Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Hoofstuk1

 Die ontwikkeling van die lewe in die dierewêreld

1 Die ontwikkeling uit die oerlewe van die dierewêreld — en die pêrelmossel.

Niemand weet waar die diereryk begin nie. Dit lyk vir die natuurondersoeker of sy lewensvorme en sy oorgange alles inmekaar versmelt is, terwyl dit, vir die oog van die gees, skerp begrensde verskille vertoon. In die hele skepping is daar geen twee dinge wat `n uitsondering daarop vorm nie. Daarom vergis die wetenskap hom as hy dink dat die natuur haarself in haar klasse en vorms vermeng.

Waar begin die diere wêreld nou in werklikheid? Mens vermoed, dat die water die moeder van alle dierevorme is; maar waar jy dierlike lewensvorme, met `n mikroskoop in `n waterdruppel ontdek, staan die diereryk al op die duisendste trap van haar ontwikkeling. Tot die eerste klasse van die diereryk behoort die oneindige klein bewoners van die eter. Daar verteenwoordig hulle ongeveer wat mens 'atome' noem en is so klein (wel te verstaan maar net vir jou oog) dat daar op `n punt, wat jy slegs maar met `n sterk vergroting as sodanig kan ontdek, baie triljoene ruimskoots plek het.

Sou jy hierdie diertjies met jou oë wil sien, dan sou jy so `n punt triljoene male moet kan vergroot, wat jou egter niks sou oplewer nie, omdat die oog van `n sterfling daardie dinge nooit in waarheid kan sien nie, maar slegs die oog van die gees. Hierdie diertjies* ontstaan deur die samevloeiing van sonstrale, wat mekaar oral in die onmeetlike skeppingsruimte ontmoet. *( `n mens sal dit kan aandui as 'atoomdiertjies'.)

Daardeur word dit ook begryplik waartoe die baie lig dien, wat van die son uitstroom in die wye, leeg lykende ruimte. Hierdie eerste diertjies is koeëlvormig, hulle oppervlakte is baie glad en hulle voeding is die essensie van die lig. Hulle lewensduur is `n triljoenste deel van `n sekonde*, waarna hulle — na hulle dood — hulleself tot triljoene verenig — en `n tweedeklas vorm. Wat betref die grote, onderskei hulle hulle nie baie van die van die eerste klasse nie, maar die lewe word al gekonsentreerd en ondervind al `n behoefte tot versadiging: Hulle is dan ook van ooreenkomstige opname-organe voorsien. Hierdie diereklasse kan `n mens monade noem. Die lewensruimte van hierdie diersoort is die sfeer waarom die planete om die son sirkuleer. Sy lewensduur bedra die duisend biljoenste deel van `n sekonde** So `n proses word vir die oog sigbaar in die vorm van `n vallende ster. Die veelvoudige lewe van sulke diere verenig hulleself daardeur weer tot `n lewe en kom tevoorskyn uit sy ligte larwe.

*(Die Japanse natuurkundige Hedeki Yukawa kry in 1952 die Nobelprys. Hierdie groot onderskeiding kry hy vir die ondersoek van die ‘atomiese meson’ en hy ontdek dat die lewensduur `n triljoenste deel van `n sekonde was.)

**(In 1959 word die ontdekking van `n nuwe, tot dan toe onbekende elementêre deeltjie deur `n span Amerikaanse atoomfisici bekendgemaak. Die atomiese deeltjie het slegs die grootte van `n miljoenste klein deeltjie van die proton (kerndeeltjie) en sy lewensduur bedra maar `n miljardste van `n sekonde. Die nuwe deeltjie kry die naam X.U.Nul. Dit was die eerste van `n groot aantal nuwe elementêre deeltjies wat in die afgelope jare ontdek was.)

Hulle val dan as sagter of ook wel steenvaste meteoriete op die aarde neer.

Die vry geworde diertjies (-siele) versamel hulleself dan op die spieëlgladde oppervlakte van die sogenaamde skaapwolke. By hierdie wesens vind daar dan weer `n soortgelyke verwekking plaas. As hulle steeds tot op `n bepaalde punt deurgegaan het, dan word hulle, kragtens hulle lewelose vrygeworde lewensomhulsels, al swaarder en sink dan onder die oppervlakte van die lugsee na onder. Daardeur het daar weer `n bepaalde gemeenskap van hierdie diertjies met die in die lug gekonsentreerde, warmte bevattende lig plaasgevind; hierdie warmte is die sogenaamde elektriese stof of elektriese vuur. Hierdeur is nou `n meer volkome, baie lewendige nuwe klas gevorm en hulle vul die atmosfeer al as digter wolkvorme. As hierdie wolke dan tydelik —na gelang van die meer of minder intensiewe uitstraling van die sonlig - danksy hulle kragtiger potensiaal tot `n groot massa, aangegroei het, dan ontstaan daar opnuut `n klas.

Die lewe ontbind hom uit die nog altyd koeëlvormige larwe, wat nou so groot geword het, dat hulle al onder `n mikroskoop waarneembaar is. Hulle slaan uiters skielik met `n groot snelheid, soos `n weerligstraal, op die aarde neer of gaan dikwels ook in die vogtige dele van die lug oor*. So gaan hierdie lewe gedeeltelik in die materie, gedeeltelik in die vegetasie, maar hoofsaaklik in `n klas van diere oor, wat die naaste aan sy lewensfeer lê. In die leeggeworde larwe kom, na die uittreding van die lewe, die vogtigheid van die lug dadelik in en hulle val dan, nadat baie sulke larwes hulleself verenig het, soos reën op die aarde neer. Nou eers begin `n werklike aardse dierelewe en wel in die tussenruimte van die met water gevulde hulsels. Want wanneer die verloste** en vrygeworde geeste uit die laagste planteryk dit bemerk, tree hulle (volgens My [Skepper se] ordening) dadelik uit hulle hulsel en verenig hulle by miljoene met die as`t ware elektriese dierelewe en vorm die bekende infusorieë-diertjies. Jy kan jou self daarvan oortuig: Plaas een of ander plant in die water en laat haar vir `n tyd daarin lê. Bring dan `n groot druppel onder `n mikroskoop en jy sal dan, op `n punt wat so groot is soos `n sandkorrel, `n menigte vry lewende en bewegende diertjies ontdek. Dit is dus die eerste diersoort, wat vir julle as waarneembare materie tevoorskyn kom.

*(Weerlig.)

**(D.w.s. deur `n hoër ontwikkeling vrygekom.)

Na verloop van tyd vertoon hulle hulle in so `n druppel reeds as duisende diersoorte, maar wat hulle vorm en gedrag betref, essensieel verskillend is. Dink nie dat hierdie diertjies tegelykertyd ontstaan nie, maar deur vereniging, kom daar steeds die een klas uit `n ander voort; met meer volkome instrumente sou jy in die bou van `n hoër klas duidelik tallose vorme van `n laer klas ontdek. Want daar is twee maniere van voortbrenging, naamlik die met sy gelyke en die met `n hoër klas. Dit gaan as volg te werk: `n Hoër diersoort verslind `n onnoemlike aantal uit `n laer klas: Daardeur word uit die substansie van die laer soort en deur die individuele aard van die hoër soort een aan die laaste gelyke klas voortgebring. Wat betref die daardeur vrygekome geestelike kragte in so `n hoër soort, vorm hulle weer verenigende, steeds weer `n nog hoër klas, welke handeling egter vir die stoflike oog nooit sigbaar kan wees nie, omdat dit geestelik is. So gaan dit steeds trapsgewys opwaarts, totdat duisende soorte weer ontstaan het. Dan kom daar weer `n indrukwekkende proses wat sigbaar is en wat hom aankondig deur storms en hewige beweginge in die water, waarby sulke geeste magtig word en hulle teenwoordigheid deur die wind laat voel. Daar vind dan `n deling plaas. Enkeles verenig hulle met allerlei erdwurms en ander tot wurms in die water. En die verdere verwekking gebeur dan deur middel van sigbare groter hulsels, wat julle eiertjies noem en waaruit dan weer dieselfde soort voortkom, om daarna weer veelvuldige laer klasse op te neem. Na sulke wurms kom dan die skaaldiere en wel eers die slakke en mossels wat byna tegelykertyd verskyn, met die verskil, dat in `n sekere sin `n manlike deel van die wurms slakke word, en die vroulike deel mossels. Hierdie diersoort het dan weer, tot by die skilpad, `n eweneens duisendvoudige progressie (groeifase). Ons sal hierdie ordening nie verder volg nie, maar sal nou by die sogenaamde pêrelmossel stilstaan. Hulle staan in die voornoemde ry op die negehonderd nege-en-negentigste trap van ontwikkeling en het ontstaan uit die vereniging van die perlemoenmossel met die perlemoenslak. Hier verenig hulle hulle naamlik in `n tweevoudige lewe, `n manlike en `n vroulike. Die vroulike lewe sluit haar op in `n uiterlik ruwe, maar inwendig gladde metaalagtige glansende dubbele huls. Daarin vegeteer sy uitstekend, voed haarself met wurms en gebruik die uitgesuigde larwes vir die opbou van haar huis. Sien `n pêrelslak so `n vroulike mossel, dan gaan hy op haar rimpelagtige skaal sit en boor gate in die dunner dele. Merk die mossel die op liefde gelykende besigheid, dan begin sy die dele van haar voedsel, wat nie geskik is vir vertering nie, af te sit op die plek waar geboor word om dit dig te stop. Op sy beurt verhinder die slak dit soveel as moontlik en sit deur hierdie opening sy eie afval hierin af, waardeur daar `n soort koeël langsamerhand binne die opening vorm, waaraan nog allerlei indrukke van stryd te sien is. Hierdie stryd duur gereeld jare lank. Dan verlaat die slak sy plek en gaan na die mond van die mossel. Hier steek hy met sy karakteristieke stekel deur die vlees van die mossel. Daardeur open hy die deur vir die lewe van die mossel, waarop hy sy eie huis verlaat, homself met die lewe verenig en homself dan in `n hoër slaksoort manifesteer, as die sogenaamde noutilusslak, wie se mooi huis `n sigbare teken van haar hoër lewe is. Dit is die natuurgetroue geskiedenis van die vorming van die pêrelmossel en kan as `n sinryke voorbeeld dien, hoe deur volharding en uithouvermoë in die goeie, `n mooi verhewe lewe opgroei deur die vereniging van die goeie en ware uit My en versterk en moedig word, deur selfs die storm van die tye vir sy welsyn aan te wend. Daarom moet die mens ook, met die doring van die deemoed, in sy innerlike grawe en daardeur vir sy gees die lewe in homself opneem. En net soos die kosbare pêrels as teken van die edele strewe in die dooie mossel agterbly, so sal die dade van die mense vir die nageslag bewaar bly, as hulle voortgekom het uit My liefde en waarheid. Dit is `n klein evangelie, wat die pêrelmossel verkondig. En so lê in elke natuurlike ding `n spoor verborge, wat ooreenkom met My liefde en wysheid.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205