Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

2. Die pote van die vlieg

Dit sal jou nie ontgaan nie, dat `n vlieg met haar ses pootjies net so behendig op `n gepoleerde vertikale vlak kan trippel as op `n tafel in horisontale stand. Hoe is dit moontlik, aangesien haar pote, wat in twee klein spits kloutjies eindig, tog uiters glad is? Die natuurondersoekers het met sterk vergrotende mikroskope ontdek, dat die vlieg `n soort elastiese suigapperaatjie aan haar pote tussen die twee kloue het, wat sy - volgens hulle mening - soos `n klein lugpompie vir die suig van lug gebruik en wel op die volgende manier: Wanneer `n vlieg `n poot op `n vertikale staande glasskyf sit, suig sy die lug wat in die suigapperaatjie is, direk in, waardeur die poot met die lugledige suigapperaatjie deur die druk van die omringende lug op die vlak vasgehou word. 

Hierdie uitleg is verkeerd, hoewel die vlieg baie duidelik in die besit is van sulke skynbare lugapperaatjies. Maar as die vlieg haarself nie, soos die natuurondersoekers veronderstel, met die pote aan die vlak vashou nie, op watter manier doen sy dit dan? Wie `n vlieg net noukeurig bekyk het, moes wel opgemerk het, dat sy oral op haar lyfie voorsien is van klein haartjies en horingagtige uitsteekseltjies. Selfs die vlerke het `n onmeetlike aantal straalvormige uitlopende puntveertjies aan die rante. Hierdie haartjies en puntjies suig elektrisiteit op. Die negatiewe deeltjies van die elektrisiteit wat via hulle opgesuig word, is tegelykertyd die aantrekkende pool en dit stroom ononderbroke deur die pote na die suigapperaatjies, waardeur hulle begin honger na positiewe elektrisiteit. Waar hierdie positiewe elektrisiteit by voorkeur op gepoleerde vlakke versamel, is dit heel vanselfsprekend, dat die vlieg deur te loop, op elke gepoleerde vlak moet bly vasklou, waar teenoorgestelde pole mekaar aantrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205