MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 44
Ongekende vreugde vir die Boervolk van Suid-Afrika.
As julle moet weet wat EK vir julle berei het, sal julle juig en sing en dans tesaam. Julle sal dan julle aardse sorge en laste van julle skouers afgooi en sonder enige teëstribbeling alles aanvaar wat oor julle pad kom. EK het vir die wat MY liefhet, oneindige vreugde berei. Maar Ek kan julle nie nou sê wat julle te wagte kan wees in MY ryk hierna nie omdat julle nog nie sterk genoeg is om dit te kan dra nie. Julle glo MY nie as EK dit sê nie en twyfel aan MY Woord, maar julle sal elkeen ‘n voorsmakie daarvan kry terwyl julle hier op aarde is. Dit sal dien as aansporing om julle self dan eers onvoorwaardelik aan MY te gee. EK sal vir elkeen ‘n vreugde in die hart gee wat niemand kan beskryf wat dit nie het nie. Wees daarom vol van MY lof en vra na MY teenwoordigheid in jou lewe dag na dag en EK sal jou hart só verbly, dat daar nie ‘n einde daaraan is nie. Dan sal julle eers glo wat EK julle sê. Dit is nie meer ver om die draai nie en julle sal spyt wees dat julle in MY Woorde kon getwyfel het – as julle MY sien wandel soos ‘n broer tussen julle, MY Sion. EK het gesê dat EK julle sal versamel en EK sal dit doen en julle sal almal as broers bymekaar wees, terwyl julle MY lof toebring en al die lofgedigte wat Ek aan MY skryfknegte gee, sal deur julle gesing word. En hierdie keer sal julle MY ‘n waardige offer bring, want dit sal uit julle harte uit kom en nie geveins of vals nie. Dit sal ‘n tyd van ongekende bloei wees aan die Suidpunt van Afrika - as EK al MY mense van regoor die wêreld sal versamel en julle sal wees vir MY ‘n skone blom wat uit MY hemeltuin kom. Geen gees van leuen of bedrog sal hier heers nie, want Ek is tussen julle en EK sal julle reinig. Maar daarna sal die antichris kom en hy sal poog om MY blom te vernietig, maar HY sal dit nie regkry nie. Dit sal die groot geloofstryd wees waarvan Bertha Dudde gepraat het, wat Ek aan haar gedikteer het, soos ook nou aan Louise Snyder. Gee aandag hieraan, want julle moet MY altyd in julle harte dra, sodat julle krag kan ontvang vir daardie tyd wat kom. Dit sal ‘n buitengewoon fel stryd wees, maar die wat MY liefhet het mos niks om te vrees nie, nê! Kom na MY met al julle laste en EK sal dit vir julle dra en julle sal jubel soos kalwers uit die stal en met vreugde sal julle MY wederkoms op die wolke sien. Julle sal MY tegemoet hardloop en EK sal julle almal gryp en teen MY Bors vasdruk soos ‘n pa sy seuntjie en dogtertjie en julle sal ewig by MY wees. Dit word in al MY liefde aan julle gesê, die Boervolk van Suid-Afrika.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205