MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 27
Die kerke in Suid-Afrika
In die volgende hoofstuk gaan ons gesels oor die kerke in Suid-Afrika. Menige kerkganger gaan nou regop sit en met ‘n vurige hart en ‘n vurige kyk in sy oë, gaan hy sy kerk verdedig. Luister mooi,voordat jy opspring, die boek neergooi en nie verder lees nie. Julle in Suid-Afrika is MY volk en daarom moet julle heilig en afgesonder leef. Die kerke daarenteen verkondig aan julle stommerike dat julle almal moet akkommodeer, anders het julle MY nie lief nie. Anders leef julle nie in naasteliefde nie. Dit is nie die waarheid nie. Dit is een van die leuens wat in die kerke heers vandag. Moenie dat julle mislei word nie. Julle het MY Gees binne julle harte. Gee gehoor daaraan as EK jou roep en EK sal jou die waarheid leer en nie valse leerstellinge van mense nie. Dit is vandag die norm om in ‘n kerk te wees waar MY Naam niks beteken nie. EK is nie ‘n GOD wat met afgodiese beginsels meng nie. Moet daarom nie MY Heilige Gees bedroef en daarmee omgaan nie. Die een kerk maak daarop aanspraak dat hulle alleen die waarheid besit. Wat is waarheid? Is dit nie dat julle MY moet dien met julle hele hart, siel en gees nie? Is dit waarheid om in ‘n kerk te sit waar lidmate mekaar agteraf beswadder en altyd probeer om in die predikant se goeie boekies te kom? Wie is die predikant? ‘n Halfgod wat MY werk kan oorneem in die naam van geld? Wie is geroepe om MY Woord uit te dra? Dit is die man wat MY uit die diepte van sy hart liefhet en MY dag en nag bely. Hoeveel predikante bely MY dag en nag? Die oomblik dat hy van die preekstoel afklim, hoer en rumoer hy net so lekker soos die res van julle volk. Kan so iemand MY welgevallig wees? Nee, beslis nie. EK is net daar te vinde waar iemand MY liefhet en in MY Naam MY Woord aan ander bring. Hy bring die brood van die lewe en nie die dood nie. Daar is altyd fondsinsamelings wat gehou word ten bate van die kerk. Gee die kerk onvoorwaardelik aan enige arme? Nee, daar word eers seker gemaak dat hy ‘n lidmaat van sy kerk is. Het EK nie gesê; help die armes nie? Enige behoeftige moet gehelp word, maar hulle besluit wie hulle moontlik sal help en dan word ook ‘n minimale bedrag geskenk. Daaroor moet EK baie bly wees en hulle vergeld met die ewige lewe. Hoe verdorwe kan jy nog kry? Daar is gesê dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself, maar hulle besluit ook sommer wie is hulle naaste en wie nie. Die arme is NIE sy naaste nie, want hy bring vir hom geen persoonlike voordeel nie. Die ryke daarenteen word geken in al die kerk se sake en hy sal altyd skenkings doen in die naam van Mammon. Dit is wie die kerke van vandag dien en daar is niemand wat die teendeel kan bewys nie. Teen MY kan niemand stry nie, want EK ken die diepste geheime van elkeen en elke organisasie is vir MY ‘n ope boek. Wees daarom versigtig aan watter organisasie jy behoort en toets dit aan MY Gees in jou hart. MY Gees sal alles aan jou duidelik maak. Wees vol liefde vir MY en JY sal lewe en geen kerkorganisasie kan vir jou die ewige lewe waarborg nie, net EK en EK alleen. Daarom moet jy MY in die stilte van jou hart opsoek en dis nie nodig om kerk toe te gaan om MY daar te soek nie, want jy sal MY nooit daar kry waar ‘n rowerspelonk is nie. Wees MY welgevallig met jou lewe en nie jou kerklidmaatskap of kerkbywoning nie. Dit is waar jy die ewige lewe sal kry: By MY, jou Skepper en enigste ware Herder wat SY lewe afgelê het vir SY skape. Vertrou nie op die valse herders wat die skape aan die wolwe sal oorlewer in ‘n tyd van nood nie. Dit is EK, die ware Herder wat julle nou roep en nooi julle uit om deel van MY gemeente te word. ’n Gemeente wat MY in die gees dien en nie in die vlees nie. Dit is MY wil vir elkeen van MY skape: Dat jy een met MY, die Vader, Verlosser en Seun word. EK het julle lief en sal altyd daar wees om julle te red as die wolwe en jakkalse ‘n aanslag op julle maak. Vlug in MY arms in en EK sal julle trou bewaar sonder dat ‘n haar verlore gaan. Julle moet MY nie in die uiterlike aanbidding soek nie, maar in julle harte en dit sal vir MY ‘n reine offer wees wat EK met graagte sal aanneem. Dit is só en nie anders nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205