MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

MAAK EN BREEK
Hoofstuk 1
Koos de la Rey
EK maak en breek. Ek maak diegene wat op MY wag se voete vry van sonde. Ek breek alle bande van die dood. Ek breek alle kettings van die sonde.
Daar is jakkalse en daar is wolwe. Watter kant sal hulle kies? Die een is skelm en die ander verskeur. Daar is nie een wat die ander nie wil verteer.
Dit was in die jaar 1900 toe daar van MY knegte opgestaan het om MY te dien. Dinge was baie sleg in daardie tyd. Mense het mekaar uitgemoor en orals was brande. Maar nêrens was daar iemand wat vir MY opgestaan het nie. Daar was nie ‘n mens wat nie van MY geweet het nie, maar nêrens was daar sprake van iemand wat gebrand het vir MY nie. Daar was in daardie dae nie ‘n mens wat MY liefgehad het nie. Almal was betrokke by ‘n kerkorganisasie wat mense in diere verander. Dit was ‘n tyd van oorlog en leed en daar was vir MY net een profeet. Kerke het losbandig met mensesiele omgegaan. Wees bly en juig, want daardie tyd het verbygegaan. Bande van die dood het almal omring. Daar was ‘n sekere man genaamd Koos. Koos was MY naamgenoot, want MY Naam was op sy voorhoof geskryf. Hy is deur MY profeet bygestaan. Hy is deur MY profeet van raad bedien. Koos de la Rey was ‘n man van inbors. En EK het hom baie liefgehad. Een aand het hy op ‘n baie hoe spoed gegalop met sy perd Pronk. Pronk het vinnig na links geswenk en hom ‘n geweldige kopstamp besorg. Vervaard het hy orent gespring en na hulp geroep. Daar was egter niemand wat hom kon hoor nie. In sy nood het hy na MY om hulp geroep . EK het hom geantwoord deur MY kneg na hom te stuur met die volgende boodskap: ”Gaan met 10 man te perd na die Noordweste en wag daar op MY Woord!”
Hy het dadelik gegaan en MY boodskap sorgvuldig uitgevoer. Daarin lê die gehoorsaamheid – dat ‘n kneg MY Woord uitvoer.
Daar aangekom, het hulle afgesaal en op MY Woord gewag. EK het weer MY kneg na hom gestuur met die volgende Woorde: ”Rig vir MY ‘n pilaar op ter bevryding van jou volk. EK sal jou volk gedenk in die volgende geslagte wat sal kom, want hulle is MY uitverkorenes!”
Die pilaar staan vandag nog en is te sien by Migdol wat beteken ‘Skaaptoring’.
MY volk, EK het julle lief, maar julle gedenk MY nie. Daar is ‘n geringe oorblyfsel onder julle wat MY Aangesig soek. Sorg dat julle MY vind, want EK is die Alfa en die Omega.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205