4. Wese en oorsaak van die gletserlig.
Waarom is berge vervolgens nie almal ewe hoog nie? Dit het die volgende rede. Die hoë bergtoppe moet ook die boonste lugstreek noodsaak om saam te draai met die rotasie van die aarde. Sou daar teveel van sulke hoë berge op aarde wees, dan sou dit, met verloop van tyd, `n byna voortdurende toestand van rus in die dale veroorsaak, omdat die boonste luglaag gedwing word om teveel saam te beweeg. Omdat daar egter maar min van sulke magtige berge is, word die boonste luglaag ook maar op weinig plekke genoodsaak om met die rotasie van die aarde saam te beweeg. Die lugsfere word deur sulke bergspitse, wat ver van mekaar af staan, dan na alle kante in `n werwelende beweging gebring. Ongeveer net soos wanneer jy `n stok vinnig deur die water beweeg, waarby die stok waterdeeltjies weliswaar met hom saam voortdryf, maar aan weerskante baie kringe en golwe vorm, wat hom baie langsamer agter die stok aan beweeg en wie se golfies dan weer die aangrensende waterdeeltjies in beweging bring. Die kringe is werwels in die water, wat dit tot diep na onder in beweging bring en die golwe beweeg die hele oppervlakte. So kan die beweeg van `n stok deur die water, na `n kort tydjie selfs `n groot vywer in beweging bring.
`n Tweede rede waarom daar maar net `n baie klein deeltjie van die berge so hoog die lug insteek, hang saam met die sogenaamde gletserlig.
Hierdie lig is van `n positiewe elektromagnetiese aard en word voortgebring deur die voortdurende wrywing van sulke bergtoppe met hulle omringende lug. Dit is `n verskynsel met `n groot nuttige werking. `n Korrekte verdeling van die elektromagnetiese fluïdum is `n besliste noodsaaklike voorwaarde vir die natuurlike lewe. As daar teveel bergtoppe in een of ander land sou gewees het, dan sou hulle die voorgenoemde fluïdum heeltemal opgebruik het, dat slegs weinig na die vlaktes gelei sou kon word. Was hierdie hoë bergtoppe egter gladnie aanwesig nie, dan was niemand daar benede wel seker van hulle lewe nie, maar die gevaar sou voortdurend bestaan om daar deur die weerlig getref te word. As iemand hierteen sou inbring: “Wat se nut het die uitgestrekte vlakland nou van die elektromagnetiese waaksaamheid van die Grobglockner, kan `n mens antwoord: Hierdie gletserberg lê so korrek bereken op sy plek, dat – as hy slegs `n uur van sy pos sou kon wyk - hy geen enkele gletser meer sou gehad het nie, maar slegs `n kaal klipberg sou word. Hy is `n gletserberg, omdat hy homself op daardie punt bevind waar hyself, vanaf die noordpool tot by die suidpool, `n elektromagnetiese stroom uitstrek. Hierdie hoofstroom loop weliswaar by alle gletserberge van Tirol en Switserland, maar daar waar die Grossglockner hom bevind, loop nog `n oostelike syarm. Van hierdie lewens-troom neem hy soveel op, dat hy daarmee alle landerye met die medehulp van ander gletserberge genoeg beheers om hierdie weldadige werking, nie net oor Europa nie, maar ook nog oor `n deel van Afrika kan uitstrek. Waar die groter vlak lande van Europa geen gletserberge het nie, loop daar oor hulle geen stroom van betekenis heen nie. Vir minder belangrike strominge is daar in verhouding oral genoeg kleiner berge, wat die beste in staat is om kleiner hoeveelhede elektriese strome te reguleer.
Nou kom daar nog `n derde rede by: Net so goed as elke menslike of dierlike liggaam, ja selfs bome en plante ekstremiteite moet hê om hulle met die buitewêreld in verbinding te kan stel, moet die aarde dit ook hê. En dus is die gletserberge die oë, ore en hande van die aarde, waardeur sy tydens haar reis om die son in die groot sonnegebied allerlei kontakte moet lê, in die eerste plek die belangrike kontak van die sien, want julle mag aanneem, dat die planete sekerlik nie hulle baan blind deurloop nie.
Ten tweede moet die aarde daardeur, die harmoniese vrugte van die groter beweginge van ander hemelliggame opneem, en ook die beweginge van die eter, van die lig en van ander strominge op haar eie oppervlakte. So moet sy dus met haar ekstremiteite die regte aksies verrig om self haar beweginge te reguleer en daardeur ook tot die reëlmatige beweging van ander hemelliggame bydra.
Ons het die natuurlike nut van hierdie berge kortliks uiteengesit. Dink egter nie dat dit alles is nie, want elke genoemde rede het nog meer nuttige gevolge. Maar hoeveel natuurlike, nuttige werkinge so `n berg ookal uitoefen, tog weeg `n enkele geestelike werking ruim op daarteenoor.