Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

4. Die vlieg as redder van die menselewe.

Laat ons, voordat ons tot `n ander belangrike funksie van hierdie diertjie oorgaan, eers nog enkele newefunksies ondersoek. In die somer vind `n mens dit wel baie lastig wanneer so baie vlieë in die kamer rondzoem en opdringerig word. Juis op sulke dae verrig die diertjie `n baie belangrike diens, tot nut vir die mens, maar ook vir die huisdiere. 

Op so `n warm dag, veral wanneer die barometerstand baie laag is, word miljarde en nog eens miljarde atoomagtige diertjies (kieme) uit die laagste eterlaag in die lug gebore. As gevolg daarvan sien jy die lug dikwels so blouagtige verdig, dat dit moeilik word om die nabygeleë gebiede waar te neem. Wanneer `n mens dan inasem, kom daar by sulke geleenthede altyd triljoene van hierdie diertjies na binne. Hoewel hierdie diertjies so klein is, dat selfs duisend miljoene daarvan op `n hoop, nie eens sigbaar sou wees nie, maak die som van meermale desiljoene wat `n mens dikwels op so `n dag inasem, nietemin iets behoorlik uit. Dit sou voldoende wees - omdat hierdie diertjies baie gevaarlik vir die liggaamlike lewe is - om die mense die natuurlike lewe skielik te ontneem. Want die skadelike hoedanigheid van hierdie diertjies vir die natuurlike lewe is te vergelyk met die dodelike werking van blousuur. Die deel van hierdie 'atoomagtige eter-diertjies' wat die mens inasem, is nie die gevaarlikste vir sy gesondheid nie, waar dit op hierdie tydstip gretig deur die suurstofarme bloed opgeneem word. Maar heel anders is dit gestel met daardie deel wat op die opperhuid lê, by voorkeur op die plekke waar die porieë meestal oopstaan. Wanneer hierdie diertjies daar binnedring, neem hy, teenoor die gedeelte wat reeds deur die bloed opgeneem was, `n positiewe karakter aan.  

Solank hierdie buitenste pool nie die binneste pool oormeester nie, is daar geen gevaar aanwesig nie, wat byvoorbeeld by `n gematigde temperatuur die geval is. Maar oormeester hierdie buitenste pool die binneste ook maar met `n miljoenste deel, dan bestaan daar alreeds die grootste gevaar vir die lewe. Want tydens hierdie omstandighede, sou `n omkering van pole in die mens kan plaasvind, wat dieselfde werking sou hê as wanneer iemand hom met `n naald sou prik, wat vooraf in blousuur gedompel was.  

Wanneer die buitepool die binnepool egter skielik in een honderdste deel sou oormeester, dan sou `n sigbare elektriese ontlading skielik plaasvind, wat die mens binne enkele oomblikke in `n handvol stinkende as sou verander.

Wat betref die eerste geval, kyk maar na die pessiektes: Dit is niks anders as die gevolge daarvan nie. Die tweede geval kom weliswaar selde voor, maar geheel onbekend is die sogenaamde 'selfverbrandings' (instantaneous combustion) nie, spesiaal in die suidelike lande. *(spontane ontbranding, wat in rare gevalle by demonies besete mense opgemerk was: Afrikaanse Vertaler)

Laat ons nou `n blik werp op ons klein huisarbeiders en waarneem wat hulle eintlik doen! Ons vlieg het `n paar oë, wat so groot is dat dit byna `n sewende deel van haar hele wese uitmaak. Elke oog bestaan weer uit duisende klein ogies. Hulle pas so aan mekaar soos die selle van `n heuningkoek en is almal stuk vir stuk kegelvormig toegespits en op `n gemeenskaplike punt gerig. Op hierdie manier dien hy die vlieg soos `n sterk vergrotende mikroskoop, met behulp waarvan hy selfs die afsonderlike vooraf genoemde atoomagtige diertjies (kieme) kan sien.

Bowendien is sy maag so ingerig, dat juis hierdie klein diertjies sy hoofvoedsel is. Wanneer `n vlieg op die vel van `n mens `n hopie van hierdie atoomagtige diertjies sien, vlieg hy daarheen en gee nie op voordat hy die hele spul gevind en opgeëet het nie.

Die vlieg het ook nog `n paar klein voelhoringtjies, wat vir haar as neus dien. Omdat sy haar oë slegs vir kort afstande kan gebruik, dien hierdie voelhoringtjies dikwels om haar vir baie langer afstande te bedien. Daar bestaan baie vlieë-soorte, wat met hierdie voelhoringtjies `n goedsmakende voedsel ure ver vir hulle kan waarneem.   

Wanneer hierdie diertjie skielik in die somer op een of ander plek verdwyn, dan kan `n mens seker wees daarvan dat `n vreeslike teistering naby is.

So verrig hierdie diertjies nog baie nuttige dienste. Alles wat daar bestaan, en dit geld dus ook vir die vlieg, is nie vir een nie, maar vir duisende doeleindes bestem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205