MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 43
Aan die anderkant (na die dood) is daar baie wonings wat EK vir julle berei het
Wees nie besorg oor die dag van more nie. Die wêreldse mense soek daarna om hulle sakke en beursies vol te kry voor hulle eendag die gees moet gee en voor MY kom staan in diepe skuld. Wat sal hulle dan aan die anderkant vind? ’n Rykmansland waarvan die rykdomme geen einde of perke het nie? Nee, in stom verbasing sal hulle na hierdie arm buurt vol krotte kyk en in groot benoudheid sal hulle ‘n krot uitgewys word waar hulle die res van hulle lewens moet vertoef. Daar sal geen luukshede meer wees nie. Alle prag en praal sal verdwyn en arm van gees sal hulle voor MY kom staan. Hulle was ryk aan aardse goedere, maar arm van gees sal hulle MY ryk ingaan omdat hulle nie skatte in die hemel bymekaargemaak het nie - soos EK met MY verblyf op aarde gesê het julle nie moet doen nie. In armoede sal hulle moet staan en toekyk na die prag en praal wat EK aan MYNE sal gee en hulle sal hulle tande kners uit jammerte dat hulle MY woorde misken het, toe hulle ‘n kans gehad het op aarde. Daar is verlossing vir sulkes, maar dit sal swaar gaan voor hulle die las van rykdom van hulle skouers af kan haal. Dit sal ‘n tyd van beproewing wees wat hulle sal moet reinig en dan eers sal hulle verder kan gaan na ‘n beter plek vir verdere reiniging. Aan die anderkant (na die dood) is daar baie wonings wat EK vir julle berei het. Toets dit aan die skrif wat EK met MY dissipels bespreek het voor MY kruisiging en julle sal sien dat dit waar is en geen leuen nie. EK het vooruit gegaan om vir julle plek te berei en EK het. Vir elkeen is daar ‘n plek waar hy sal inpas. Soort soek soort - geld dit by MY en jy sal saam met ander wat net soos jy is in ‘n “hok “ gebondel wees. Die wat al van My vorige skrywers se werke gelees het, sal presies weet waaroor Ek nou praat, maar van die van julle wat halsstarrig weier om die feite in die oë te staar en nie wil lees wat EK op ‘n vorige keer net so ook aan My knegte gedikteer het soos nou aan MY skryfkneg nie, sal Ek dit maar weer oorvertel. Daar is baie gebiede in My ryk in die hiernamaals. Soos jou lewe op aarde was, sal die gebied wees waar jy inpas in die lewe hierna. Was jy ‘n heerssugtige koning, dan land jy saam met ander heersugtige mense in ‘n gebied waar julle die hele tyd oor die heerskappy sal stry en baklei. Partykeer tot die dood waarop EK jou weereens sal moet opwek. Julle sal nou sê: Hoe kan daar nog ‘n dood wees na die liggaamlike dood? EK sal julle sê: Dit is die geestelike dood. Nou kom ons op ‘n ander plek in MY ryk. Die mense op díe plek is die wat mekaar op aarde met alles wou oortref het. Hulle is nou toegerus met iets wat hulle moet ontwikkel tot iets groots maar hoe meer hulle na mekaar se doen en late kyk, hoe meer probeer hulle mekaar oortref en hoe minder kry hulle iets reg. Die een wil ‘n groter gemors maak as die ander. Tot hulle so moeg word daarvan dat hulle iets beters soek om te doen en dan eers stuur EK van MY boodskappers om hulle uit te nooi om iets beters te vind (EK). As hulle inwillig en saam met MY boodskappers gaan, word hulle na ‘n beter plek gebring waar hulle moet werk aan hulleself tot hulle weer gereinig is en dan kan hulle weer verder gaan om so na MY, hulle Skepper te gaan soek tot hulle MY vind. Dit kan jare der jare duur voor hulle MY vind en dit ook onder omstandighede wat regtig nie lekker is nie. Wat EK eintlik hier aan julle wil sê, is dat julle ‘n kans het om op aarde na MY te soek en MY te vind, want EK is nie ver van julle verwyderd nie. EK is nader as wat julle dink en net ‘n gedagte aan MY sal MY dadelik na jou toe lok om by jou te wees in die Gees. Dink daarom die hele tyd aan MY, want dan is EK die naaste aan julle. EK is die hele tyd bewus van julle, maar hou ‘n afstand wat julle moet verklein deur vurige gebed tot MY. Dink nie dat Ek ver van julle verwyder is nie, want dan maak julle ‘n groot fout. EK kan slegs net so na aan jou kom as wat jy MY wil toelaat, want jou wil is vry en EK dwing niemand nie. Daar is ‘n plek waar Ek ver verwyderd van is en dit word die hel genoem. Daar is EK nie te vinde nie, maar stuur kort-kort MY boodskappers daarnatoe om te kyk of daar nie iemand is wat hom wil verbeter nie. Hy word dan na ‘n beter plek gebring waar hy sy soektog na MY moet begin. Hy word bygestaan deur MY engele wat hom ‘n spesifieke taak aanwys om te doen. Doen hy dit nie, gaan hy maar weer terug waar hy vandaan gekom het. As hy inwillig, sal hy prosesse moet deurmaak om homself te verbeter en te reinig. So ‘n persoon is dan ook op pad terug na MY, sy Skepper en Verlosser. Hy kan egter nooit die volle kindskap verkry nie, omdat hy sy kanse op aarde gruwelik verspeel het, maar kan ‘n mate van saligheid bereik. Daarom sê EK dat julle MY op aarde moet soek, want een dag op die aardbodem in die liggaam van ‘n mens is baie meer werd as honderd jaar in die lewe hierna, mits jy nog nie by MY uitgekom het nie. Daar moet jy drie, vier of vyf keer so hard werk as op aarde en jy bereik amper niks in vergelyking met wat jy hier bymekaar kan maak nie. Maak vir julle skatte bymekaar waar geen mot of roes dit kan verniel nie. EK is ‘n genadige Vader wat nooit die oortredinge vir ewig en altyd teen jou sal hou nie en daarom gee EK weer en weer kanse wat jy moet aangryp om te kan ontwikkel en bymekaar te maak. Dit is Geestelike goedere waarvan nou gepraat word wat bymekaar gemaak moet word. Gee alle aardse sorge aan MY oor en werk jy net aan jou siel en streef na die eenheid met MY en dan sal jy nie so hard aan jouself hoef te werk in die ryk hierna nie. Deur jou sorge aan MY te gee, stel dit jou vry om liefdadigheidswerk aan ander te doen. Help waar jy kan en EK sal al jou laste op MY neem. Moenie vir jouself skatte vergader wat tog in elk geval tot niet gaan nie. Die geestelike skatte is vir jou van onskatbare waarde in die hiernamaals en dit sal maak of jy in lig of duisternis gaan wandel, want daar is die lig, dit wat jy bymekaargemaak het. As jy vir jouself duisternis vergader het op aarde, is dit net jou eie skuld as jy in donkerte gehul moet sit vir baie lang tye. EK is die Lig, daarom moet jy doen wat EK sê, sodat EK by jou kan kom tuisgaan en jy MY lig kan hê in die lewe hierna. Streef na MY en MY ryk en al die ander sal vir jou bygevoeg word. Dit is net ‘n wilsbesluit wat jy moet maak en jy sal lig hê of duisternis. Die lig kán vir jou vermeerder word aan die anderkant as jy daar na MY soek of jy kan vir jouself groter duisternis op die hals bring deur jou rug na MY te keer. Hoe liewer jy MY het, hoe groter is jou lig, tot jy later een met MY word om dan self ook ‘n lig te wees. Wees gewaarsku terwyl jy nog ‘n kans het vir maklike verbetering, want daar is dit baie moeiliker om jouself te verbeter en nader aan MY te kan kom.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205