MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 3
Susanna Elizabeth Scheepers
Dit was in die dae van hartsverblyding na die Groot Trek. Almal was al gevestig op hulle plase en daar het ‘n sekere eenheid onder die volk geheers. Dit was die begin van die Boervolk van Suid-Afrika. Almal was dankbaar vir die stukkie grond wat hulle ontvang het na die ontberings op die lang pad wat hulle moes deurmaak. Daar was ‘n sekere vrou met die name Susanna Elizabeth Scheepers. Sy was ‘n dapper boervrou met ‘n rein hart en ’n sterk verstand. Sy het MY daagliks in die stilte van die natuur onder ‘n ou bloekomboom gesoek. Susanna was altyd vroeg op en was besig nog voor die eerste haan kraai. Sy het daagliks te perd die berge ingevaar, omdat sy gemeen het om MY in die stilte en eensaamheid op te spoor. Haar verlange na MY was groot, want sy het gelukkige kinderdae beleef, want haar ouerhuis was Godvresend en vol van MY lof. EK het hulle uit ontsaglike gevare uitgered waaraan niemand kan dink nie, omdat hulle dit nie self beleef het nie. Die nageslag van die trekkers het veel om voor dankbaar te wees. Maar terug by Susanna.
Een oggend het sy weer te perd gery in die rigting van die ruie Magaliesberge, toe ‘n luiperd van agter op haar perd se flanke spring. In haar angs en nood was daar net een gedagte by haar en dit was EK. Sy het gedink dat sy die ewigheid ingaan en MY, haar Skepper nou uiteindelik gaan ontmoet. Nie heeltemal gekant daarteen om dood te gaan nie, maar tog menslik vol vrees. Susanna het terdeë na MY geroep en haar hande na MY opgehef met die luiperd nog steeds agter haar op die perd wat begin struikel het. Vanuit die blou lug het ‘n straal gekom wat die luiperd getref het en hom asof dood op die grond laat lê het. Die luiperd het egter nog asemgehaal en Susanna het verskrik gestaan en gewonder wanneer hy weer gaan opspring. Haar perd was minimaal gewond en sy het stadig maar seker huistoe gekeer met ‘n groter loflied in haar hart as vroeër. By die huis aangekom, het sy haar familielede ingelig van die voorval.
Haar oudste broer Daniel is dadelik terug om die vel te gaan haal. Toe Daniel daar aankom, was daar geen teken van die luiperd nie, maar die vars merke was nog duidelik sigbaar. ’n Sekere tyd daarna is daar vertel van die luiperd wat gewaar is terwyl hy ‘n skaap wou steel. Die man wat die gesien het, het berig gegee van ‘n luiperd met drie stompiebene wat probeer om maklike prooi te vang. Nodeloos om te sê het hulle dadelik geweet dat dit Susanna se luiperd was. Die luiperd het dae lank so aangesukkel totdat hy op Susanna-hulle se plaas aangekom het. Daar het hy een nag op die voorstoep van hulle huis inmekaargesak. Susanna was meegevoer in die liefde vir haar Skepper wat haar so getrou bewaar het.
Daarom is dit nodig om MY dag en nag te prys. Om MY elke dag uit die diepte van jou hart te bemin dat EK kan maak die vyande ‘n voetbank van jou voete.
Jou Skepper alleen. Altyd.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205