8, Die vlieg en die ontstaan van die komete.
Kyk net opmerksaam na die son. Wie kan bepaal hoe ver haar strale uiteindelik reik? Stel die leeftyd van die son op meer as honderdduisend desiljoen jare. In hierdie, vir julle onvoorstelbare lang periode, het die son haar strale voortdurend in die oneindige ruimte uitgestuur, sodat daar nou nog strale, die wat eerste van haar uitgegaan het, op weg is in die verre oneindigheid. Maar daar het ook ontelbare strale na haar toe teruggekeer, vanaf die punte waar dit opgevang was. Die fenomeen van die versamelpunte is beter om te begryp, wanneer mens insien, dat die daaglikse skynende son steeds verkondig: “Sien, so lank al stuur Ek My strale uit in die oneindigheid en tog het my lig gedurende hierdie onvoorstelbaar lang tyd, vir mense, nie swakker geword nie!"
Hier kan gevra word: “Hoe sal die son dan die strale weer terugkry, wat sedert haar eerste periode van ontstaan nog steeds die oneindige ruimte ingaan?"
Ek sê: Al verwyder hierdie strale hulself nog desiljoen maal verder, tog sal hulle eendag genoodsaak wees om terug te keer. As vergoeding vir die feit dat die son wat deur haar uitgestuurde strale net min terug ontvang, is sy self `n versamelpunt. As sodanig neem sy die strale van miljarde ander sonne op, versterk dit en gee dit dan weer in digte massas af.
As `n mens hiermee rekening hou, dan is dit maklik om aan te voel hoe Ek van oneindigheid tot oneindigheid vorm gegee het aan die lig en dit bemeester het, sodat selfs die kleinste atoom nie nutteloos in die eindelose eter van die oneindigheid rondswerf nie.
Waar die strale van twee sonne mekaar in die groot tussenruimte ontmoet, word hierdie uitgaande strale langsamerhand vir mekaar tot wedersydse opnamepunte. Want die uitgaande straal is, hoewel ook nog so subtiel, tog iets materieel, omdat hy in tyd en ruimte bestaan.
Wanneer die strale van twee sonne mekaar ontmoet, is hulle natuurlik van dieselfde polariteit. Gelyke pole stoot mekaar af, dus sal hulle mekaar terugstoot. Wat gebeur egter wanneer die strale van verskillende sonne mekaar uit alle moontlike komende rigtings ontmoet in `n nagenoeg van al hierdie sonne ewe ver verwyderde tussenruimte? Op hierdie plek ontstaan `n strale konflik, omdat `n deel van die strale die ander deel regdeur sny.
`n Mens moet die kruising van strale vir homself so voorstel, dat wanneer jy baie sulke kruisings opmekaar sou gelê het, daar vanuit die middelpunt redelik baie uitgaande strale sigbaar sou word. Hierdie deurlopende strale neutraliseer die polariteit natuurlik, en hinder die ander hulle dwars kruisende strale, sodra hulle weer sou wou teruggaan. Daardeur ontstaan mettertyd `n glansende saambundeling van lig hier, wat met die voortduur van hierdie opeenhoping van strale, `n soort digtheid soos van `n fyn newel kry, waardeur hulle steeds swaarder word.
Nou hang dit hiervan af, - waar die sonne hulleself, net soos die planete om `n ander sentrale liggaam beweeg - welke son op haar weg in die nabyheid van hierdie ligbundel kom; die gevolg is dat sy hierdie ligmassa binne haar gebied intrek en in haar opneem. Dit is die feitelike wyse van die ontstaan van die komete.
Hoe gebeur dit nou dat sulke komete bly voortbestaan en nie heeltemal deur die betreffende son verteer word nie?
Die rede skuil in die vooraf genoemde neutralisering van die strale. Deur die verloor van hulle lading neem die opeengehoopte strale `n negatiewe karakter aan en vorm `n teenoorgestelde pool teenoor die son. `n Sodanige pool is deur die ewige wet van My orde in staat om die positief-polêre sonstrale op te neem, hulle te neutraliseer en hulle as eie voedsel te gebruik.
Dat `n komeet iets dergeliks doen, bewys die baie uitgestrekte dampkring wat hom dikwels omgewe, en wat hom gewoonlik aan die van die son afgewende kant, uitstrek in `n lang stert. Hierdie stert is niks anders as `n vertraging van die uitgaande strale van die son nie. Hulle word deur die negatiewe polariteit in hulle oorspronklike snelheid gerem en word, deurdat hulle teruggaan na die liggaam wat hulle aantrek, as `n buitengewone teer damp sigbaar.
Kyk, hiermee het die son `n nuwe kosganger bygekry wat baie van haar strale sal verteer, totdat hy uiteindelik `n planetêre digtheid kry. Wanneer hy dit eenmaal bereik het, dan gee hy, deurdat sy sentrum swaar geword het, sonder skade aan sy eie vastigheid, aan die son haar strale oorvloedig terug. Want hy neem tydens sy planetêre reis nie net die strale van die son, in wie se gebied hy hom bevind, op nie, maar suig ook die strale van ander sonliggame in massas op en lei hulle hom dan in `n sekere sin na sy moeder toe.
Nou sal `n mens vra: “Wat het ons klein vlieggie met hierdie komeet-vorming en met die terugstuur van die sonstrale te maak? Wees nog geduldig en ons sal haar agter die groot bruising van `n nuwe ontstane hemelliggaam laat aanzoem! Eers moet ons nog `n vlugtige blik op die sonstrale werp om te sien wat hierdie ligdeeltjies nou eintlik is, wat van die son uitgaan, en wat geen gewig het nie.
Hierdie uitgaande ligatome is die eerste stadium en die ontstaansbasis van die ligdiertjies, wat reeds aan julle bekend is. Die opeenhoping van sulke atome wat die sonstrale uitmaak, en wat later `n planeet (lig samebundeling) word, is ook terselfdertyd `n opeenhoping van dierlike lewe in so `n planeet-ligbundeling. Die dierlike lewe uit hom is tweevoudig en wel eers in `n negatiewe lewe, naamlik die plantelewe. Wanneer hierdie lewe eenmaal voldoende versadig is en nie meer in staat is om die aanwesige polêre lewe in homself op te neem nie, dan vorm dit `n positiewe polêre lewe wat deur die oorversadiging van die negatiewe lewe voldoende voedsel vir hom self het.
Hoe kom die eerste positiewe-polêre lewe nou uit hom uit?
Neem `n mikroskoop en bekyk die verrottende plantereste in `n waterdruppel of die sap van uitgeperste plante. Jy sal tot jou verbasing hele leërs klein diertjies waarneem. Uit hierdie verklaring word dit duidelik hoe die negatiewe lewenspool omkeer en in `n positief-polêr lewe oorgaan.
Wanneer die dierlike lewe homself begin te vorm, kan dit nêrens meer bly steek nie, maar begin geleidelik aan die terugweg na die oersentrum van alle lewe!
In ooreenstemming met die ewige orde word `n trapsgewyse opklim oral in ag geneem, waardeur `n steeds meer volmaakte en groter verdigting van die lewe bereik word. Net soos die teruggekeerde strale, wat ook steeds intensiewer word, namate hulle hulle oorspronklike uitgangspunt nader - versamel die lewe homself ook in steeds digter vorme, totdat hy tot sy ewige oorsprong terugkeer. Wat is dus die eersvolgende stadium waarin hierdie eerste positief-polêre lewe homself konsolideer?
Nou laat ons die vlieg optree! Sien, sy is die eerste diertjie, waarmee `n nuwe ontstane planeet bevolk word; want soos julle weet, neem hierdie diertjie sulke voedsel tot haarself, waardeur `n triljoenvoudige lewe in haar tot `n lewe word! Ek voeg nog hieraan toe, dat een enkele vlieg. as versamelpunt van die lewe. belangriker is as die hele reeds vooraf gevormde opeengepakte planete-samebundeling. So sal mens dan ook insien hoe ver die lewe self reeds in `n eerste vonkie bo die uiterlike materie verhewe is en hoeveel die lewe van `n enkele mens hoër staan as alle sonne en planete van `n hele heelalsfeer (hulsglobe)* tesame. *(heelalsfeer - is onmeetlike groot skeppings-eenhede, waaruit die hele skepping opgebou is, met `n oersentrale son as middelpunt.)
Daarom sal dit ook nie moeilik te begryp wees waarom Ek, as die oerlewe van alle lewe, as Vader en Verlosser na die aarde gekom het en daar die mense tot My kinders gemaak het en vir hulle `n weg berei het na My hart toe.