Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

4 Wordingsgeskiedenis en lewensbestemming van die duif.

Die duif behoort tot die klasse van voëls, wat haar voedsel uit al die drie ryke van die natuur kan opneem, byna net soos `n mens. Sy kan saad, gras, wurms, insekte en selfs klein klippies verteer. Gesien die ontstaanswyse van haar sielsdeeltjes, is daar baie verskillende soorte duiwe. Die edelste van al die soorte is die huisduif, wat maklik te herken is aan die verskillende kleure van haar vere. In die dierewêreld is dit kenmerkend dat waar dieselfde soort mak diere in verskillende kleure voorkom, dit ook al die naaste aan die mens staan. Die kleur druk hierdie innerlike geaardheid uit. Die wit kleur is die edelste, omdat dit in die dierewêreld ooreenkom met `n byna vlekkelose innerlike gemoedsaard. So is die huisduif - as die edelste soort in die voëlwêreld - die samevatting van die lewe van alles wat voor haar was, asook van byna tallose soorte ander sagaardige lugbewoners. En so is sy ook `n opname-orgaan van die hoëre lewe uit die planteryk en ook selfs uit die mineraleryk.

As die duif sterf, verenig sy in haar lewensprinsiepe die lewe van alle moontlike soorte voëls en landdiere, asook die van plante en klippe en tree so as `n verenigde geestelike lewe in die mens.

Daar is nog wel duisende soorte lugbewoners en ook viervoetige diere op aarde, via sulke oorgange plaasvind, want - so sê die Heer, "Niemand ken My weë, - ook `n engel uit die hemel ken dit nie - as slegs Ek en diegene aan Ek dit wil openbaar. Vir diegene wie glo, word baie wonders ontsluit. Maar vir die ongelowige is daar nóg raad nóg hulp. Tevergeefs kyk hy met sy blinde oë na My groot werkplek van die lewe. Waarlik, Ek sê vir u: Hy sal niks anders vind as ekskremente van die dood nie. Want die lewe is geestelik. En geen mikroskoop is in staat om haar werkswyse te bespied nie: slegs die oog van die gees, dit is die geloof, kan die diepe wonders van die lewe herken.

Die duif is `n eenvoudige dier. Maar juis deur hierdie eenvoud kan sy haarself op haar vleuels bo al die aardse in die ligte lug verhef. Wees ook so! Wie in sagmoedigheid en opregte eenvoud soos `n duif geword het, sy gees sal, net soos hierdie aanskoulike sinnebeeld, in die ryk van die lewe uit My, met vinnige vlerke hoogtes bereik, waarvan geen sterflike mens ook maar die flouste vermoede van gehad het nie".


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205