Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

7. Weg na verdeemoediging van die natuurgeeste.

Ons het gehoor dat bevryding weer na die gevangeskap kom, sodra die so tot besinning gebringde geeste, as hulle hulleself verbeter het, by die vredesgeeste van die onderste trap opgeneem word of dat hulle `n nuwe termyn van vryheid gegee word.

As die natuurlike geestelike potensies weer tot vloeiende water word, word sulke vrygekome geeste as`t ware deur die water gebind en moet dan die reis tot in die see meemaak.

Waarom dit? Om dieselfde rede as wanneer iemand op aarde, wat skade aangerig het, `n sodanige straf as verbetering opgelê word, dat hy die skade kan herstel en daarby ook nog vir sy bose opset boete betaal. Daarom moet sulke geeste ook elke veroorsaakte skade - net soos die, wat hulle wou toegedien het - weer geheel en al goedmaak en daarby nog `n aangepaste boete doen. Eers as dit heeltemal nagekom is, kan hulle tot die eerste trap van geestelike voleinding opgeneem word. Natuurlik kan hulle moeilik iets in die wêreldsee goedmaak. Maar waar niemand as gees goeie werke kan doen as hy self nie goed is nie, bewys hierdie verskynsel dat die geeste hulle in hierdie toestand volledig moet verdeemoedig, voordat hulle in staat is om die bose dade weer goed te maak. En omdat die bodem van die see die laagliggende deel van die aarde is, moet sulke hoogmoedige geeste hierdie reis na verdeemoediging maak om daardeur mettertyd as nuwe- en wedergebore op te styg in die hoër sfere vir die verrigting van nuttige werk. Word sulke geeste deur die volbringde reis ook werklik verbeter? Die resultate is verskillend; enkele verbeter hulleself al onderweg en mag dan van hierdie vogtige weg terugkeer, as daar niks meer boos in hulle gevind word nie. Sulke uittrede kan julle daaraan herken, dat daar smorens uit die fonteine, riviere en strome wit newels opstyg. Hulle word deur die son aangetrek, tree in die hoë gebiede weldra uit hulle natuurlike potensie en word vir die oog sigbaar.   

`n Ander soort van hierdie geeste verberg hulle deur hulle opnuut ontwaakte boosheid snags as `n aanvanklike sigbare vorm van grys newels in die ravyne en klowe van die berge, om by die volgende aanval weer daadkragtig saam te werk.

`n Derde soort lê werklik die weg na die see af. Wanneer hulle egter daar aangekom het, groepeer hulle hulleself saam, na gelang van die graad van hulle boosaardigheid, en hulle begewe hulleself dan in die see. Die seemanne kan van die vernielende krag van die seestorms vertel. Wil hierdie kwaadaardige geeste hulle boosheid uitoefen, dan stuur hulle een of twee baie losserige gevormde wolke ter verkenning oor die see oppervlakte boontoe - sulke wolkies ken die seemanne baie goed - om vas te stel of daar êrens nog vredesgeeste te sien is. Sien hulle nog `n paar daar, dan verdwyn hierdie wolkies weer skielik. Gebeur dit, dan is maar baie selde `n belangrike storm te verwag.

Sien hierdie boosaardige verkenners geen teenstanders nie, dan verhef hulle hulleself hoër en hoër en in die tyd van enkele oomblikke is die hemel bo die see in digte stormwolke gehul, waaruit weldra die hewigste rukwinde die see woelig maak en duisende weerligstrale dan afgevuur word op die geeste, wat die weg na verbetering ingeslaan het. Hierdie rebelse geeste kom oral sleg af en daarom loop ook hierdie onderneming altyd sleg vir hulle af. Want dan word daar, met die snelheid van `n gedagte, vanuit die leër van ons hoofwagters ter land, vreedsame geeste uitgestuur. Hulle werp hulleself dan op die hittige skare, slinger hulle gewoonlik as hael of hewige reën in die see en bevry by hierdie geleentheid die deemoedige geeste uit hulle onvrywillige gevangenskap. Die bose, wat maar `n ondergeskikte rol gespeel het, word dan vinnig na die Noordpool bevorder; die ergstes word egter vir `n baie lang tyd na die harde ys van die Suidpool verban.

So eindig die oproer van hierdie geeste: Die bose word na `n veilige plek gebring, die goeie word egter opgeneem om baie nuttige werk te doen. Waaruit bestaan dit?

Die eerste werk bestaan daaruit dat sulke geeste die berge ingestuur word en wel na die plekke, wat in kaal rotstoppe eindig. Hulle moet daar vir die onderhoud sorg dra en ook vir die uiteindelike ontbinding sorg, deur alle vogtigheid in die porieë van die klippe so te verdeel, dat die gesteente van binne-uit aldeur dieselfde eienskap behou. Aan die ander kant moet hulle die ontbonde gesteentes weer ondertoe bring, sodat dit steeds nader aan hulle bestemming na verlossing kan kom.

As hulle nie goed oplet nie, gebeur dit dikwels, dat bose geeste hulle agter hulle rug `n poets bak en dan `n hele rotsblok losmaak en dit in die diepte slinger. So `n losgemaakte rotsblok moet dan goed versorg word, sodat dit `n vaste ruspunt in `n spruit of rivier vind, sodat die opgesluite geeste in hom wat nog nie gebore is nie, nie voortydig losbreek nie. Sou dit die geval wees, dan sou dit met die hele aarde wel vinnig gedaan wees! Daarom tref jy so `n losgemaakte rotsblok gewoonlik in `n sloot aan, waarin `n fontein uitkom, of dit is meer as halfpad in die aarde verborge en met mos omgewe, of jy vind hom in stukke of heeltemal in een of ander spruit of rivier. Dit is die rede waarom daar dikwels baie honderde en duisende centenaar (honderdjarige) swaar klipblokke daar aangetref word, waar geen rotsgebergte en geen soortgelyke gesteentes voorkom nie.

Die natuurondersoekers sal weliswaar sê: “Wat se belaglike gepraat is dit! Dit doen die water deur sy gewig. Dit neem toe namate die val vinniger en hewiger is". In natuurlik opsig het hy wel gelyk - net soos diegene wat sê dat twee maal twee vier is. Weet die matematikus ook wat aan sy produkte se grondslag lê? Ken hy die eenhede waaruit hy sy produk gevorm het? Hy ken wel die getal van die vir sy oog en oor en sy verstand gelyksoortige dinge. Ken hy egter ook die wese van die dinge wat hy getel het? Kan hy die oneindige veelheid en verskeidenheid van die dele en kragte bereken, wat vir die vorm van `n ding nodig is? Sou hy dit heeltemal ken, dan sou dit vir hom ook duidelik word hoe oppervlakkig sy beskouing van die dinge was, omdat hy weens sy gelyksoortigheid vier stukke saamgeneem het.

Ons natuurondersoeker gaan by hierdie uiteensetting niks beter af nie. Want hy sien wel die water stroom, maar wat daarvoor nodig is om die water te laat stroom en dit die regte graad van swaarte te gee en daarby te weet waaruit die swaarte op sigself bestaan - kyk, dit is vir ons skerpsinnige natuurondersoeker wel ietwat te onsigbaar! Maar wie dra die water nou bo op die berge, versamel dit daar en bring dit na onder, waar dit nuttige werk kan verrig? Dit sou weer `n ander vraag wees!

`n Mens sal ook hier met die innerlike druk en met die wette van wedersydse aantrekkingskrag tevoorskyn kom. As Ek dan egter vra: Wie oefen dan die druk en die wedersydse aantrekkingskrag uit, dan sal die antwoord uitbly. Daarom vertel Ek dit hier, sodat wat Ek oor die geeste vertel, julle nie teveel sal bevreem nie: En glo daarom maar dat daar op die hele aarde niks gebeur, wat nie van allerlei soort geeste uitgaan nie-, goed of boos!

As jy een of ander berg opgaan, sal jy soms op plekke kom, waar dit daar so woes lyk asof alles star en dood is. Maar juis daar gaan dit baie lewendig, want daar het die nuttige geeste die meeste te doen en te waak, sodat alles mettertyd weer in orde gebring word. Voel jy jouself op so `n berg wel te moede en voel jy jouself gestig, soos byvoorbeeld op plekke wat begroeid is met welriekende kruie, dan woon daar sekerlik meer salige en vreedsame geeste, wie se besig wees, rustiger maar tegelyk in geestelik opsig ook verhewener en indrukwekkender is, as die van die vorige.

Op die vlaktes, wat met ewige sneeu en ys bedek is, begin al die eerste salige omgewing van die voleindigde geeste, daar kom die hemel en die aarde sigbaar tot mekaar: Want die aardse koue beteken die totale gebrek aan eieliefde en daardeur die hoogste graad van nuttige werk van uit die natuurlike standpunt bekyk, dit wil sê, gesien van die geestelike, wat in die natuurlike oorgaan. Wie dus ooit op so `n berghoogte vertoef het, die het ook die onderste omgewing van die hemel met sy liggaamlike oë aanskou.

Hoe moet `n mens dit begryp?

Die plek op aarde, waar die menslike hebsug en eieliefde geen grense meer het nie en geen vernietigende prosesse oor die myn en dyn (myne en joune) voer nie, sal tog seker wel die naaste by die hemel wees. Jy kan probeer om `n groot gletser-ysveld as jou eiendom te beskou, jy kan jou gewoon op die ysbodem gaan vestig en niemand sal dit betwis nie.

Jy sal dit nou maklik kan begryp: As die aarde op natuurlike wyse met die hemel in verbinding sou staan, dan was dit wel met die lewe en bestaan van die hele planeet gedaan. Kan die hemel die aarde, wat so dikwels deur die snode hebsug ontheilig word, wel ooit êrens aanraak? Daarom is sulke aanrakingspunte slegs daar moontlik, waar die aarde heeltemal vry is van alle afguns. Daarom is dan ook onse Grossglockner by uitstek so `n aanrakingspunt. En as een of ander mens op sy hoogste punte iets sou wil oprig wat wêreldse wins inbring, sou daar dadelik deur die rein geeste voor gesorg word dat so `n inrigting binne `n kort tydjie verdwyn. So word `n soortgelyke plek deur sy geeste suiwer gehou. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205