Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

2 Die ontwikkeling van natuursiele in die diereryk

In die water van die see bly `n eienaardige wese, wat julle die naam "poliep"* gegee het. Hierdie dier, wat hom op een bepaalde plek vassit as `n soort boom, gryp, met sy baie slurparms, die wurms en waterinsekte, wat in sy omgewing kom en verslind hulle in groot hoeveelhede; daardeur groei hy dan, veral diep op die seebodem, tot die grootte van `n boom. As sy verteringsorgane nou steeds vaster geword het, begin hy, weer netsoos `n boom, gedeeltelik af te sterf en leef maar net met die laaste uitgegroeide slurpe nog voort, totdat hy eindelik weens gebrek aan voedsel sterf. Daarna gaan sy hele vormlose wese oor in `n ontelbare aantal klein, rooi wurmpies, wat afsterf, nadat die poliep en liggaam verteer is.

Dan verenig sy lewe** hom tot `n nuwe, waaruit `n soort vis ontstaan. Hierdie vis is bekend onder die naam “inkvis” (sepia). Hy kies by voorkeur nog steeds sy woonplek in die grootste dieptes van die see. Sy voedsel bestaan uit `n soort swart-bruinwurms. As hy wil eet, dan vertroebel hy die water met `n swart vloeistof, wat `n verdowende werking op die klein diertjies uitoefen. As die inkvis jare lank duisende sulke wurmpies verteer het, dan sterf hy af en die in hom kragtiger geworde lewens van die miswurms verenig hulleself tot die lewe van `n nuwe wese. Dit is die sogenaamde vlieënde vis.

Die vlieënde vis voed homself gedeeltelik met see-insekte, gedeeltelik ook met insekte, wat hy in sy vinnige vlug uit die lug vang. Daarom is sy inwendige bou ingerig soos die van `n vis en die van `n voël. Hy het blase in sy maag, wat hy oombliklik met lug kan vul en weer kan leegmaak. Deur `n kanaaltjie laat hy enkele druppels water in sy blaas inloop; hieronder is `n donker, metaalagtig uitsiende weefsel, wat `n temperatuur van meer as 80° kan aanneem. Is daar nou water in die blaas, dan word dit dadelik deur skielike verhitting in damp opgelos en vul die blaas met atmosferiese lug. Tydens hierdie vul, deel die lug homself deur `n innerlike elektriese proses; die swaarder uit die atmosferiese lug sink as druppels vloeistof in die blaas en word dadelik deur `n eie kanaal na buite gebring. Die ligte gas stroom egter die baie klein buisagtige organe binne, wat deur die hele liggaam loop en bring daar deur die vleesmassa van die vis in `n goeie verhouding tot sy natuurlike gewig, naamlik so, dat sy liggaam ongeveer in ewewig raak met die atmosferiese lug. Nou span die vis sy vleuels en kan so vlieg soos `n voël. Daarby gee die vinne die rigting aan. *(poliep - Geelagtige waterdier met verskeie voelers wat hom op ’n plant laat lyk)

Omdat hierdie vis van `n goedmoedige soort is, vind na die uittrede uit sy visbestaan die volgende deling plaas: Die vroulike deel verenig haarself en gaan dadelik in `n voëlsoort oor, wat `n mens `n 'seemeeu' noem; die manlike deel verenig homself ook met baie van sy gelyke en word so die 'duif. Wat die lam onder die viervoetige diere is, is die duif onder die bewoners van die lug, waarom sy ook, soos bekend, deur My as die beeld van die sagmoedigheid, ja dikwels as die beeld van die Heiligheid van God aangehaal word. En so staan hierdie dier aan die top van alle lugbewoners en tegelyk deur haar sagmoedigheid en volkome onskadelikheid op die laaste (d.w.s. hoogste) trap, waarheen geeste**, tegelyk met tallose geeste uit ander edele kreature verenig, en tot mensesiele word. Hulle vroulike deel kom ooreen met die liefde, hulle manlike deel met die daaruit voortvloeiende genade. *(d.w.s., wat die siel betref. `n Mens moet by die vereniging steeds aan die siele van die skepsele dink, en nie aan die liggaamlike nie. Want slegs die eerste lewe is deel van die siel in die skepsele van die hoër klasse. Die liggame word in hulle atome opgelos en dien die hoër klasse slegs gedeeltelik tot die opbou van die liggaam.)

** (D.w.s. sielselemente.)

In die see is daar soveel diersoorte, dat `n mens hom sou kan afvra op welke manier hulle almal tot by die trap van die duif kan kom. Maar van die poliep is daar vreeslik baie verskillende soorte en vir elke diersoort in die water vind `n mens ooreenkomstige poliepe. En hierdie poliepe is deurgaans nie, soos nauurondersoekers dink, `n allerlaagste soort in die dierewêreld nie, maar veel meer rustige suiweringsinrigtinge, wat altyd alles verteer wat hy in die hande kan kry. En so vorm hulle `n middelklas tussen die wurms en alle moontlike vissoorte. Want deur hulle word die wêreld van die wurms tot `n hoër trap bevorder.

Die visse staan al op hierdie hoër trap van ontwikkeling, sodat hulle na hulle lewensvereniging tot lugbewoners word. En so kom byna elke vissoort ooreen met `n voëlsoort. In die see leef egter nog ander soorte diere, wie se laaste trap al so gevorm is, dat hulle gedeeltelik in die water en gedeeltelik op die land kan lewe. Ooreenkomstige diere is die skilpad, en ook ander skildlose paddas of paddasoorte, wat reeds die sintuie sig, gehoor, reuk, gevoel en smaak het. Verder is die seehond, die seeleeu, die walrus en ook alle met die vierpotige ooreenkomstige diere as halfbewoners van die water en van die aarde en van die lug te beskou as `n oorgang: deur sy lewensvereniging ontstaan ooreenkomstige viervoetige diere op die aarde.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205