MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 7
Vorm `n hegte band met My
Aan die koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en heerlikheid, tot in alle ewigheid. Amen. So het MY dienskneg Paulus dit eeue gelede te kenne gegee aan die hele wêreld en aan geslagte wat duisende jare daarna op die aarde leef. Daar is in MY boek van die lewe nie nog so ‘n persoon wat dit so raakgevat het soos MY Paulus nie. Daarom is dit nodig om elke dag ‘n band met MY te hê om sodoende MY Gees oor julle te laat uitstort, al is dit laat in die nag, vroeg in die oggend of selfs in die middag van jou lewe. MY knegte op aarde het dit baie nodig om ‘n hegte band met MY te hê om sodoende met MY in verbinding te bly, want as julle nie in MY bly nie, kan EK ook nie in julle bly nie en dan is jy kragteloos en sonder hoop. Wees MY stem in jou binnekant gehoorsaam as EK jou roep, al is dit in die middel van die nag. MY Gees kan nie werksaam in jou word as EK nie jou volle gehoorsaamheid het nie en dit sluit in die gebooie van die liefde. Wees MY getrou en EK sal getrou aan MY woord wees en jy sal deur MY krag omvorm word tot ‘n nuwe mens wat MY in als gelyk is.
Amen, ja amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205