Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

6. Die vlieg as chemikus en elektrisiteitsverdeler.

`n Mens sal wel dikwels opgemerk het dat vlieë tydens maaltye graag in groot getalle kom aansit en hulleself dan begerig op die geregte stort. Hulle is des te talryker as die dae drukkend word en die kamers laag en nie geventileer is nie. Baie sal sê: “Moet ons hierdie parasiete ook nog prys as hulle ons maaltyd verontreinig en ons by elke hap hinder?" So vra slegs die kortsigtige mens. Want as hulle die groot weldaad kon begryp wat die vlieg hulle dikwels bewys deurdat hulle hulleself, al is dit slegs twee oomblikke, op die hap wat hy na sy mond voer, neersit, waarlik, hy sou nie te veel doen as hy, soos wat `n mens dit wel uitdruk, die vlieg “in goud laat vang” nie. 

Alle spyse, op een enkele uitsondering na, het, as gevolg van die aanwesige suikergehalte, die eienaardigheid dat dit, veral op so `n egte bedompige dag, die stikstof uit die bedorwe lug aantrek. Wanneer die voedsel ook maar `n kort tydjie bly staan, dan word die onrein lug dadelik merkbaar, deurdat die gereg suur word, of daar kom skimmel op, of deurdat dit `n matblou kleur aan die rante kry. Dit is almal uitwerkings van die bedorwe lug! Wat het die vlieg daarmee te doen?

Omdat die vlieg, danksy haar bou `n klein vlieënde battery is, is sy ook begerig na alles wat negatief gelaai is. Die bedorwe lug is van negatiewe-elektriese aard en absorbeer daarom alle positiewe elektrisiteit in so `n hoë mate, dat daar in so `n kamer waar voedsel genuttig word, geen vonkie positiewe elektrisiteit meer is nie.

Wanneer so `n kamer nou nie dikwels deur hierdie elektriese tydsdraers besoek word nie, hoe sou dit dan spoedig lyk met die gesondheid van die mens? Maar dit sou nog die minste wees, want so lank as wat die bedorwe lug in die kamer aanwesig is, het dit nog genoeg spankrag (elektrisiteit) waardeur die longe hulleself nog, ten minste by die inasem, kan uitsit. Maar wanneer hierdie lug al haar spankrag verloor, dan slaan hy soos `n vuil dou neer op die dele wat aan hom verwant is, soos byvoorbeeld voedsel. Wanneer die hap, wat iemand nou tot homself wil neem, oorvloedig met sulke dou voorsien is, dan gaan een of meer vlieë graag daarop sit en laat hulle oorvloed aan positiewe elektrisiteit oor die voorwerp uitstroom. Wat is die gevolg dan? Niks meer of minder nie as dat die neergeslaande lug in `n sekere sin weer daardeur besiel word en verdamp. Dit verdwyn dan uit die voedsel, deur welke ontbindingsproses die voedsel weer onskadelik en eetbaar word.  

Wanneer Ek alles sou moet vertel oor hierdie diertjie, sou honderdduisend skrywers in `n miljoen jaar nie daarmee klaarkry nie. Dus verbaas julle nie te veel oor die enkele punte wat Ek vertel het nie. Maar bedink dat elke onaansienlike ding wat uit My voortkom, `n oneindige waarde het!

`n Mens sal wel opgemerk het, dat die versadigde vlieg haarself daarna graag op glimmende voorwerpe neerlaat en dit dikwels bevuil. Ook dit is baie nuttig, want die voorheen genoemde chemiese werksaamheid van hierdie diertjies sou slegs halfpad nuttig gewees het, as hierdie tweede onbeduidende lykende gebeure nie dadelik sou volg nie.

Ons weet reeds, dat die vlieg meestal negatief elektriese voedsel tot haarself neem en dus `n ware gifsuier is van, sowel die lug as van mense en diere, asook van die voedsel wat die mens eet. Daarom is haar uitwerpsels ook negatief elektries. Ons weet ook dat positiewe elektrisiteit meestal op blinkende voorwerpe versamel. Sodat daar in `n ruimte wat arm aan positiewe elektrisiteit is, die weinige positiewe elektrisiteit wat op blinkende voorwerpe vasgehou word, weer gelykmatig versprei, beklad hulle hierdie chemiese blinkende voorwerpe sorgvuldig. Daardeur verloor dit die krag om die positiewe elektrisiteit aan te trek, wat onontbeerlik is vir die lug in die kamer. Wie dit nie glo nie, moet maar `n vergulde voorwerp in so `n kamer plaas! Hy kan verseker wees daarvan dat dit binne `n kort tydjie deur die vlieg bevuil sal word, sodat daar nog maar weinig van die blinkende goud te sien sal wees. 

 

Waarom het hierdie diertjies dit juis op die goud gemunt? Hierop kan `n mens antwoord: Waarom verguld `n mens weerligafleiers?

Die antwoord sal wees: Omdat die goud die positiewe elektrisiteit buitengewoon sterk aantrek!

Die vlieg bevuil egter ook die vensterruite, maar glas trek geen elektrisiteit aan nie: Dit is wel waar, maar waarom gebruik `n mens dan glas silinders of glasplate as geskikte middele om die in die lug aanwesige vrye elektrisiteit deur enige wrywing sigbaar te maak? Omdat dit by voorkeur op die glas versamel. Daarom kan ons ook hierdie klein chemici hulle gang laat gaan met die bevuil van alles, sodat hierdie gepoleerde 'elektrisiteitshouers' ruwer word en minder in staat sal wees om die elektrisiteit vas te hou. So kan dit makliker met die res van die kamerlug vermeng. Sien, so is selfs die onbeduidende vlieë vuiligheid nie sonder wysheid en voorsienigheid somaar êrens gedeponeer nie, terwyl dit tog net suiwer afval van so `n onbeduidend diertjie is. 

Dink wel hieraan! Dit is sekerlik die moeite werd om op te let na My Vaderlike sorg vir die klein dingetjies, sodat dit vir die twyfelaar tog eens duidelik mag word, dat Ek nie `n allesverslindende, onbegryplike Magsgod is nie, maar dat Ek uitsluitlik `n ware Vader vir al My kinders is. Ek is geen verkwistende Vader nie, maar `n baie ekonomiese, wat weet om selfs die uitwerpsels van `n vlieg tot welsyn van Sy kinders aan te wend. Ja, daar is nog tallose en veel onbeduidender dinge, en tog laat Ek selfs die mees oneindig geringe nie ten gronde gaan nie! 

In die navolgende positief-polêre beskrywing kom die geestelike betekenis van die vlieg steeds duideliker na vore.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205