MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 29
“Reinig julle deur die liefde tot My en die naaste en julle sal skoon wees”
Soos daar geskrywe is in My Woord van die eeue ( Die Bybel), is Ek ‘n Enige Elohim wat die misdade van die ouers besoek aan die kinders tot in die geslagte daarna. Maar beteken dit dan Ek vergewe nooit nie? Nee, Ek is ‘n vergewende El wat liefde uitstraal na al My skepsele, die hele heelal deur. Heelal na heelal word deur My genade onderhou en Ek kyk persoonlik na elke kleinste deeltjie daarvan. Daar is in My groot skepping geen onduidelike deeltjie vir My nie. Ek deurvors en deursien alles. Niks daarvan is vir My verborge nie, nie eers die sondigste hart met ‘n vroom gesig kan vir My verberg word nie. En in My heelal is daar net duidelikheid voor My, want Ek weet alles, skep alles, rig alles, onderhou alles en niemand kan My misken in My werke nie. As hy sou kyk, sal hy my dadelik daarin herken. Ek weet wat Ek doen en waarom Ek dinge doen. Vra daarom nie aan My, “wat doen U” nie. Want Ek kan maak en breek soos Ek wil. Maar oral sal jy My liefde aanskou en dit is so groot soos die groot uitspansel. Wat meer is, uitspansel na uitspansel kan in My liefde wegraak. Daarom is dit verkeerd om te dink dat Ek nooit vergewe nie. Ek vergewe dag na dag - nag na nag. Wie na My toe kom met liefde en ware berou, word vergewe soos seker as wat Ek lewe. En aan sy sondes word daar nie meer gedink nie. Ek was sy sondes van hom af en hy sal rein wees tot in ewigheid. My bloed is sterker as die sterkste see en reinig tot in murg en been. Daar is nie ‘n sonde wat kan agterbly, as Ek, die Groot Reiniger eers verbygekom het nie. Die skoonmakers of reinigers is gewoonlik mense waarop daar neergesien word, maar hulle doen ‘n eerbare werk, want hulle is aan My gelyk in die opsig dat Ek ook ‘n Reiniger is. Kyk nie op diesulkes neer nie. Poog eerder om ook ‘n reiniger te wees deur jou broer se sonde teen jou te vergewe, dan maak jy jou eie hart skoon van bitterheid en afguns. Jaloesie en dies meer moet uit jou binneste gereinig word. Moenie wrokke koester teen mense nie, want die wraak kom My toe. Ek kan alleen besluit op wie Ek my wil wreek. Ek is egter ‘n sagte, vergewende God vir die wat My in liefde soek en die liefde is dit wat jou reinig, want Ek is die liefde. Reinig julle deur die liefde tot My en die naaste en julle sal skoon wees. Ek sal aan geeneen van jou vorige sondes dink nie. Al was dit so groot soos die see en so diep soos die see. Jy sal gereinig deur my bloed, arm in arm saam met My stap, en ons sal gesels soos twee rein broers, want Ek het alle vuil van jou afgewas. Wees rein soos Ek rein is. Hou enige praatjies ver van jou af en Ek sal by jou kom woning maak. Alles, alles, alles behoort aan My. Gee ook jou sondes aan My.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205