MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 48
Wag altyd op MY antwoord in jou hart
Partykeer is die mens baie onseker oor sy doen en late. Hy weet nie mooi wat hy moet doen nie en dan maak hy soms groot foute, wat hy later bitterlik oor ween. In sy sorge kom dit dan by hom op om MY te vra vir `n oplossing, maar sonder om te wag vir MY antwoord, neem hy dan maar self `n besluit. EK is dan nie geken in sy doen en late nie en wat EK wil hê is dat iemand in die stilte van sy hart moet wag op MY antwoord. EK sal hom antwoord op die tyd wat EK as reg ag en niemand kan MY dwing om vinniger ‘n antwoord te gee as wat EK nodig ag nie. Julle almal vra MY soms vir goed en dan wil julle dit ook sommer dadelik hê, maar EK weet wanneer dit die nodigste is. Partykeer is dit goed om MY aangesig aanhoudend te kom soek vir ‘n sekere oplossing en partykeer gee EK dit dadelik aan jou na een gebed. EK weet waarom EK dit doen en julle moenie MY besluite bevraagteken nie, want EK, as Skepper en Rigter van alles, sal alles laat uitloop op die manier wat EK beste ag. Wees daarvan verseker dat EK wel jou gebed hoor, maar dit eers ‘n bietjie later sal beantwoord, indien dit nodig is. As dit dringend is, en EK weet wanneer dit dringend is, sal EK jou dadelik beantwoord. Neem die voorbeeld van die pilaar. EK weet waarom hy nie die eerste keer gevind is nie. EK weet waarom EK die pilaar vir julle oë gesluit hou en julle moet daarby berus dat EK die pilaar aan julle sal wys op die regte tyd. Julle weet nie wat in die wêreld om julle aangaan nie, maar EK weet, en daarom sal EK ook julle gebede in verband met die pilaar beantwoord op die regte tyd. En julle sal MY loof, omdat MY besluite wonderbaar is en julle sal nie kan glo dat julle die pilaar nie met die eerste soektog gevind het nie. Dinge sal dan duidelik aan julle gemaak word. Vrees nie die bose nie, want hulle kan aan julle niks maak, as julle by MY kom skuil nie. Dit is MY woorde wat nooit vergaan nie. Skuil onder die vleuels van MY woorde, sodat EK julle met MY liefde en vrede kan oordek en nìemand - EK herhaal - nìemand sal julle skade aandoen nie. MY woorde is verseker en gewis en gaan nooit verby sonder dat julle dit sal sien en daarvan kan getuig nie. Dit is MY woorde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205