Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Hoofstuk 7

Eter, sy gebruik en sy werking

Alle eter werk, soos `n eteriese, spesifieke, baie fyn vloeistof*, verdowend in op die senuweegees, soos wat ook bier, wyn, mos, en meer dergelike vloeistowwe doen: Want daarin is die spesifika van die siel al vryer en meer ongebonde aanwesig as in water en ander ongegiste vloeistowwe. Natuurlik is die sielspesifika in die suiwer eter al byna heeltemal vry en kan sy maar net in `n goed verdigte houer vasgehou word. *(Chemies: anhydride van alkohol, produkte deur distellasie verkry.)

Word so `n eter nou innerlik in verbinding gebring met die liggaamlike organisme, waarin die senuweegees gehuisves word, dan word hy begerig, word deur die aan hom verwante senuweegees opgevang en gebruik om die binneste senuweekamers te versadig.

As hierdie kamers dan skielik onvoorbereid versadig word, blaas sy deur hierdie versadiging op en sy is in so `n opgeblase toestand nie in staat om te reageer nie, nóg by uiterlike verwonding, nóg by die van binne-af ingryping van die senuweegees**. **(Die verdowing-beginsel van narkose.)

Die senuweegees, van sy kant af, kan daardeur nie meer vir die liggaam werk nie, omdat hy deur oorversadiging van hierdie senuweekamers, homself op daardie oomblik buite verbinding met sy liggaam gestel het. Daardeur word die siel vry, omdat sy die senuweegees in sulke tye van oorversadiging van die senuweekamers nie daaraan bind nie. Die sodoende vrye siel is gedurende die tyd van so `n verdowing in die sfeer van die geesteswêreld, waar ook die betreffende menslike hart of gemoed hulleself sal bevind.

Is die siel se gesteldheid goed, dan sal ook die siel haarself in die paradysagtige velde vol saligheid bevind; is die gemoedstoestand egter sleg, dan sal die siel ook, gedurende die tyd van die narkose (verdowing, verstarring), haarself in `n toestand bevind wat met haar gemoed ooreenstem.

Omdat siel en senuweegees hier egter, net soos in die natuurlike slaap, nog met mekaar in verbinding staan en die siel die vorm van wat sy waargeneem het, oordra aan die senuweegees, wat nog met haar verbind is, kan sy dit wat sy in die geesteswêreld gesien het, nog heel goed vir haarself herinner, terwyl sy nie weet wat daar met haar liggaam gebeur het nie.

Uit `n suiwere somnambule-toestand (slaapwandelaar), bring die siel egter geen herinnering saam terug nie, ewe min soos uit `n diep natuurlike droomlewe, omdat sy daar gewoonlik nie in verbinding staan met haar senuweegees nie. Want sy bly in so `n geval wel in verbinding met die senuwees, wat, omdat sy andersins nie versadig word nie en gewoonlik swak is, weldra sonder die senuweegees sou sterf en oplos. Dit sou die absolute dood van die liggaam wees.

By die eternarkose is juis die eter egter die plaasvervanger van die senuweegees, soos die eter by die natuurlike droomlewe, wat in die maag uit die spyse kom. Daar kan die etergees haar wel vry maak en die siel heeltemal alleen ten dienste staan. Vandaar ook die herinnering van die siel aan dit wat sy in die geesteswêreld gesien het*. *(Die herinnering het betrekking op die opname van wat waargeneem was in die brein van die siel, waarby dit baie seldsamer gebeur dat `n verdere oordra van hierdie indrukke op die fisiese brein plaasgevind het en daardeur `n bewustelike herinnering aan die droomlewe volg.)

Daarin lê egter, wat heel maklik te begryp is, die onderskeid tussen hierdie verdowingstoestand deur eter en die sogenaamde magnetiese slaap**, waarin die siel haar liggaam kan beskou, omdat dit nog met die senuweegees verbind is. Dit kan nie die geval by narkose wees nie, aangesien beide dan geen verbinding het met die liggaam nie. **(beswyming, respektiewelik hipnose.)

Die gevolge wat by `n mens na `n narkose kan intree, is dieselfde as die optrede van mense wat in `n gevangenis sit. Hulle begeer niks meer as die vryheid nie, en wie eenmaal geslaag het om die gevangenis deur `n gat te ontvlug en om weer daarin teruggebring te word, sal daarna des te hewiger begeer om opnuut uit die gevangenis te vlug.

Dieselfde behoefte word ook deur die eternarkose in die siel opgewek; daarom sal hierdie begeerte van die siel om te ontsnap, gedurende bepaalde tye, haar onder baie krampagtige toestande herhaal en veral by mense met sterk senuwees, hoewel dit ook wel by mense met swak senuwees kan intree.

Hierteen kan dan die somnambulisme en beter nog `n handoplegging vol geloof, met gebed en vas as genesing gebruik word.

As Ek daarby is, skaad ook die gif van die hel nie, laat staan dan hierdie eter, wat natuurlik goed is en by die korrekte gebruik goed moet wees.

 

Dit alles geld ook vir die verhouding tussen die aarde (of ander planete) en die son, welke hemelliggame maar net vir die natuurlike oog so daar uitsien. Maar wie dit met die oë van die gees sou kon aanskou, sou in plaas van hemelliggame, in elke druppel water, lug en eter ooreenkomstige geeste in allerlei liefdesgrade sien; ja, in `n sandkorrel sou hy hele groepe van gelyk liefhebbende en daardeur gelykgesinde geeste ontdek. En hy sou uiteindelik gewaarword, dat hy self heeltemal volgestop en omgewe is deur geeste, wat in liefde aan hom verwant is: en hy sou ook in die son geeste sien wat aan die aarde verwant is en omgekeerd (natuurgeeste of kragte).

Daarop berus eintlik alle aantrekking en beweging, en ook alle afstotings- en verwerpingskrag 

So trek teenoorgestelde pole mekaar dan aan, omdat die liefde maar net die teenoorstaande kan aangryp, en sy trek dit na haarself toe, vanweë die ‘mooi gelykenis’; vanweë die 'gelykenis', omdat die liefde haarself in die voorwerp sien en 'mooi', -omdat elke voorwerp in sy absoluutheid `n sekere ronding aanneem, wat sy primitiewe wese aangenaam aanraak; want sy bemerk die leemte, waar `n deel van sy liefde hom absoluut gemaak het. En soos wat die primitiewe wese van sy leemte gewaarword, so ondervind ook die absolute wese sy selfstandige onbestendige alleenwees, en rus nie alvorens hy hom weer verenig het met sy eerste begin nie.

Word daar egter aan sulke verenigings bepaalde grense gestel, dan ontstaan polêre daaruit, net so ook geslagtelike verskille, wat tog steeds die behoefte ondervind van eenwording en dat hulle mekaar gedurig wedersyds probeer bereik.

En soos wat die verhouding in die liefde is, so is dit ook in die teenstellinge.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205