5. Die geestelike en die materiële.
Uit die voorgaande sal dit duidelik geword het dat alle materie op sigself niks anders is as `n vasgeworde gedagte uit My wil nie. Daarom is die ‘Grossglockner’ dit ook. Wat se verskil is daar dan tussen die eintlik geestelike en die daarteenoorgestelde materiële, waar tog die een, sowel as die ander, `n produk van My wil is? In skeppende opsig is daar geen verskil nie, maar `n des te groter verskil heers daar in die wesenlike kern.
Dit sal vir jou miskien ietwat vreemd voorkom, maar kyk net na `n kunstenaar. Alles wat hy voortbring, moet hy eers wil: Want sonder dit kan hy tog onmoontlik iets produseer. Is dit egter noodsaaklik dat een en dieselfde wil ook een en die selfde produk voortbring? Nee, want die liefde modifiseer die produkte en die wil spreek slegs die eenvoudige 'word' daarby uit, en dan word dit soos wat die liefde dit aangegee het. Kyk, so gaan dit ook by My!
My oneindige liefde skep die vorms, en die krag van die liefde laat dit tevoorskyn kom. Die wil hou `n deel van hierdie vorm vas, omdat die liefde dit verlang; `n ander deel gee hy egter op verlange van die liefde `n steeds meer lewende wordende vryheid. En so vorm die materie, volgens My liefdevolle wil, die vaste grond, die basis vir al die geestelike. Sy is dus in die besonder dit wat My 'erbarming' genoem word. Die geestelike self kom ooreen met die lewende vryheid van My eie liefde. Dit is dit wat die 'genade' of die eintlike selfbewussyn van elke vry wese genoem word, en kom voort uit die vrye lewe van My liefde en is geestelik volkome haar ewebeeld.
Waar die materie haarself ook maar gevorm het, moet die geestelike ook noodsaaklikerwys aanwesig wees. Want as die materie `n erbarmlike is, kan sy, as `n middel tot verlossing, nie vir haarself bestaan nie, maar wel vir `n hoër potensie, waarop hierdie erbarming gerig is. Waar hou hierdie hoër potensie op? Dit is duidelik dat `n arm huis en die arme self steeds saam is. Netso sal dit ook met die materie en met die geestelike potensies wees wat mekaar beetkry en dat die een die inhoud is van die ander. En hoe pragtiger en uitstekender julle materie êrens aantref, vir des te hoër geestelike potensies is dit ook geskape.
Nou sal ons weer `n blik werp op ons Grossglockner. Kyk net na hom hoe pragtig hy daar staan soos `n koning onder die berge, wat homself bo al sy kaal bure verhef!
En sien, hoe hy homself ure ver uitstrek na alle kante toe en hoe hy met ys en ewige sneeu bedek is! Kyk na die baie stroompies wat hulle van sy klowe na benede stort en kyk hoe sy steil top byna voortdurend deur witagtige wolkies omgewe is. Omdat hy so voortreflik is, sal hy sekerlik ook `n uitstekende werkplek vir My erbarming wees.
Ons het al vanweë die natuurlike uitwerking van hierdie berg sy betekenis erken. Kyk, die kragte wat hier werk, is geestelike potensies!
Nou is daar nog die vraag: Is die natuurlike nuttige uitwerkinge van hierdie berg die hoofdoel van die omgewende en van die in hom wonende geestelike potensies? Of is hy maar `n newedoel, waardeur hy vir `n ander doel moet rypword? Hierdie vraag kan deur `n kort voorbeeld toegelig word. Wat is die doel eintlik by die uitsaai van saad? Deur die vergaan van die saadkorrels in die aarde word dit weliswaar vrugbaarder gemaak, maar dit is tog sekerlik nie die hoofdoel van hierdie handeling nie. Jy sal sê: Ons saai die koring net daarom, sodat `n nuwe saadhalm daaruit kan ontstaan wat ons veelvoudig weer sal teruggee, wat ons vantevore in die aarde geplaas het.
Die nuttige werking van hierdie berg lê net so in verhouding tot die hoëre doel van sy bestaan, naamlik die vrugbaar maak van die aardryk - deur die vergaan van die sade in die aarde, se verhouding tot die veelvoudige lewende vrug. Daaruit kan jy al `n bietjie opmaak hoe hoog die geestelike bo die natuurlike nut van hierdie berg staan.
Dit wat tot nou toe behandel is, moet beskou word as `n noodsaaklike inleiding, waarsonder die volgende moeilik verstaanbaar sou wees.