By die kruis is die dik spykers met geweld en onder groot gelag herhaaldelik in MY hande ingeslaan. Sodra dit in was, is dit weer uitgehaal en weer teruggeslaan om soveel pyn as moontlik toe te dien. EK was nie ‘n mooie gesig om te aanskou nie en na die geselings was EK een bloederige massa. EK het letterlik doodgebloei. Soos die pasgalam moes doodbloei, het EK vir julle gebloei. Sover as wat EK geloop het met die sware las van die kruis op MY skouers het ‘n bloedstreep ál in die straat agtergebly. Toe MY Simon van Cerene MY kruis kom optel, was EK so vermoeid dat EK van pure uitputting kon sterf. Maar EK het aangehou tot op die bitter einde. Die blindes, dowes, stommes, kortom almal wat EK genees het, het daar saamgedrom, maar kon nie naderkom nie. Hulle is op ‘n afstand gehou deur MY kruisigers en die mense wat MY gehaat het. Sonder om twee keer te dink het EK verder gegaan. En dit is MY liefde vir julle. Met MY kruisiging het daar baie ander diepere dinge gebeur wat julle nie nou kan verdra nie, maar EK sal later alles aan julle bekend maak. Daar moet nog ‘n sekere tyd verloop voor julle geestelik ryp is daarvoor. Die mens is nie so ver gevorder in die gees as wat hy dink om dit te kan verstaan nie. Julle moet julle nie daaroor bekommer nie. EK sal daarvoor sorg dat julle dit kan verdra en genoeg geestelik groei om die dinge te kan verstaan net soos wat EK sorg dat die plante daarbuite groei. Maar julle wil moet reg wees, anders kan EK absoluut niks vir julle doen nie, omdat EK ‘n GOD is wat die vrye wil respekteer. Bly in MY en julle sal groei.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205