MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 13
Vergeet van al die aardse – want daarin lê die dood
Daar is onder julle geeneen wat MY nie nodig het nie. Dit het EK al by ‘n vorige geleentheid ook gesê en kan dit nie genoeg uit stipuleer nie. Wees MY dankbaar vir al wat jy het en moenie vergeet dat dit EK is wat dit vir jou gee nie. Leef net vir MY en jy sal kry – vreugde wat jy nie nou sal kan hanteer nie, want julle is almal nou nog te swak om te weet wat EK vir julle berei het. Soek MY. Dit sê EK weer en weer. Dit maak nie saak of jy volmaak is of nie. Niemand is volmaak nie, al dink baie van julle dat julle alreeds is. Vergeet van al die aardse – want daarin lê die dood. En daarin lê die dood van die materie wat ewige tye nie oorwin kan word nie. Dink aan MY woorde wat EK op hierdie dag met julle spreek en weet - sonder MY kan julle niks doen nie. Vra MY eers voordat jy die geringste dingetjie doen. EK sal jou aantoon wat jy moet doen en jy sal volle vreugde vind. Want in MY is die volle vreugde. Wees nie ydele soekers na wêreldse eer en verheerliking nie, want dit is die dood - om deur mense geëer te word. Dit bring hoogmoed mee wat die wapen van die bose is, waarmee hy duisende siele van MY afrokkel. En in smart gaan daardie siele vir ewighede van MY geskei bly, want EK duld geen onreinheid by MY nie.
Wees rein soos EK rein is en wees volmaak soos EK volmaak is en julle sal gered word, want julle strewe is na MY en MY gebooie van liefde. Die gebooie van die liefde is baie belangrik, want dis wie EK is - LIEFDE en weereens LIEFDE word julle op die hart gelê, anders kan julle nie een met MY wees nie. Liefde verdra nie jaloesie nie, so werp dit van julle af. Wees getrou aan mekaar en moenie beloftes maak wat julle nie kan nakom nie. Streef eerder daarna om te dien, as om gedien te word. Help mekaar in ware naasteliefde en hou ydelheid ver van julle af en julle sal leef en opstaan tot die ewige lewe in MY. Wees nie soekers na ydele plesier nie, want die plesier in aardse dinge hou jou vas aan die wêreld en julle moet reeds die wêreld afsterf. Wees net vir MY lief en alles sal aan julle gegee word sonder dat julle dit hoef te verstaan, want deur MY sal julle als duidelik gemaak word. En julle sal alles verstaan - van MY skepping af tot die geestelike sy van alles. Dat alles eintlik gees is, verstaan julle nie nou nie, maar streef na die eenwording met MY en julle sal dit eerstehands sien met julle eie oë. Maar daarvoor is vertroue en liefde vir MY, julle Skepper en Verlosser nodig. Sonder liefde is niks die moeite werd nie. Geen harde arbeid op aarde nie. Geen geld in die bank en geen aardse besittings is vir jou iets werd nie. Soek eerder MY, die Gewer van alle goeie gawes en jy sal leef. Al die ander bring net die dood voort. ’n Giftige vrug wat nie tot lewe wek nie, maar vergiftig, en die vergiftiging is met baie moeite uit die sisteem te werk. Wees dankbaar vir alles wat jy uit MY Vaderhand ontvang. Daar is niks so wonderlik vir ‘n Vaderhart, as wanneer SY kind HOM in dankbare liefde omvou en teen sy bors vasdruk nie. Daarmee is die hoofstuk afgesluit en hou alles op die hart wat EK julle hier bekend gemaak het. Al MY liefde en deernis aan julle, MY uitverkore kinders.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205