3 Die inwendige liggaamlike opbou van duiwe en ander voëls.
Die voëlwêreld staan al op `n hoë trap van die lewensvermoë. Die binneste van `n voël bestaan uit `n hart, wat soos die hart van `n mens lyk, `n besondere maag, derms en `n taamlike groot long en lewer. Hierdie ingewande is aan die bokant deur `n noodsaaklikerwys ligte beenstelsel en van onder slegs deur `n sagte vel omsluit. Die hart en die longe het dieselfde inrigting as die van alle warmbloedige diere. Maag en lewer egter, vertoon groot verskille. Die vleismassa bestaan uit ligte, witagtige vesels, verbind deur `n weefsel met fyn senuwees, wat die moontlikheid gee tot `n groter uitstrekking en sametrekking as die vleis van ander diere. Die kop van die voël het buitengewone skerp sintuie. `n Adelaar sien, soos byna elke voël, beter as wat `n mens kyk deur `n verkyker; ook sy gehoor oortref die van die mens by verre. Sy reuk is skerper as die van `n speurhond. So kan `n adelaar aas ruik, wat `n dag se reis vêr lê, en ook sy smaak is so uitgesproke uniek, dat hy selfs die sout; wat hy smaaklik vind, in vaste gesteentes kan vind.
Net soos die sintuie van die voël tot die hoogste vorm ontwikkeld is, is ook sy brein baie gevoelig en aktief; hy het meer intelligensie as alle ander diere, die olifant nie uitgesonderd nie. Dat die eerste graad van geestelike aktiwiteit al hier te vinde is, bewys sy goeie geheue, waardeur sommige voëls selfs baie wysies, asook woorde of hele sinne kan leer, wat geen ander nog so maklik afgerigte dier kan doen nie.
Hieruit kan `n mens aflei dat hierdie diere nader aan die mens staan as die ander diere, wat hulleself moeisaam met hulle pote oor die aarde voortbeweeg. Dit alles word veroorsaak deur die innerlike bou van die voël. Hy besit groot gevoeligheid vir die indrukke uit die buitewêreld en kan al bepaalde voorstellings in sy brein maak.
Die voortplanting van die voëls gaan deur bevrugting van eiers. Die wyfie besit die moontlikheid om haarself deur middel van `n soort blasies te vermeerder. Dit vind as volg in die eierstok plaas:
Van die hart gaan fyn organe uit, waardeur `n wit sap gelei word. Waar hierdie organe uitkom, daar vorm `n netagtige weefsel uit hierdie sap. As hierdie weefsel die regte vorm gekry het, sodat dit lyk asof klein tregtertjies aaneen gevleg is, dan word dit aan die ruggraat bevestig deur vormende organe. Vervolgens raak hierdie organe daarvan los en rig hulle hulle monding in die tregtertjies. Daarna word op dieselfde manier vate, wat van die maag uitgaan, deur die lewer ook in die monding van hierdie tregtertjies gelei. Wanneer alle vate deur die hart ietwat verbreed is, dan groei daar in elk van die vate nog `n nuwe by, wat sy monding netso rig in een van die tregtertjies.
As hierdie organisme nou - binne `n tydperk, wat ooreenstem met die natuur en die grootte van die voël - heeltemal gevorm het, dan word uit die maagsappe eers taai druppeltjies sodanig afgeskei, dat die monding van beide in mekaar geskuifde organe in die middel van hierdie druppeltjie steek. Daarna trek die buitenste orgaan waterhelder sappe vanuit die hart aan. Hierdie sappe laat die buitenste, van die maag afkomstige druppeltjie soos `n seepborrel uitsit en vul dit na gelang die natuur en grootte van die voël, totdat dit so groot is soos `n mosterdkorrel, `n haselneut of selfs `n appel. Dadelik begin daar nou, sappe wat uit die bloed kom, in hierdie wit samestelling in te dring en vorm die eierdooier (eiergeel).
In dieselfde tyd ontwikkel daar deur die dermkanaal ook uiters fyn geleier-organe. So het die hen (as voëlwyfie) twee afvoerkanale: een om die uitwerpsels af te voer, en een om die ryp geworde eier te lê. Voor die uitmonding van die afvoerkanaal van die uitwerpsels, verenig die tweede kanaal daarmee, deur die eersgenoemde van die dermkanaal uitgaande organe. Sy vorm `n wye buis, wat haar by die eierstok in netsoveel arms verdeel as wat daar tregtertjies is. Deur hierdie orgaan word by die paring `n eteriese-geestelike stof baie vinnig in die sentrum van die dooier gebring. Hierdie stof is dit, wat reeds vooraf genoem was by die vereniging van dierlike lewe uit die water en die aarde*. *(Naamlik lewende natuursiele-substansie.)
Wanneer dit plaasgevind het, dan groei die middelste orgaan, wat van die hart uitgaan, tot `n besondere fyn weefsel om hierdie nuwe lewe, en wel in die vorm van `n baie klein, heeltemal naakte voëltjie. Hierdie weefsel strek vanuit sy sentrum na alle rigtings deur die eier, en open daarmee vir hom die weë tot voeding.
Daarna skei die orgaan uit die maag `n kalkagtige massa af, afkomstig van die opgeloste steentjies, wat deur die inwendige warmte van die voël verhard tot `n vaste dop om die eier. Nou is die eier gereed. Deur die warmte van die uitbroei, word die vrug volkome lewend. Nadat sy alle voeding in die eier tot vorming verteer het, deurbreek sy die dop en tree as `n volkome voël in die buitewêreld, voorsien van alle talente en gawes, wat sy nodig het.
Die maag van `n voël bestaan uit stomp blaaie wat soos spiere lyk, en bevat altyd `n klein voorraad klippies. Hy open homself en neem voedsel uit die voormaag op. As dit nou tussen die blaaie gekom het, dan begin hulle teen mekaar te vryf, soos wat `n mens doen wanneer `n mens in sy hande vryf. Daardeur word die voedsel gemaal, met behulp van die klippies wat in die maag is, waardeur die klippies steeds kleiner word. Deur hierdie wrywing word tegelykertyd ook `n elektriese warmte opgewek, waardeur die afgeskuurde klipdeeltjies chemies omgesit word. Die kalkagtige deel word dus gebruik om die nog sagte eier `n harde dop te gee; die minerale deel dien egter tot voeding en onderhoud en die stewig maak van die maag blaaie; en die neerslag word met die afval verwyder.
Naas die verteringsproses werk die minerale kos soos die sogenaamde kolom van Volta vir die ontbinding van die fyn waterstofgas, wat dadelik uit vrye keuse uit die herhaaldelik opgeneemde water ontwikkel kan word en wel op die al vooraf bekende gegewe manier*. *Sien vlieënde vis.
Die suurstof, of die sure uit die water, verbind met die gelyksoortige minerale uit die klippe. Ook word die besondere swaar vet uit die gas afgeskei deur `n buitengewone fyn organiese filter. Die suiwer gas stroom egter in tallose klein organe in die skag van die veer in; hierdie organe word vooraf gevorm deur newe-organe uit die afgeskeide vet, vermeng met ander uit die bloed opgeneemde vloeistowwe. Dit bevind hom dus in die skag `n sogenaamde 'siel' of Veer-moeder', wat uit baie aan mekaar gerygde blasies gevorm is.
Wil die voël nou vlieg, dan vul hy hierdie blasies binne `n oomblik, en ook sy ander organe, met hierdie gas, waardeur hy baie ligter word. Dan sprei hy dadelik sy vlerke uit, verhef hom baie maklik, gee die rigting met sy stert aan en bestuur sy massa behendig met sy vleuels.
As hy begin te vlieg, het hy sy vlerke nodig om opwaarts te kom, maar tydens die vlieg word hy ligter en ligter, waarby hy dan sy vlerke nie meer vir die dra gebruik nie, maar slegs om hom mee voort te beweeg.
As `n voël dan weer wil daal, dan laat hy soveel gas uitstroom as wat nodig is en vul dan sy skag met atmosferiese lug.
Ook is die long so uitgerus, dat sy elastisiteit baie groter is as die van welke ander dier ook. Want `n voël kan na verhouding honderdmaal soveel lug na binne asem as `n mens. Met die lug vind dan `n soortgelyke proses plaas as met die water in die maag. Die gas stroom in die hol beendere. Die suurstof verenig met die bloed om die senuwee, spiere, senings en beendere te vorm. Slegs die stikstof word weer uitgeasem en kan gebruik word vir die voël se kenmerkende fluit wat eie is aan elke voël.
Die lewer is by `n voël van dieselfde hoedanigheid as die selweefsel onder die blaas van `n vis. Dit bestaan uit `n groot hoeveelheid piramiedvormige blasies, wat maar net met baie ligte en meer lugtige gehoue slymagtige vesels aanmekaar bevestig is. Hierdie piramidale selle of blasies het die eienskap van klein batterye; hulle suig deur die wrywing van die maagblaaie die ontwikkelde elektromagnetiese fluïdum in homself op en word nou een vir een as `n elektriese battery gevul. Dit elektromagnetiese fluïdum word dan altyd, sodra die voël wil vlieg, gebruik vir die bekende gas.
Wat egter by so `n proses van die sogenaamde koolstof ontbind word, versamel homself in `n eie klein galblaas en word weer deur die maag opgeneem as iets wat swaar verteerbaar in die voëlmaag inkom, wat, veral by die duif, dikwels die geval is.