MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 35
Die versameling van Sion in Donker Afrika
Julle wat getrou op MY wag, is soos die eerste aandblom wat getrou aand na aand vir MY, haar Maker, blom. Daarom noem EK julle tereg MY Sionsblom. En in groot gevare gaan julle, julle lieflike blaartjies vir MY laat skyn. En helder soos ‘n ster sal JY, MY Sionsblom, vir MY ‘n liggie wees in die flou lig wat op die aarde gaan heers. Daar sal ‘n felle duisternis wees wat elke mensehart van skok inmekaar sal laat krimp. Dit sal ‘n dag wees van groot benoudheid, maar in die duisternis sal daar net een liggie skyn en die sal wees aan die suidpunt van Donker Afrika. Hoe ironies is dit nie dat die lig wel uit die donkerste kontinent sal skyn. En van regoor die wêreld sal die res van MY aandblom kom en gesamentlik sal hulle ‘n helder lig laat skyn. En in die donkerte sal hulle aankom om hulle met julle hier in Afrika te kom verenig en saam sal julle MY dien en prys. Saam sal ‘n loflied verrys, want JAH het aan julle guns bewys, omdat julle HOM in julle harte rond dra. As jy een van die wil wees wat ‘n loflied wil sing, terwyl die aarde huil, sal jy jou vinnig by MY groep moet kom skaar, sodat jy ook kan deel wees van MY Sionblom se blaar. Wees bly, want net EK kan bevry en alle mag is in MY hande.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205