MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 10
Bied die ekstra myl self vir My aan
Waarom is julle ore toe en julle monde oop? En dit terwyl EK julle self bevel gegee het om nie net hoorders te wees nie, maar doeners. Julle luister nie na wat EK julle beveel nie, maar verkies om julle eie ding te doen. Menigmaal het EK vir julle ‘n voorbeeld gestel, maar julle verkies om julle eie voorbeeld te volg. Moenie dat EK nodig het om te kom met MY sekel en af te kap voor die oes ryp is nie. Julle almal sê dat julle MY liefhet, maar julle is nie bereid om die ekstra myl vir MY af te lê nie. EK wil nie vra vir die ekstra myl nie. Julle moet dit self kom aanbied. EK, as julle Verlosser, het MYSELF aan julle gebied en die vreeslikste pyne vir julle verduur. Daarom sal EK dit wil hê dat julle, julleself as lewende offers aan MY kom bied. Dit is iets waaroor elkeen moet besluit - of hy wil of nie - en die keuse is julle s’n, maar EK wil net sê dat dit wat jy gee, weer eendag aan jou teruggegee sal word op die manier wat jy dit gegee het. Wees daarom nie suinig met julle liefde en offers nie, want ‘n offer uit liefde sal EK altyd aanneem en EK sal jou vergoed op ‘n manier wat jy nie verwag nie. Iets daadwerkliks moet jy aan jouself doen, anders kan jy nie met MY Gees vervul word nie en dit beteken dat jy nie een met MY sal word nie en hoe kan jy dan die wedergeboorte bereik op jou eie? Doen daarom wat EK julle beveel, want dit beteken die ewige lewe in MY, julle Elohim en Skepper. Soos ‘n draak wat nie weer opstaan nie, moet jy jou eie ek verslaan, want jou eie ek is te vergelyk met ‘n draak wat alles verslind. Alles wat in sy pad kom, vreet hy op. Selfsug is ‘n vrug van die eie ek en kyk net wat kan selfsug alles doen. Mense sal mekaar doodmaak vir ‘n paar rand en dit net om die eie ek te bevredig, want die liggaam moet behaag word in alle opsigte. Doen daarom nie wat die slangkinders doen nie en doen MY wil, dan sal jy leef en saam met MY wandel sonder die eie ek, maar met MY in jou binneste, wat die lewe beteken.
Doen daarom wat EK vir julle sê, want EK weet waarom EK dit vir julle beveel. Sou julle gees wakker gewees het, sou julle dit al geweet het, maar nou slaap julle nog die doodslaap. Word daarom wakker en leef tot in ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205