MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 40
Soek na MY ryk wat binne julleself is
Die mense wat in die agtiende eeu geleef het, was onder ‘n valse indruk van MY, hulle Vader uit die kerk verban. Almal voor die tyd was MY nog in ‘n mate indagtig, maar later het mense MY net begin gebruik vir hulle eie voordeel. Daar is in MY naam sogenaamde duiwels uitgedryf en baie mense het daardeur skade gely deurdat hulle as lewende duiwels uitgemaak is. Daar is baie op die brandstapels ter wille van MY verbrand. Hulle is op wrede wyses vermink en vermoor. Die sogenaamde kerkmense was verantwoordelik daarvoor. Nêrens het EK opdrag gegee dat mense uitgemoor moes word nie. Dit was die eiewyse besluit van die Rooms-Katolieke kerk self. Hulle het MY nog nooit liefgehad nie en was van meet af aan anti-christe. Die antichrisgees heers in daardie kerk. Hier en daar kry EK iemand wat MY bely en tog met ‘n eerlike, opregte hart na MY soek. Hulle haal EK egter uit en bring hulle na die res van MY skape. Die ander verkies om deur die leuen oorheers te word en wil nie van beter vertel word nie. Hulle moet maar bly waar hulle is, want EK dwing niemand om na MY te kom wat nie wil nie. Die kerke vandag is geldmaak-organisasies en in hulle sug na geld het hulle MY lankal verloor. Geen kerk kan daarop aanspraak maak dat hulle MY in hulle midde het nie, want die teken daarvoor is die geldsug. MY ryk is nie van hier nie en daarom sal EK nooit na geld vra nie. EK stel ook nie belang in aardse besittings nie en sal daarom nooit vir skenkings vra nie. Soek na MY ryk wat binne julleself is en julle sal ‘n rykdom vind wat baie meer as geld werd is. Dit is die koninkryk van EL wat daarbinne ontsluier sal word, want EK is verborge in julle harte. EK is ook níe verborge nie, want in elke boom en blom sal julle MY vind. Soek net op die regte plek. Klop en vir julle sal oopgemaak word. Soek en julle sal vind. Dit is een van MY reëls en dit moet nagekom word vir die beste resultate. Niemand vind iets kosbaars as hy nie eers daarop uit was om dit te soek nie. Jy sal MY vind in die diepte van jou hart en EK sál die deur vir jou oopmaak. Soek net hard genoeg.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205