Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

6. Stryd van die geeste in die natuur.

Dit sal vir julle weldra duidelik word, waarom ons berg `n groot armehuis sou genoem kan word. Gewoonlik hou nog baie aardsgesinde siele en geeste hulle daar in die omgewing van hulle bewoonde planeet op wat vroeër tydens hulle aardse lewe daar gewoon het. Hierdie geeste is dikwels vol ergernis, boosheid en wraak, omdat hulle hulle tydelike goeie lewe moes verlaat het en hulle wil hulleself daarom wreek. Hoewel hulle die aarde nie kan sien nie, - geeneen van hierdie geeste kan iets sien van wat buite hom is nie, maar slegs wat in hom is - tog weet hulle, langs die weg van die innerlike ooreenkomstige, baie presies waar of in watter streek van die aarde hulle hulleself bevind. Omdat hulle as geeste met die natuurlike potensies in verbinding staan, verenig hulle hulleself daarmee om die aarde skade toe te bring. Omdat hulle in hulle geestelike toestand weet dat so `n bergreus nuttige werk vir baie landerye doen, hou hulle hulleself baie graag in sy nabyheid op. 

Let net op hoe daar uit die klowe van die rotsmassas, wat hulle rondom hom opstapel, donkergrys wolke dikwels skielik opstyg. Wanneer hulle bo die kruin van die hoogste bergtoppe opgestyg het en ons Grossglockner sien, trek hulle hulleself meestal dadelik weer terug en is dikwels, nieteenstaande sulke hewige winde, nie uit hulle skuilplekke te kry nie. Hierdie verskynsel is `n sekere teken van die aanwesigheid van sulke kwaadwillige geeste en wel in verbinding met die natuurgeestelike potensies. Kyk jy nou verder opwaarts na die wit vlaktes van die gletsers, dan sal jy daar net so byna voortdurend wolke en newels ontdek wat nagenoeg verblindend wit is. Dit is ook geeste, maar dan goedaardige geeste. Die hoogs swewende van hulle is beskermende engelgeeste, terwyl die meer in die diepte van die gletsers swewende newels, wat gewoonlik reglynige wolke vorm, nog nie heeltemal ryp is vir die hoogtes nie. Eers deur troue waaksaamheid en baie stryd teen die bose geeste moet hulle ryp- en geskik gemaak word om op die hoogtes te werk.

As julle in hierdie streek dae lank na die spel van die newels sou kyk, sou dit nie in julle opkom, dat tussen hierdie lugtige potensies ooit `n ernstige stryd sou kon ontstaan nie. Wie egter tyd sou hê om af te wag totdat dit werklik tussen hierdie ligte potensies tot `n stryd sou kom, hy kan seker daarvan wees dat hoor en sien, tydens die stryd, sou vergaan het van louter angs. 

Wat is gewoonlik die aanleiding tot so `n stryd? Kyk, die bose geeste koester steeds die wraakgedagte dat hulle hierdie bergtroon `n keer sou kan bemagtig, om dan van hieruit onheil na alle kante te kan uitstrooi. Dit is die rede waarom hulle in hulle diep skuilplekke saam groepeer en klein uitstappies maak om te sien hoe dit met die besetting van die troon staan. Merk hulle op dat dit taamlik leeg is daar, dan verbrei hulle daardie berig met die snelheid van `n gedagte. En waar daar ook maar `n bergtop met klowe is, sal groot massas donkergrys wolke dadelik daaruit opstyg.

As die hemel voor dit helder was, dan is sy dikwels binne enkele minute se tyd gehul in digte heeltemal swart wolkemassas, wat skynbaar doelloos heen en weer trek, sodat die wagters van die troon daardeur op `n dwaalspoor gebring word. By so `n geleentheid is die Grossglockner gewoonlik dan in `n kort tydjie weer wolkvry en newelvry. Want sodra die wagters so `n plan van die bose geeste bemerk, trek hulle hulleself saam en verberg hulleself in die binneste groot kristaltempels van hierdie berg.

As die hoofaanvoerders van die bose bende nou sien dat die troon nie beset is nie, beveel hy sy troepe dadelik om hulleself so hoog moontlik te verhef en booor die troon te val om alles in die binneste vertrekke gevange te neem en te verdruk.

Op hierdie bevel stort die grou gespuis nou met `n ongelooflike snelheid hulleself oor ons Grossglockner heen. By so `n geleentheid word dit dan in sy omgewing selfs midde in die dag volkome donker. Daarby gebeur dit nog dat dit baie stil word, omdat die bose geeste nou van mening is dat hulle eindelik gewen het. So `n rustige toneel duur egter op sy meeste sewe-en-sewentig minute. Na hierdie tyd sal `n mens opmerk, dat digte wit wolke uit die yssplete begin op te trek. Hulle brei hulle in `n kort tydjie onder die swart wolke uit en begin dan ongemerk op te styg. Daardeur dra hulle die swart gespuis steeds verder boontoe op hulle rug. As hulle egter hulle gedwonge opwaartse styging bemerk, maak hulle gou op verskillende plekke openinge en laat die wit wolke verbygaan. Dit bemerk die geeste van die wit wolke wel; het hulle dan bo die swart gekom, dan brei hulle hulleself daarbo baie vinnig soos `n net uit, dikwels wel baie myle ver en hulle neem die hele leër van donker geeste gevange. As die bose aanvoerder die berig ontvang dat die wit geeste hulle volledig omsingel het, dan word hy rasend.  

Hy begin al sy troepe te konsentreer om daarmee met geweld deur die wit massas heen te breek. Hierdie oomblik is die eintlike begin van die stryd. Nou kan jy eers `n vreeslike geraas en woede hoor in hierdie swart wolkmassas. Dit ontstaan deur die saamdring van die geeste in hulle toenemende woede. Hoe meer hierdie bose geeste egter vergeefse pogings aanwend om die boonste te vernietig en deur hulle heen te breek, des te meer word hulle deur hulle verdruk. In hierdie posisie begin die onderste geeste hulleself in hulle woede te ontsteek. Dit gee weldra so `n vurige toestand, dat die hewigste weerlig flitse met `n vreeslike verskeurende geknetter na alle kante, na bo en na onder skiet en om die na onder drukkende wit massas te verjaag; boontoe om sy hoofleier te vernietig en na onder om die hoë troon te vernietig. 

Maar as die geeste van die wit wolke merk dat die ammunisie van die onderste vyandelike bende as`t ware op is, dan pak die wit geeste die swartes plotseling beet en stoot hulle so vas teen mekaar aan, tot die digtheid van `n klip, en slinger dit dan met groot heftigheid na onder die diepte in. Vir die grootste deel beland hulle op die wyd uitgestrekte ysvlaktes van die troon self, asook in die verdere omgewing, maar steeds in kleiner stukke en ten slotte val hulle as hael na onder.

As die swartes op hierdie manier oorwonne op die grond lê, dan laat die wit geeste nog `n reën, wat uit al die vredesgeeste bestaan, oor die oorwonnes na onder val. Sy self los haar op in `n snydende koue wind en bind daardeur die oorwonne vir lang tye aan die vroeër ys van die troon. Daardeur kom die bose wesens weer tot rus en langsamerhand besin hulle hulleself gewoonlik weer en kom mettertyd tot beter gedagtes. Gebeur dit, dan word die ysige band weer tot stromende water en vir die verdeemoedigde gees word dit weer moontlik gemaak om van sy vryheid gebruik te maak. Verbeter hy homself, dan word hy weldra in die laagste rye van vredesgeeste opgeneem. Verbeter hy homself egter nie en neem hy weer deel aan `n nuwe aanval - wat helaas meestal die geval is - dan word hy op dieselfde manier opnuut gevange opgeneem, maar elke keer langer in gevangengskap gehou. -

Om nie te uitvoerig te word in die verslag oor hierdie berg nie, wil ons nog slegs twee punte van naderby beskou en dan vinnig tot die religieuse deel oorgaan, wat verreweg die belangrikste is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205