MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 38
Die spotters sal verdelg word
In die dae van Noag was daar spotters wat die heeltyd, dag en nag MY kneg gehoon het. Hulle is beloon met die ewige dood. Letterlik en figuurlik het hulle gesterf. Vandag is daar nog spotters wat MY in alle opsigte bespot. Die een Godslasterlike grap en sêding word opgehaal. Die oordeel oor die aarde in die tyd van Noag het gekom in die vorm van reën en woeste donderstorms. Nou sal MY oordeel weer oor die aarde kom in die vorm van vuur. Vuur sal hulle wat spot se oordeel wees en hulle sal ook fisies en geestelik doodgaan. Die soekers na MY sal MY vind en MY vuur sal in hulle harte brand, maar nie tot die ewige dood soos die spotters nie -tot die ewige lewe. EN lewe het EK in oorvloed. Om die waarheid te sê –EK is die lewe self. Alles maak op MY lewe staat. In die tyd van Noag het die spotters nog gespot terwyl die eerste reëns geval het. Hulle het gedink dis net los buie en tot hulle ontsteltenis het die los buie hulle verswelg en van stokoud tot speenoud het in die vloed omgekom. Dit sal nou weer so wees. Die aarde sal sy lawa uitspoeg, maar tot groot vermaak van die mense sal hulle voortgaan in hulle sorgelose bestaan en skielik sal dit te laat wees. Hulle sal huil en huil en in angs sal hulle ook in MY ark in wil kom, maar EK sal sê:”Gaan weg – EK ken julle nie. Toe julle MY moes leer ken het as ‘n ewige Verlosser, wou julle net spot. Keer maar vir hulp na julle spottersvriende. ”Almal wat MY liefhet hoef egter niks te vrees nie, want EK is met julle. Dink ernstig daaroor na, voor jy weer spot met MY.
Jou Verlosser en Vriend (as jy net MY hand wil vat.)
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205