2. Oor aardskokke en weerverskynsels.
Daar bestaan `n direkte samehang tussen die ontstaan van die voorgenoemde aardklowe en breë splete en die droogword van fonteine en waterputte, asook die terugtrek van seë en mere. Want voordat so `n geweldige aardskok ontstaan, versamel die geeste, wat hulle eers weer in groot troepe menigtes, van die wêreld teruggekeer het. Hierdie versameling van geeste op bepaalde punte van die aarde maak hom as volg kenbaar vir die menslike verstand:
Deur die saamkom van die water met minerale volg in `n sekere sin `n chemiese reaksie, wat `n mens as gisting aandui. Daardeur ontwikkel verskillende gasse wat `n uitweg soek. Kom hulle dan in `n leë, hol ruimtes, dan word die spanning langsamerhand so groot, dat die daarbo bevindende aardkors opwaarts gaan. Hy kry daardeur splete, wat, as dit aanhou om op te rys, ten slotte klowe en afgronde vorm. As die gasse op die manier, wat hulle onderaards versamel het, nou deur klein splete tot die groot waterreservoirs deurgedring het, vul hy langsamerhand, opstygend deur die water, die oppervlakte daarbo soseer op, dat hierdie water, waar alle onderaardse bronne meestal vandaan kom, sy verbinding met die boonste are verloor en die buitenste aardkors dan ook dikwels honderd-en-vyftig, tweehonderd, ja ook wel byna vierhonderd meter hoër word. By hierdie geleentheid hou alle bronne wat daar ontspring dan natuurlik op, net so word ook die waterputte dan drooggelê. En die see, wat steeds in verbinding met hierdie onderaardse waters staan, en ook ander groot mere sal van hulle oewers terugwyk; dit moet natuurlik gebeur, omdat die groot waterreservoirs deur sulke komende gasse, wat daar tussenin kom, geskei word van die boaardse waters. Hierdie verskynsel lyk so vir die oog, dus vir die sintuig van die verstand, maar in werklikheid gebeur dit anders. Wanneer, deur die wilde dryf of drifte van die versamelde geeste, ook die nog sluimerende geeste in hulle rus gesteur word, dan word `n vredesengel gewoonlik daarheen gestuur. Hy open in die binneste van die aarde die splete (kanale) van die groot waterreservoirs na die plekke, waar die geeste in hulle dodelike drif heftig teenoor mekaar staan. Die in die water verborge vredesgeeste probeer nou sulke bose byeenkomste te kalmeer en hulle versamel hulle deur die voortdurende toevoer van groot massas water. En wat vroeër van die gasse vertel was, dit is die oormag van die vredesgeeste, wat daartoe gedwing deur die engel, uit die water getree het om die woedende helse geesteshordes te kalmeer. As dit nie help nie, dan trek die engel `n streep deur die rekening van die grimmige geeste en alles op die plek word in die kleinste deeltjies verbreek, waar nog ongebore geeste dig op mekaar gepak woon.
Die losgekome, gloeiend geworde geeste laat dan nou ook die dikwels myle ver versamelde vredesgeeste ontbrand, wat in natuurlike taal 'gasse' heet en die ontbrandingsoomblik is dan ook die oomblik van die aardskok.
Welke gevolge so `n ontbranding het, is aan elkeen bekend. Omdat dit egter nie te dikwels voorkom nie, wat mettertyd `n totale vernietiging van die aarde sou kan beteken, is daar voortdurend werkende woede-afleiers vir die helse geeste op aarde geplaas, waardeur water voortdurend na die gloeiende plekke gelei word. As daar ook versamelings van sulke reeds bekende gasse ontstaan, word hulle as rook deur `n skoorsteen afgevoer, sonder dat daar belangrike verwoestings plaasvind. Die mense moet eintlik nie so naby hierdie plekke gaan woon nie, omdat daar noodsaaklikerwys tog altyd groter of kleiner verwoestings moet plaasvind.
In geestelike opsig is die vulkane maar net toorn- en woede-afleiers van die hel in die binneste van die aarde. Hulle het onderaards baie duisende gange en uitmondings, dit lyk baie soos die wortelvertakkinge van `n groot boom.
Waar die vulkaangange egter nie toereikend is nie, vind verhogings dikwels plaas, veroorsaak deur die versamelde, vrygeworde geeste. Om egter `n geweldige verwoesting te voorkom, word daar in die lae dele van die aarde, asook in baie bergklowe openinge deur `n tweede engel gemaak. Hierdeur stroom die nie-ontstoke gasse dan as hewige winde en storm oor die oppervlakte van die aarde.
Sulke openinge word byna daagliks gemaak en aan die daal en styg van die barometer kan mens die voortdurende opeenhoping van sulke geeste goed bemerk.
Daal hy, dan omstaan `n onderaardse opeenhoping. Die aardlaag gaan met die kors opwaarts. Daardeur word die mense tesame met hulle stede, berge en strome langsaam aan hoër in die ligter luglae opgedruk. En omdat die lugdruk op die barometer daardeur steeds kleiner word, gaan dit omlaag.
Word `n goed berekende uitgangspoort dan vir die vrygeworde geeste ('gasse') gemaak, dan stroom hulle geleidelik na buite. Daardeur sink die aarddele egter weer na hulle vorige posisie terug en in gelyke mate begin die barometer weer te styg, waar die lugdruk weer swaarder word.
Die (uit die water) vrygeworde (vredes-)geeste verenig hulleself baie spoedig met die geeste wat uit die vrye sfeer van die lig kom. Hulle trek mekaar wedersyds aan en verbind hulleself langs gereelde sigbare, maar meestal onsigbare sogenaamde elektromagnetiese weg, wat eerder die 'natuur-liefdesweg' genoem kan word; hulle val dan as reën, hael of sneeu neer en maak die aarde vrugbaar. Tussen reën, hael en sneeu is maar baie klein verskille, wat deurgaans dieselfde oorsaak het. By die hael het meer bose, ongebore geeste hulleself gewoonlik ook nog by die vrye watergeeste gevoeg. Sodat hulle geen verdere verwoesting sal aanrig nie, word hulle dadelik deur die geeste uit die water gevange geneem en gebind en so, van sy woede bekoel, as hael weer na die aarde gewerp. Daarom val so `n haelstorm gewoonlik met meer hewigheid neer as een of ander reënbui of stormwind. Dit is ook te sien aan die wolke wat deur `n storm heen en weer vlieg, wat as opeenhopinge van bose geeste deur die mag van die vredesgeeste saamgedryf word. Ook probeer die bose geeste om hulleself duidelik kenbaar te maak deur `n verontwaardigde raserigheid, weerlig en deur donderslae. As hulle die aarde bereik het, dan word hulle deur die sag geworde materie opgeneem en die vredeliewende watergeeste word weer los van hulle vaste korrels. Al het so `n haelstorm hier en daar skade aan die gewasse aangerig, tog moet `n mens nie te swaar daaraan kou nie. Want hierdie skade staan nie in die minste in verhouding tot dit, wat sou ontstaan het, as die vredesgeeste nie volgens My wil, die hand so aktief gelê op die 'ontydige' versteurders van die wêreld. Hulle sou andersins dadelik in hulle vryheid ontbrand het en dan sou die aarde vergaan het soos `n groot hoop buskruit.
Wees daarom in die toekoms ook nie so angstig as jy so iets sien gebeur nie. Want alles wat gebeur, geskied uit liefde vir die mense. En word ook iemand `n bietjie verdienend gestraf, weet dan dat Ek; die alleen goeie Vader, My kinders maar net uit liefde tugtig.
Net soos dit in geringer mate met die hael wat geval het, gaan, so is dit, maar dan langer durend, ook die geval met die sneeu en die ys. Want hoe noordeliker `n punt van die aarde lê, des te sluwer en boser is die natuurgeeste wat daar aanwesig is.