Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Hoofstuk 2

 Die lewe van die boom

Elke boom het `n vegetatiewe* siel gekry, of wat makliker is om te begryp, in elke boom woon `n stille gees. *(Die vegetatiewe siel word ook `n natuurgees genoem. Dit is `n organiese sielsvorm van oerlewensvonke, wat voortekom het uit die gees van die gevalle oergees Lucifer, wat na die deurloop van talryke natuurwesens ordelik saamgevoeg is, en daardeur reeds tot opbouers van hoër lewensvorme aangestel is.) 

Hierdie gees besit `n heel eenvoudige intelligensie. Daardeur ken hy die voedingsdele wat hy nodig het uit die aarde en maak dan volgens My wil duisende arms aan sy wortels op die plek waar hy by voorkeur woon.

Met hierdie arms neem hy die sappe uit die los aarde na hom toe en voer dit deur die gevormde buisies en kanale, wat hy gevorm het, tot by die top van alle takke.

Die growwer sappe word in die stam afgesit en die onsuiwer gedeeltes daarvan word na die kors gevoer. Die fynere sappe word vir die vorming van die takke gebruik. Waar `n tak uit die stam gegroei het, sien `n mens die tak byna tot in die sentrum van die stam ingedring in `n baie fyn struktuur. Dit bewerk die intelligensie van die boomgees, wat die vate en buisies in die hout van die takke wel tienmaal fyner maak as die van die hoofstam. Deur die fyner buisies kan ook net fyner sappe gaan, wat baie eteries is.

Dieselfde vind nou plaas met die takke na die fyner takkies en daarom is die sap in die takkies weer meer as tien maal fyner en meer eteries (vlugtiger) en dus ook kragtiger as dié van die stam na die takke. Vanuit die takkies ui word op duisende plekke baie uiters klein buisies oopgelaat, waardeur wederom in tienvoudige verfyning — dit is chemies fyner — sap gelei word.

Deur hierdie sap vorm die boomgees, volgens sy eenvoudige intelligensie, wat volgens My ordening vir so `n boom karakteristieke eienskappe besit, sy blare of naalde. Is so `n blaar of naald dan, volgens die orde, volkome uitgegroei, dan word die kanaaltjies en organe wat vanaf die takkies daarheen lei, langsamerhand gesluit, sodat daar van die duisende buisies maar `n middelste oopgelaat word en daardeur kry die blaar dan sy voedsel.

Tenslotte word ook hierdie kanaaltjie gesluit en dan val die blaar verdor van die boom af.

Aan die uiterste uitlopers van die takkies is daar miljoene organe van die allerfynste soort, met `n deursnee van `n naald, wat voorsien is van `n soort dierlike lewe. Wanneer die sappe daar aankom, dan vind daar `n formele stryd plaas, want dan wil die nog onsuiwere natuurgees uit sy gevangenskap in die boom ontsnap en die hele materiële wese van die boom so te sê in die steek laat: Maar by so `n poging vernou hierdie organe hulleself so, dat hulle die deurgang vir hom versper.

Omdat hy daardeur, met sy eenvoudige intelligensie, sy gevangenskap besef, sien hy langsamerhand van sy vergeefse pogings af en neem sy toevlug tot beskeie deemoed, waardeur sy hele wese homself dan in liefde begin te verander.

Terwyl dit gebeur, word hierdie baie vernoude organe sagter en wyer, deur die warmte van sy liefde, en hy self word daardeur eteries en werklik lewend deur sy liefde.

Wanneer dit gebeur het, erken hy, met sy verhoogde intelligensie, die ooreenkomstige goeie van die liefde en vol liefde ontwikkel hy vrugte aan die uiterste uitlopers van hierdie organe. En wanneer dit vir die menslike oog nog nouliks sigbaar gebeur, word daar uit Goddelike Erbarming, deur die warmte en die lig van die son, `n uiters klein vonkie daarin geblaas.

Op die baie honderde vrugtaansettings en uitlopers word hierdie vonkie dan begerig deur hom gegryp en sorgvuldig in `n klein hulsie opgesluit.

Deur die weinige sorgsame traagheid van die boomgees gebeur dit dikwels, dat menige uitloper oor die hoof gesien word, maar dan vlug hierdie vonkie na `n kort tydjie weer na sy oorsprong terug; die vate van die takkie word dan meteens afgesnoer en die vrug val weldra verdroog van die boom af. Maar in die volgroeide vrug word hierdie lewensvonkie in `n klein hulsie in die middel van die saadkorrel goed en sorgvuldig bewaar. En omdat dit `n lewensvonkie uit My erbarmende Liefde is, bevat dit, ooreenkomstig aan sy oorsprong, `n oneindige aantal van sy soort. Uit so `n saadjie kan in duisend jaar wel meer as eweveel miljoene gelyke bome ontstaan, tot in die oneindige toe. Want Ek is ewig en oneindig in die kleinste sowel as in die grootste en oneindige self.

Die ontstaan van so `n boom is heel eenvoudig. Die saadjie in die aarde roep `n gees (natuurgees), wat in die materie verban is, na hom toe en sluit hom in homself op. Daardeur kry so `n gees die eerste opwekking tot lewe en die mees eenvoudige intelligensie. Omdat hy in die grond van die saak boos* is, wil hy daardie lewensvonkie wat uit die barmhartige liefde van God ingeblaas is, dadelik moordlustig bemagtig, maar hierdie lewensvonkie ontwyk steeds sy vervolging. Daarom soek hierdie gees dan steeds aan hom gelykstaande dele of geeste** op in die aarde en vergroot hom daardeur sigbaar, soos `n mens aan `n opgroeiende boom kan sien. Die groei van die boom geskied juis deur die moordlustige strewe van hierdie ontbinde gees, of liewer van `n hele legioen sulke geeste. *(Oorsprong uit Lucifer) **(Siele-intelIigensies.)

Die lewensvonkie ontsnap steeds hoër buite die bereik van so `n boosaardige agtervolging. In sy boosheid verhard baie miljoene en nog eens miljoene van sulke geeste wat deur die lewensvonkie aangetrek word, weer tot stom, dooie materie, wat te merk is aan die kors en die hout van die boom. Deur sulke dikwels jarelange voortgesette agtervolging, word sulke geeste eindelik tog weer verdeemoedig en kom tot die daarmee ooreenstemmende nuttige vryheid en word ten slotte één met sy lewensvonkie.

So `n gees wat hom op hierdie manier liefdevol met die lewensvonkies in die nuwe vrugafsetting verenig het, word, nadat die vrug rypgeword het, eteries vry. Hy gaan volgens My ewige ordening in `n hoër, intelligenter wese oor en dit gaan so deur, totdat hy uiteindelik in die mens self kom.

Dit is naamlik deur so `n boom, wat `n materiële verlos­singsinrigting is, om soveel moontlik natuurgeeste te verlos en as hierdie verloste geeste in hulle eteriese vryheid uit die mees verskillende bome en gewasse, hulleself liefdevol verenig het, sodat hulle geeste met `n hoër intelligensies geword het, dan word sulke geeste na die dierewêreld oorgebring om tot `n tweede trap van ontwikkeling te kom.

Verenig sulke geeste hulle dan weer uit die dierewêreld in liefde tot `n gees, dan sal so `n gees in staat wees om na `n hoër trap op te styg en as `n eenvoudige gees (en wel as 'siel') in `n mens geplaas word. Van hieruit kan hy dan na sy ryping, selfstandig en vrywerkend na buite tree, om sy ewige liefhebbende Oerbron te aanskou. So `n gees sal nooit iets met die materie te maak hê nie. Slegs met die boos geworde geeste in die mens, waarby geen verstandige toegepaste liefdesmiddel op `n wyse iets kan uitwerk nie, en word daar weer `n gelyksoortige langdurige weg ingeslaan.

Op hierdie wyse ontstaan daar `n uitgediende boomstam*, sterf dan weer af, droog uit en vergaan. *Dit is `n boomstomp, wat op die gesketste manier sy geestelike lewenselemente in hoër trappe van bestaan afgegee het.

Kyk wat Ek terwille van `n enkele, hoogmoedig geworde engel** doen! Waarlik, daar sou nooit `n aarde, nóg `n son, nóg iets anders materieel geskape gewees het, as hierdie engel deemoedig gebly het nie. Slegs uit liefde vul Ek, die ewige liefde, die oneindigheid met sonne en wêrelde, om ook maar nog die kleinste deeltjie van hierdie gevallene te kan red. **(Lucifer.)

Bedink dus wat Ek terwille van u alles gedoen het, nog doen en ewig sal doen. Ek, die ewige liefde. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205