MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 15
Bly weg van die verlokkinge van die wêreld
Die mense wat MY in hulle harte aanroep, het alles wat hulle begeer. Geen verdrukking of dood kan hulle van MY afneem. EK het julle lief met die reinste liefde denkbaar. Selfs nie eens MY aardse lewe was groter as MY liefde vir julle nie. Met ‘n lied in MY hart, het EK MY smart gedra en was bereid om te daal na die diepste dieptes van die dood. Julle het niks te vrees, EK het als volbring en die slang wat genoem word satan, ril as hy MY Naam hoor. Op die oog af lyk dit of hy oorwin het. Dis net deel van die skyn en dis iets waarmee hy baie goed is. Hy gee dinge voor en vang mense in hulle onkunde, wat hulle ore aan hom uitleen. Dit is daardie sotte wat julle op elke geleentheid gaan probeer verdruk. Julle moet hulle in alle liefde goed behandel en bedink dat die wraak MY toekom. Die satan se handlangers skuil agter elke bos en sonder dat julle weet word julle dopgehou. Elke beweging van julle word fyn dopgehou. Daarom moet julle die hele tyd vol van MY lof wees, want dan kan hulle julle niks aandoen nie. Maar ‘n geringe oortreding van julle kant af, gee hulle die geleentheid om in volle woede op julle neer te sak en dan sal jy voel hoe jy jou krag in MY verloor. Die roepstem in jou hart word dan al dowwer en dowwer tot Hy later heeltemal uitgedoof word. Dit is waarom EK altyd sê; waak en bid gedurig, want julle kan nie die bose om julle waarneem nie. Sou julle kon, dan sou julle nie ‘n tree van MY voete af gegee het nie, want die bose is buitengewoon afgryslik en soos ‘n vampier wat soek na bloed soek hulle na julle siele. Een manier om toegang tot julle te verkry is deur wêreldse plesier. Sonder om te dink, haas almal hulle na die verlokkinge van die wêreld. Dvd’s, video’s, tydskrifte, openbare plekke, sport en vele meer is alles plekke waar hierdie bose geeste hulleself ophou. Gaan een van julle na so ‘n plek, kies hy dadelik een van julle uit, sodat hy die vars bloed van een van MYNE kan drink.
En dronk van geluk val hy julle nog meer aan, tot julle later van alle Gees ontdaan is en EK kan daaraan niks doen nie, want dit is jou keuse waar jy heengaan en wat jy doen. Onthou een ding baie goed: Daar waar jy gaan, is EK met jou, maar as jy die wêreldse plekke opsoek, gaan jy alleen in. EK is nie by jou terwyl jy die drank van Mammon drink nie en in jou dronkenskap is jy alleen en verlate. Oral waar daar ‘n gees van gelatenheid en vreugde heers, is EK nie, slegs in die vreugde wat in MY gesoek word, is EK. Bly daarom weg van plekke waar EK nie te vinde is nie, want jy sal uitgesuig word sonder dat EK red.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205