MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 4
My Woord is daar vir My ware diensknegte
Daar is wonderwerke en daar is wonderwerke. Daar is seëninge en daar is seëninge
Daar waar EK is, is geen vrees, maar julle ervaar dit nie as sodanig nie. Daarom is dit nodig om julle kort-kort te herinner aan voorvalle of gebeurtenisse waar MY Naam weer in ere herstel kan word in julle wankelrige gemoedere. Selfs MY knegte twyfel aan MY woorde.
Dinge wat aan hulle geopenbaar word, word as goedkoop woorde opgevat wat nooit waar sal word nie. Dink daaraan in die tye wat kom, want EK sal sekerlik nie een woord ongedaan maak wat EK gespreek het nie. Julle sal alles waarneem en in angs sal julle besef watter fout julle begaan het deur MY woorde as niksseggend af te maak. Die van julle wat dit wel ter harte geneem het, sal ook uit julle velle wees, omdat julle GOD en Verlosser Sy woord gestand doen. Wees daarom bly as julle onder die is wat MY Woord glo, want al die ander sal hulle koppe in skaamte moet laat sak, omdat hulle MY en MY diensknegte nie geglo het nie. Wees daarom ywerige werkers aan julleself en kweek ‘n liefde in julle harte vir MY, dan sal julle ook begin glo, al gebeur dinge nie dadelik nie. Wees gewaarsku - dinge sal gouer op julle toesak as wat julle dink en in julle angs sal al MY woorde na julle toe terugkom in die felheid van MY vuur.
Julle Skepper en getroue Heer
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205