Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

2. Die suidpool

Die aarde moet `n bewegende krag in haarself hê, sodat sy nie geleidelik aan stil sal bly staan nie. Dit alles moet `n mens eers met sy natuurlike oog beskou, voordat mens die hele beweging sisteem van die aarde, net soos ook van alle ander hemelliggame, geestelik kan begryp.

As alle verskynsels op hemelliggame soos die aarde, berus op `n teenoorgestelde polariteit, hoe sou sy dan ooit korrek beoordeel kan word, as die fundamentele sleutel by die beoordelaars ontbreek? Daarom gee Ek hier natuurlike en geestelike mededelings oor die tweede of teenoorgestelde pool van die aarde, wat `n mens suidpool noem.

Hoe gebeur dit dat die noordelike helfte van die aarde meestal uit vasteland en die suidelike helfte meestal uit water bestaan? As `n mens hierop let, dan is dit te begryp, dat alleen die noordpool aantrekkende krag en die suidpool afstotende krag moet hê. Deur die noordpool ontvang die aarde haar voedsel, verteer dit in haar sentrale organe en lei die afval deur die afvoerkanaal via die suidpool na buite.

Hierdie afval word dan periodiek daar, soos die lava uit `n vulkaan, dan net baie vloeibaarder, na buite gewerk, waar dit dan gedurende die tyd wanneer hierdie suidelike poolstreek ontdooi, deur die steeds aanrollende vloedgolwe wegspoel en deur die aantrekkingskrag van die noordelike helfte van die aarde so langsamerhand as materie met die vasteland verenig word; dit is ook die rede waarom daar, in die suidelike gebied, voortdurend groot lugstrominge, asook onder- en bo-waterstrominge in alle rigtings plaasvind.  

Volgens die graadmeting van die aarde begin daar `n land op ongeveer die 79ste graad, wat ongeveer dieselfde is as wat die oues 'terra incognita' (aarde wat verborge lê) genoem het. Hierdie land is tot by die pool op verskeie plekke diep onderbreek met water en dus lyk hierdie land rondom die suidpool soos `n band, wat sewevoudig afgesny is en waarvan die stukke afsonderlik van mekaar om `n pool lê. 

Hierdie land word gevorm deur sewe kraters; dit is `n belangrike verskil met die noordpool, wat slegs een krater het. Die suidpool is nie omgewe deur ruwe ys- en rotsklippe soos die noordpool nie; haar omgewing kan bedink word as bestaande uit groot, half ingedrukte koeëls, wat ten dele bestaan uit `n sekere kalk-massa, maar merendeels uit ewige ys.

In die middel is `n groot krater, waarin twee spiraalvormige windinge in `n groot tregter uitmond; ses klein, kraters wat ook soos ingedrukte koeëls lyk bevind hulle daarom heen, wat hulle mondinge in `n horingagtige buiging na buite van die hoofkrater afgewend het. Die deursnee van die hoofkrater bedra 50 Duitse myl.* Die tussenruimte is gemiddeld 10 Duitse myl en die deursnee van die kleinere kraters is 30 Duitse myl, sodat dit saam rondom `n kring van `n 40 myl deursnee vorm. *(1 Duitse myl = 7,42km.) 

Hierdie streek is baie arm aan lig, want die poollig wat mens aan die noordpool sien, kom maar selde hier voor, omdat die lug hier baie meer stikstof bevat as suurstof. Ook is die gebied baie newelagtig (mistig). Daarom is die suidpool nog baie kouer as die noordpool, waardeur die ys by die suidpool baie hoër reik as by die noordpool.

Die suidpool steek baie myle bo die seespieël uit. Hy lyk daardeur soos `n hoë, geleidelik stygende, afgestompe berg en gee die aarde meer die vorm van `n peer** as die van `n appel. Vir die ronde vorm van die aarde maak hierdie hoogte van nouliks 20 (Duitse) myl nie baie uit nie, maar wel sal elke ander berg op aarde soos `n dwerg daarteenoor lyk. 

**(`n Nuwe verklaring van die wetenskap bevestig die peervorm van die aarde by die ondersoek van die laaste geofisiese jaar. Hierdie ontdekking word moontlik gemaak deur die meet metode van `n satelliet van die V.S.A deur middel van `n besondere radarsisteem.)

Waarom het die middelste krater die dubbele spiraalvormige gedraaide uitmonding? Hierdie dubbele uitmonding, wat homself steeds verwyd, uitgaande van die middelpunt van die aarde, is te vergelyk met die derms wat van die maag uitgaan. Dit is as`t ware die hoofkanaal, waardeur die negatiewe magnetiese fluïdum (gasse,) soos `n golwende vuurstroom met groot elektriese snelheid, na buite gebring word. Bereik hierdie dik dampende krag die oppervlakte, langs die Iang spiraalvormige windinge, dan word hy ver in die omgewing van die eter sigbaar as `n walmende vuilgeel vlammelig. Omdat hierdie vuurstroom na buite gestoot word in die daaraan weerstand biedende eter, word die aarde, deur hierdie onophoudelike drywe langs die skroefvormige windinge, gedwing om haarself daagliks om haar eie as te draai, watse dwang sy self veroorsaak het. Dit is dus die werking van die hoofkrater.

Nou gaan daar vanuit die middelpunt van die aarde talryke porie-agtige gange van die hoofkrater na die ses newe kraters. Hulle neem die growwer dele op, soos byvoorbeeld rook, wat hier baie materieelagtig en intensiewer is as by die noordpool en tewens word ook hierdie neerslag en dampe, wat deur die proses ontstaan het, met groot krag uitgestoot. As dit alles die oppervlakte in gloeiende toestand bereik het, dan word hierdie gloeiende massa deur die bekende krater openinge konstant in `n noordelike rigting in die see afgevoer, waardeur `n onophoudelike gekook, gebruis en dampe ontstaan. Sodat hierdie gloeiende massas kan terugstroom na die noordpool, het hierdie kraters die reeds vooraf genoemde horingagtige buiging. 

Wat is die praktiese werking van dit alles?

Om dit te begryp dien `n klein voorbeeld. Deur die ontsteek van die kruit in `n vuurpyl vorm die uitstromende lug een steeds verlengde suil en as die lug voortdurend uit die vuurpyl sou stroom, sou die vuurpyl ook steeds aanhoudend opstyg. Die aarde is nou so `n aanhoudende deurvlieënde vuurpyl. Om dit te begryp moet `n mens weet dat Ek die aarde so opgestel het, dat sy nie harmoniërend met die son-ewenaar staan nie, maar haar min of meer skuins deursny.

Ook die son het net soos die ander hemelliggame haar positiewe en negatiewe pool, wat ook presies dieselfde werk. Daardeur stroom uit die sonkrater, wat natuurlik groter is, ook voortdurend soortgelyke stowwe as uit die aarde. As hierdie twee uitstromings mekaar nou in eteriese wisselwerking ontmoet, dan moet die swakkere meegee.

Die uit die ses kraters uitgedrewe eterstroom stoot dan teen die van die son en ten eerste bly die aarde daardeur op die regte afstand van die son. Ten tweede, omdat deur die rotasie van die aarde, die ses kraters beurte maak om onder die groot son se eterstroom te kom, word daardeur die draaiing van die aarde deur die son gereguleer en het sy `n golwende beweging.

Dit gebeur daarom, sodat die aarde haarself nie te ver van die son sal verwyder nie, nóg te naby sal kom; want as die stroom van die aardkrater reëlmatig teen die sonstroom stoot, word die aarde verder van die son af weggedruk; maar as deur die rotasie van die aarde die stroomsuil uit die aardkrater die stroomsuil van die son verbygaan, dan val die aarde weer so lank na die son terug totdat die stroomsuil van die tweede krater die sonstroom weer vyandig tegemoet kom.

Ek het die een pool net soveel aantrekkingskrag as afstotende krag aan die ander gegee, sodat so `n hemelliggaam in `n ononderbreekte slingerbeweging sy baan ordelik kan deurloop.

 

Nou nog een kort, geestelike blik.

Soos wat die noordpool in die bosinlike sfeer deur vredeliewende, deemoedige geeste gevorm word, so word die suidpool gevorm deur geeste, wat juis die teenoorgestelde is. Op die noordpool is alles steil en vol spitse. Hierdie situasie lyk soos `n mens, wat sy arms ver uitstrek, om alles met liefde te omvat en na homself toe te trek. Die suidpool daarenteen is oral knobbelvormig opgeblaas en lyk baie soos die hoogmoed en eieliefde, wat hom bolvormig opblaas en vir niemand toeganklik wil wees nie. Ook die vuur uit die hoofkanaal is niks anders as die uitbreek van skuimende hoogmoed van die daarheen verbanne geeste, wat egter steeds deur `n sterk engelegees in toom gehou moet word.

Nog `n nawoord ter nadere verligting van donker hoeke van die suidpool.

Wat die aantrekkende kragte betref, dit kom ooreen met die liefde, wat steeds na liefdevolle vereniging verlang en wat sy eenmaal gegryp het, nie meer loslaat nie, maar dit geheel en al sag maak soos die liefde self, om daardeur tot die mees innige vereniging in staat te wees. 

Dat dit so is, kan `n mens sien aan `n liefhebbende paar. Hulle druk hulleself so lank en naby teen mekaar as wat moontlik is, en sou daar tussen hulle geen materie soos vel, vlees en beendere wees nie, dan sou die twee geliefdes hulleself tot `n punt verenig; en as geliefdes geestelik heeltemal aan mekaar gelyk sou wees, sou die eenwording strewe na nog groter intimiteit. Daarom is wyse grense in alles en elkeen deur My gestel, sodat ondanks alle liefde, tog die een individualiteit hom nooit teveel met die ander sal verstrengel nie — en hierdie grense is die afstotende kragte in alles en elkeen. Daarom word selfs by die engele in die mees deemoedige hoogste hemel van onskuld, wisseling van toestand in hulle groot liefde toegelaat, om hulle individualiteit konstant te behou; hulle het geestelik `n gesteldheid, wat ooreenkom met ontspanning en moeg word na `n geslagsdaad. En sou dit nie alles volgens My ewige orde so gesteld gewees het nie, dan sou alle vlees en alle gees uiteindelik ten gronde gegaan het; want die liefde in haarself sou geen doel en geen maat gehad het nie. Dit alles sal pas by latere onthullings van die geestelike wêreld, as die hemel en die hel volkome duidelik en helder getoon sal word, naamlik wanneer almal reeds dieper in hulself ingedring sal wees, dit wil sê: Tot in die sentrum van hulle lewe uit My.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205