MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 36
Niemand kan oorleef sonder die brood wat EK julle gee nie
Die Brood wat EK gee, is nie die brood van die mens nie. MY brood is geestelik en onderhou alles. Die mens in sy liggaamlike toestand op aarde het ongelukkig die brood van die aarde ook nodig om te kan oorleef, anders gaan hy die ewige lewe (hiernamaals) tegemoet weens ‘n gebrek aan voedsel. Almal wat hulle voedsel van MY kry, sal vir ewig lewe en het nie meer die brood van die mens nodig om te kan lewe nie. EK sorg selfs in ‘n tyd van hongersnood en daarom is dit nie nodig om te saai en te maai om jou voortbestaan te kan verseker nie. Maak nie ‘n fout nie - die mens het nog steeds brood nodig om van te leef en in sy aardse bestaan is daar nie so ‘n ding dat ander moet werk en jy kry net nie. EK het aan Adam opdrag gegee om te werk sodat hy kan eet en hy het. Plant niks en jy eet niks. Dit is hoe dit werk. Maar by MY werk dit anders. EK gee die brood van die lewe vrylik uit aan diegene wat dit nodig het en dit graag wil hê. EK het alleen gewerk vir die brood van die lewe en kan dit daarom vrylik uitdeel aan diegene wat dit begeer. Dit is ‘n ware seëning as jy van die brood ontvang sonder dat jy ‘n steek werk gedoen het om dit te verdien. Nou sal daar die wees wat sê: Het ons dan nie aan onsself gewerk om U arbeiders te wees nie? Het ons nie U Woord uitgedra aan ander en onsself gekruisig om U waardig te word nie? Aan julle wat díe vraag baie ontsteld in julle binneste aan MY uitkreet, is die volgende antwoord paslik: Daar was ‘n oes om in te samel en te min arbeiders beskikbaar. Die eienaar van die land huur toe ‘n klompie mense by. Na vele harde werk is die oes toe ingesamel en almal eis hulle betaling vir hulle harde werk. ”Wie is die man wat die hardste gewerk het om die oes af te kry?” het die eienaar gevra aan die arbeiders. Almal steek toe gelyk hulle hande op en wil die eer hê vir die harde werk. Die eienaar vra toe aan die arbeiders. Wie het julle elke dag van kos voorsien? Wie het julle van sekels voorsien om die oes mee af te haal? Wie het julle dag na dag beloon met blyplek, klerasie, vervoer en dies meer? Sou julle kon werk sonder die krag wat julle ontvang het van die brood wat ek julle elke dag gegee het om te eet? Die arbeiders kon niks daarop antwoord nie en moes verleë kyk hoe die eienaar al die eer van die harde werk aan homself toe-eien, want hulle het geweet dat hulle bestaan van hom alleen afgehang het. Net so is EK ook die eienaar van die oes wat ingesamel moet word en julle MY liewe knegte, is die arbeiders wat deur MY, die Eienaar onderhou word. Niemand kan oorleef sonder die brood wat EK julle gee nie. Niemand kan oorleef sonder die huise wat EK julle gee nie en niemand kan sonder MY leef wat julle daagliks so onderhou nie. Alles kom uit MY grote hand en julle moet alle lof en eer aan MY toesê, want EK stel julle in staat om vir MY arbeid te verrig. Die krag kom níe uit jouself nie. Die krag kom uit MY. Wees daarom nie so voorbarig om te dink dat jy alleen iets kan vermag nie, want jy is net ‘n mens. EK laat jou bloed deur jou are vloei, EK laat jou asemhaling vlot verloop en EK gee die suurstof wat jy nodig het om te kan oorleef. EK IS die suurstof wat jy nodig het om te kan voortleef in die lewe hierna en EK IS die Lewe self. Wie wil lewe, kom na MY toe en EK sal jou alles gee wat jy nodig het om vir MY te kan arbei en die oes van die land af te haal.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205