|
Geheime van die Natuur JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 28
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45. |
|
|
3. Berge as reëlaars van die lugstrominge.
Waar die aarde haarself in die tyd van ongeveer 24 uur om haar as draai, is die snelheid per minuut dus etlike myle. Dink jou nou net `n aarde in as `n gladde koeël sonder berge, wat met, ten minste 10 myl hoë, swaar atmosferiese lug omgewe is. Wat sou die atmosferiese lug dan noodsaak om saam met die aarde te draai, as die aardoppervlakte volkome glad was? As die atmosfeer dan saam gesuig was, aan watse lugstrominge sou alle lewende wesens dan nie blootgestel gewees het nie? As `n magtige storm in `n sekonde byna 80 voet (26 m) aflê en daarby die dikste bome met gemak uit die grond ruk, wat sou `n lugstroming, wat in `n sekonde etlike Duitse myle* aflê, dan tot gevolg hê? Dit is verstaanbaar dat selfs die mos op die klippe nie in so `n lugstroom sou kon vasklou nie, laat staan die een of ander beweegbare skepsel. En hoe die see haar dan sou gedra, sal diegene kan verstaan wat gesien het hoe `n hewige wind die water berge hoog kan opstapel. Daarom is die berge so goed oor die aardoppervlakte verdeel, sodat die lug genoodsaak kan word om saam met die aarde te draai. Waarom is die berge nie almal ewe hoog en loop hulle nie soos die meridiane van pool tot pool nie? Die eerste rede lê in die voorafbeskrewe nuttige werking van die berge. `n Tweede rede is egter die volgende: As alle berge ewe hoog sou wees en reglynig van pool tot pool geloop het, dan sou daar tussen die berge `n voortdurende toestand van stilstaande lug ingetree het. Dan sal daar binnekort bederf in die onderste luglae intree, soos in die katakombes. Hoe sou dit gedurende so `n toestand met die natuurlike lewe gesteld wees? Daarom is die berge onreëlmatig oor die aardoppervlak verdeel. Hierdie verdeling is so wys georden, dat lug daardeur voortdurend speelruimte het en dit kriskras oor die aarde kan verplaas. Daardeur moet die lug homself vermeng en dan ontstaan wrywing, waardeur die elektrisiteit dan oor die hele aardbodem, as die natuurlike lewensfluïdum in voldoende mate steeds nuut opgewek word. *(1 Duitse myl = 7,42 km)
|
|
|
|
|