13. Die berge as spieël van ons innerlike.
Wat leer die berge ons nog verder? Hulle spreek sinnebeeldig vir die mense wie se beskouing, waaruit elke maar enigsins gewekte beskouer, maklik kan aflei hoe dit met sy gemoed gestel is. Daardeur is die berge `n ware geestelike spieël vir diegene wat hom daarin wil bekyk.
Jy het al gehoor hoe elke verskynsel in die natuur `n diepere betekenis vir die geestelik gewekte mens het. Daarom hoef so `n mens maar net `n blik op `n berg te werp en dan sal hy die geestelike agtergrond van die verskynsels ken, wat hom daar voordoen: Hy kan sien hoe die berg belig is, volkome helder of deur `n blouagtige waas omgewe, ook welke dele van die berg min of meer wasig is of dat daar êrens om die berg `n newel sal opkom, is dit in die diepte, in die middel of aan die top, of wat hom bokant die top van die wolke bevind en van watter soort dit is.
Dit sal hom dan nie ontgaan watse gevoelens van hom heer maak as hy die berg beskou nie: Of dit hom in `n aangename, of in `n weemoedige stemming bring, of hy daarby die vurige wens voel om hierdie berg weldra te bestyg, of dat hy juis `n teenoorgestelde gevoel in hom voel opkom. En ook, hoe hy by die aanblik `n opgewekte moregevoel of tog `n meer vermoeiende middaggevoel of `n slaperige aandgevoel, of `n leë, dowwe middernaggevoel in hom waarneem en hoe lank dit duur nie.
Op dit alles moet `n mens goed let, want dergelike verskynsels en gevoelens kom presies ooreen met die innerlike toestand van die mens wat hy beskou. Maar `n mens moet wel daarop let, dat die gevoelens met die wese van die verskynsels moet ooreenstem. Want die verskynsels op sigself gee nog geen volledige verklaring nie. As die gevoel egter met die verskynsel harmonieer, dan verkondig die berg aan die mense, presies hoe dit met hom gesteld is.
Gaan iemand byvoorbeeld soggens uit en sou hy daar `n berg weliswaar heeltemal duidelik en helder sien, maar dit sou sy gemoed nie opwek nie, maar hom heimlik bangmaak, dan sou die verskynsel nie harmonieer met sy gevoel nie; desnieteenstaande sou die berg tog `n getroue spieël vir die beskouer wees. Want as die geestelike suiwerheid van die berg die gevoel afstoot, sê die berg vir sy beskouer: “Wat kyk jy na my met `n onsuiwer gemoed! Suiwer jou daarom, sodat jy bo jou sinlike wêreldse gevoel opgehef word, net soos ek my verhef het bo die modder van die dale!" In hierdie geval sien die beskouer sy beeld in die spieël van die berge, hoe hy sou moet wees, maar nie is nie!
`n Ander disharmoniese geval sou wees, wanneer `n mens op een of ander tyd van die dag sou uitgaan en `n berg sou sien wat deur duisternis omgewe word, maar daarby `n volkome opgewekte en vrolike oggendgevoel sou hê. Wat moet die beskouer tydens hierdie geleentheid aan die beeld van die duistere berg ontleen? Ons sal die berg enkele woorde laat spreek: “Kyk na my, vrolike wandelaar, in die oggend van jou gevoel. Voordat jy my gesien het, was jy treurig. Net soos by my, omring duistere wolke jou ook. Daar trek geweldige storms oor jou heen en baie weerligstrale wat uit my wolke flits, tref jou. Jy gee nie moed op nie en staan daar soos ekself: `n Sterk rots, onverskrokke en trots teenoor hierdie versoeking. Die storm wat jou dreig om jou te vernietig, verander baie gou in reddende engele en bevry jou van die swaar las van jou nag. Daarom, klein vriend daar in die dal, kyk goed na my beeld wat voor jou staan. Slegs daardeur sal jy in die bestendige oggend van jou gevoel bly, as jy die beeld maar gereeld genoeg voor oë kry, hoe dit eens om jou heen gelyk het, toe jy soos ek gelyk het in die toestand waarin ek nou verkeer. Hierdie storm sal my nie vernietig nie en jy sal my weldra weer helderder kan sien as nou, nou toon ek jou hoe jy vroeër was!
Kyk, dit was twee opvallende punte van die disharmoniese verhouding tussen die verskynsels en die gevoelens! Tussen hierdie twee ekstremiteite kan nog baie groter en kleiner disharmoniese verskynsels voorkom, wat egter almal maklik herken kan word, omdat hulle hulleself nie meer oor die hele gemoed nie, maar slegs oor enkele dele daarvan uitstrek. Die moeilikste is om die totale verskynsel korrek te beoordeel.
Maar wat die harmonieuse verskynsel betref, dit benodig geen verdere verklaring nie. Want waar `n opgeruimde gemoed `n ligte berg ontdek, word hy nog opgewekter en verlang hy na die suiwere hoogtes. As `n verduisterde gemoed egter `n huiweringwekkende verduisterde berg sien, dan word hy nog meer somber en so `n mens verlang sekerlik nie om bo-op die berg te wees nie. As iemand uitgaan met `n opgeruimde gemoed en `n donker berg bring hom in `n slegte stemming, dan is so `n slegte stemming niks anders as `n opwekking van die eintlike toestand waarin die gemoed hom heimlik bevind nie. Die berg toon dan aan die mens wat daar nog alles in sy innerlike verborge is. Dat die hoër berge en veral die gletserberge, soos wat ons Grossglockner een is, natuurlik sulke beelde met nog groter duidelikheid toon as die minder hoë berge, spreek vanself vir diegene, wat dit in oorweging neem, dat die bestemming van `n berg steeds uitgebreider word, namate sy top hom hoër bo die gewone diepte van die hebsug van de aardbodem verhef. Verder word die berge eers belangriker op hulle suiwer bergweiding, omdat alles daar ook meer geestelik word.
`n Plek stem ooreen met die voorwerp waarvan dit `n afbeelding is; dit kan in die gees beleef word asof dit volle werklikheid is. `n Afbeelding moet slegs met groot opmerksaamheid bekyk word, sodat dit die sig dan in die gevoel tot werklikheid kan maak. As dit by iemand gebeur het, dan kan hy baie nuttige lesse daaruit leer.
Dat `n egte berg beter daartoe geskik is, hoef wel geen betoog uit te lok nie.
Ons het nou nie net die Grossglockner in al sy dele en werkinge beskou nie, maar wat hier geskilder was, geld na verhouding vir alle berge. Maar in die besonder moet die berge in die menslike hart hieronder verstaan word. Dit moet met die werklike vergelyk word, sodat `n nuttige inwerking in die hart ontstaan. Dink goed daaraan en handel daarvolgens, dan sal die innerlike seën van die berge net so oor julle uitgegiet word, soos wat die berge hulle uiterlike seën oor die hele land uitgiet. Soos wat Ek graag in die berge was en baie hongeriges daar met min brode versadig het en My verheerlik op `n berg getoon het en vanaf `n berg opgestyg het na My ryk, - so vertel Ek dit ook van die berge, en open daardeur `n groot poort na die ryk van die ewige lewe. Bedink dat Ek, die Oermag en Skepper van die berge, nie sonder groot sinnebeeldige betekenis, vir oulaas op `n berg gebid het nie. Volg My dus in alles na, dan sal jy die doel, wat Ekself is, moeilik kan mis.
Dit sê Ek, wat eens vanaf `n berg, die hemelse gawes uitgedeel het.
Dit is ook `n deel van die hemel. Neem dit aan as `n groot seën van My en word ewig lewend in die gees!
Amen.