Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Hoofstuk 5

 Aardbewings

1. Aardbewings en hulle oorsake

Daar is baie belangrike en minder belangrike natuurverskynsels, waarvan die natuurwetenskap nie die oorsaak ken nie. Daartoe behoort byvoorbeeld die noordpool magnetisme, die noordlig, die weerlig, die vorming van die wolke, komete en vallende sterre. Verderaan die vorming van kristalle, die oorsaak van eb en vloed (hoog- en laaggety), swaartekrag en baie ander verskynsels. Daartoe behoort die trillings van die aarde ook toegereken te word en die langer durende trillings en skokke, welke geweld dikwels hele streke in weinige sekondes ten gronde rig. Tot die groot natuurverskynsels behoort ook die bergverskuiwings, aardlawa en dikwels ook die versinking van hele berge en eilande en die uitbreek van rook en vuur uit die klowe van die binneste van die aarde. 

Hier sal ons maar net die wese van die aardbewing en die aardskokke en trillings van naderby belig. Eers moet ons vasstel dat `n aardbewing geen eie op sigself staande verskynsel is nie, maar steeds die gevolg is van `n op `n bepaalde punt van die aarde ontstane skok. Dit ontstaan op die volgende manier:

Diep in die binneste van die aarde is daar telluriese (behorende aan die aarde) ingewande-organe. Daar is in alle dele van die aarde, tot by die middelpunt, massas eens gevalle geeste verban, vir wie `n sekere tyd gegee is, totdat hulle weer in die lewe geroep sal word. As `n mensegeslag nou op aarde te sinnelik en materieel word, dan tree hulle geeste, na die dood van hulle liggame, weer in die diepte van die aarde terug en bly daar geketting soos tevore, voordat hulle gebore was. As dit lank duur, dan word so `n punt in die binneste van die aarde langsamerhand oorlaai. Hierdie geeste begin dan in hulle bose begeertes te dring teen mekaar op te vryf en te ontvlam. Daardeur word die geeste, wat nog nooit in `n liggaam gebore* was nie, ook uit hulle toestand van rus opgewek. Hulle breek hulle klein gevangenis met geweld oop en storm in hulle opwinding met magtige vuursuile op die ander geeste af om hulle te vernietig. *(Natuurgeeste)

Daardeur ontvlam die geeste wat weer teruggeval het, nog meer, want hulle dink dat so `n vuur die sogenaamde vuur van die hel is en `n straf van God en dan ontvlam hulle in woede teen My en wil My, alle engele en die hemel verwoes en vernietig.

Dan word `n engel na hulle toe gestuur, wat vrede en rus moet bring. Dan open hy die sluise van `n onderaards waterreservoir en rig die water op daardie punt van die aarde, waar alles van woede gloei. 

As die water, met sy vredesgeeste, nou so `n plek bereik het, tree hierdie geeste uit hulle ligte omhulling, ontbrand teen die bose saamgeskoolde bendes en tugtig hulle met die vuur van vrede.

Daarby verdamp die water en bewerk `n geweldige skok deur sy skielike uitsetting.

Wat dan juis bo so `n punt is, berge, stede, dorpe en gehuggies, word deurmekaar gegooi en geskud.

Daardeur ontstaan binne nuwe splete en klowe in die aarde, wat dikwels tot by die oppervlakte loop en na die klowe toe laat die ongebore natuurgeeste hulle dan, saam met die vreedsame watergeeste, tot die verdere vorming deur `n engel heenlei. Die bose, gevalle geeste egter, wat al eens gebore was, bly dan enigsins tot rus gebring agter in die modderpoel, wat op hierdie manier ontstaan het. 

Dit is nou die eintlike oorsaak van so `n aardskok. Wat die trillings egter betref, wat algemeen met 'aarbewing' aangedui word, - dit is niks anders as die oopmaak van die sluise en die nood­saaklikerwys val van die water en veroorsaak klein trillings in die aardlae, wat ten dele so `n bekken omgewe; vir `n ander deel word hulle ook uit hulle ewewig gebring, omdat, ten eerste deur so `n hoër krag, die lae onder die bekken tot by die onvaste punt, met geweld geskei word en ten tweede ook, omdat hulle deur die baie pynlike swaar val van die watermassas, in `n langdurige trilling bly. 

Die sogenaamde nabewings na sulke aardskokke is die gevolg van die terugtrek van die watergeeste en die ongebore geeste in die verskillende nuwe splete en klowe van die aarde in. 

Want die aarde is daarom geskape, omdat sy `n gevalle geslag van geeste in haar ingewande sal dra, tot die uiteindelike wederopstanding tot `n vry ewige lewe in en uit My.

Solank daar maar ook `n weerspannige geslag (saadlyn) êrens op aarde leef, so lank ook sal sulke verskille steeds meer voorkom, namate die mensegeslag (menslike saadlyn) sinliker word en God meer vergeet.

Hoewel sulke verskynsels natuurlike gevolge is, moet mens dit tog nie maar net as sodanig beskou nie. As dit geen doel gehad het nie, sou Ek dit maklik kon verhinder het. Maar, omdat dit `n doel dien, wat uit My wysheid en liefde voortkom, daarom doen hulle meer diens as waarskuwende bodes, op die plekke waar die mense is, wat nouliks nog iets van My af weet. Sulke bodes sê dan vir die mense wat My vergeet het, dat Ek nog nie gesterf het nie; maar nog in al My mag en krag bestaan. En omdat Ek maar net `n klein wenkie hoef te gee, kan daar daarom op sulke plekke ook iets dergeliks gebeur.

Want sien, op `n diepte van 20 000 vadem, ja, hier en daar wel by 2 000 vadem diepte, is die land Stiermarken byvoorbeeld deur en deur ondermyn deur groot, diep waterbekkens. En daarom rus sy berge sowel as die vlak land as`t ware drywend op die oppervlakte van die onderaardse waters; hy word hier en daar deur klipmassas, soos groot pilare, met die binneste van die aarde verbind.

Dit is dus maar net nodig om nog meer van My wese te vergeet, en wat nou al in hoë mate ingetree het - en dan kan `n mens daarvan verseker wees dat Ek ook hier in staat sal wees om `n nog groter elementêre skouspel te laat sien. Maar Ek sê: Wee die mense, wat My noodsaak om met sulke verskynsels te werk. Hulle sal wel `n tweede skepping afwag, voordat hulle weer `n weg tot `n nuwe proef van lewe in vryheid gegee sal word.

Soos dit alles in My werk, volgens My ewige raadsbesluit, gaan, so val daar ook geen druppel uit die wolke, waaroor daar nie vooraf gedink is nie. En glo My, as Ek reën na benede stuur uit die hoër gebiede van die wordende lewe uit My, deur die streke van die lig, dan hang die instandhouding van die aarde, ja van die hele Heelal, feitlik af van die eerste druppeltjie, wat nouliks `n sandkorreltjie vogtig maak. 

Dit lyk haas onwaarskynlik, maar Ek sê: As hierdie druppeltjie nie op die bepaalde tyd juis hierdie sandkorreltjie sou bevogtig het nie, dan het die gees, wat in hierdie korreltjie verban en woedend geword het, die korreltjie laat uiteenspring en het daardeur, die geeste wat hom omring, tot `n soortgelyke handeling opgewek en hulle weer hulle bure, ensovoorts, tot by die laaste stofie van die aarde. En `n mens kan daarvan verseker wees, dat die hele aarde die volgende sekonde in vernietigende vlamme en rook sou opgaan. En net soos wat die een sandkorreltjie hier, die volgende tot vernietiging sou opgewek het, so sou die een aarde die ander wek en die een son die ander, ensovoorts, tot in die oneindige en dit sou in `n oomblik gebeur. 

Maar `n vogtig geworde korreltjie sand sal nie ontbrand nie en dan sal daar dus geen vernietiging intree nie.

Niks hang van die blinde toeval af nie, maar dit alles is al van ewigheid af baie presies deur My bereken en uitgemeet. En sou dit vir `n mens of selfs `n engel moontlik wees om een verandering daarin aan te bring, en sou My ewige sorg ook maar vir `n oomblik nie saamwerk nie, dan sou `n mens ervaar wat se vernietiging net een sonstoffie, wat buite die orde getree het, tot gevolg sou hê.  wenden

Ek sê vir u: Die swaartepunt van `n sentraalson hang in sy ordening van sy omwenteling, ten nouste saam met `n onsigbare stoffie. Want My ordening is so goed bereken en My blik is so presies op alles gerig, dat vanaf die allergrootste tot die allerkleinste die één bestaan om juis die ander in stand te hou. Alles is so ingerig, dat dit ewig kan bly bestaan, as die vrywillige boosheid van die mense My ewige orde nie sou versteur nie; en omdat hy wilsvryheid het, mag Ek niks in sy weg lê nie, omdat die vrye wil van net een mens, al vir My oneindig baie hoër staan as `n hele songebied met al sy planete, mane en komete.

Al is die verskynsel van `n aardbewing verskriklik, aan die ander kant is dit tog weer `n seën dat die geheel behoue kan bly. Want as dit nie op die reeds genoemde manier sou gebeur het nie, dan sou daar binne die volgende oomblik, in plaas van die vernietiging van `n klein gebied, die hele aarde vernietig word.

Daarom is Ek in alles, wat die oog en oor kan waarneem nie, niks anders as die ewige Liefde Self. Soos wat die wêreld eens ontstaan het uit die erbarming van My liefde, so bestaan sy ook in My liefde en so sal sy eendag ook geleidelik opgelos word in My liefde. En al is die toorn van My Godheid dan ook die sigbare in die materie, tog sal sy, versag deur My liefde, bewaar word, solank as wat My ewige orde dit noodsaaklik sal vind. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205