MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 46
Soek na MY met ‘n rein hart en volle geloof en vertroue in MY en EK sal ook jou gebed verhoor
Sewe-en-veertig jaar na die Groot Trek in julle land was daar ‘n man, genaamd Sarel Winterbach. Hy was ook ‘n man met ‘n redelike kennis van MY met ondervinding wat hy opgedoen het tydens die Trek vanuit die groot Kaap. Hy is saam met baie ander Voortrekkers die land in om van die knellende juk ontslae te raak en wat sy vryheid in die ongerepte natuur van die binneland kom soek het. Sarel is deur ‘n slang gepik, 47 jaar na die trek en hy het gedink dat hy nou sy mense sou moet groet en dat dit nou als verby is vir hom. Hy het begin yl as gevolg van die sterk slanggif en baie van sy organe was op die punt om te gaan staan. Sy dogtertjie van tien jaar het by sy bed gestaan met traantjies in haar ogies, want sy het geweet dat sy hom baie sou mis as hy moes gaan. Sy het in haar hartjie die volgende roerende gebed na My gestuur: ”Here Jesus, sag en rein. Ek kom U vir my pappa se lewe vra. Vat hom asseblief nie van my af weg nie, want ek sal hom baie mis. Amen”. EK, wat die Verlosser van almal is wat MY daarom vra, is met diepe liefde vir hierdie kleine kind gevul en EK kon haar gebed nie onverhoord laat nie. Haar pa Sarel is daardie nag deur baie diep waters wat sy siel moes deurmaak, maar ek kon hom nie wegvat nie, omdat EK My kleine dogtertjie nie wou leed aandoen nie. Nodeloos om te sê, EK het hom nie van haar af weggeneem nie en hom genees, sodat hy net geringe probleme oorgehou het wat hom nie geskaad het nie. Dit het net as herinnering gedien tot ‘n beantwoorde gebed van ‘n klein kind, wat in volle geloof na MY gekom het. Sy was gestuur deur een van MY engele om haar pa se lewe te red en hy het geweet dat dit die reine, onopgesmukte gebed van ‘n kind was wat hom gered het. Daarom sê EK weer, Soek na MY met ‘n rein hart en volle geloof en vertroue in MY en EK sal ook jou gebed verhoor ,soos My klein dogtertjie se gebed.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205