MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 17
Geen regverdiging sonder MY nie. Nederigheid en liefde
EK is ‘n ewige GOD en wie MY soek, sal die ewigheid vind. Dit is hoekom jy MY elke dag met alle erns moet soek, sonder ophou en EK sal jou die ewigheid gee. Wie MY soek, sal ook al die ander vind wat hy nodig het. Wees net vir MY lief en jy sal alles vind wat jy nodig het vir die lewe op aarde en die lewe hierna. Daar is by MY geeneen wat regverdig is nie, want die regverdigheid gaan uit MY uit. Die mens wat homself regverdig, is sonder MY toestemming ‘n mens wat homself aanmatig en dan is hy nog meer ongeregverdig. Wie na MY soek met sy hele hart en siel sal deur MY bloed gesuiwer word en dan is hy eers geregverdig. Wees altyd bly omdat MY bloed bevry. MY bloed het op Golgota gevloei en sonder krag was EK, want MY Vader het MY verlaat. Maar vol van krag het EK geword toe EK na MY dood weer met MY Vader verenig is. En daarin lê die regverdigheid - dat iemand deur MY bloed, wat vrylik op Golgota gevloei het, rein geword het en skoon gewas is. Maar dink nie dat jy sonder sonde is nie, want jy is nog steeds ‘n mens. En mense is materie, behalwe MY Gees wat in hulle is en hulle siele wat eens van MY uitgegaan het. Dink daaraan dat EK ‘n offer aan julle gedoen het en julle moet julle ook aan MY offer. Dan sal dit ‘n welgevallige offer voor MY aangesig wees, wat EK nie kan weier nie. Die offer wat julle moet bring, is julle harte vol liefde vir MY en julle naaste. Naasteliefde word hoog op prys gestel, want dis hoe julle MY dien. En julle moet dien en nie gedien wil word nie, want daarin lê die heerssug. En heerssug is ‘n onderafdeling van hoogmoed. En hoogmoed is die vrug van die bose. Die boosheid van hoogmoed oorskry alles, want uit hoogmoed vloei heerssug, eersug en alles wat die siel skaad en valse opheffing, want so iemand wil graag ‘n afgod van gemaak word. Hy wil raakgesien word - op die voorgrond tree en ‘n sê in alles hê. Daarom kan EK nie genoeg klem lê op die nederigheid nie. Nederigheid maak van die mens ‘n engel op aarde.
Sonder nederigheid kom jy nêrens. Dit is - geestelik nêrens. Aards sal jy vêr kom sonder nederigheid, maar by MY kom jy nêrens daarsonder nie. EK was nederig toe EK as mens op aarde gewandel het. EK, die Skepper van die heelal kom na die aarde en leef tussen julle mense as medemens, sonder enige hoogmoed. Sonder enige pretensies was EK hier tussen julle en dit moet vir julle as voorbeeld dien, dat Die Koning van die eeue, ewig soos EK is, in ‘n mensegewaad hier was en rein soos ‘n kind was EK. Geen aangeplakte maniere om mense te beïndruk. EK is soos EK is en niemand kan dit verander nie. EK het nie aangepas om mense se gevoelens te spaar nie. Daarom wil EK hê julle moet wees soos julle is - binne MY orde en niemand moet jou voorbeeld wees, behalwe EK nie, omdat iemand anders ook foute het. Dink aan MY opregtheid, vriendelikheid en die vrede wat EK gebring het in MY kinders se harte. Daar het liefde geheers waar EK was en nog steeds heers die Liefde waar EK is. Ken die boom aan sy vrugte. ’n Boom vol liefde sal liefdesvrugte dra; liefdesvrugte wat lewe wek. Maar giftige vrugte hoort by slegte bome en daar is EK nie. Wees MY gehoorsaam en hê MY lief. Die liefde laat julle alles verstaan. Beoefen net die liefde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205