|
DIE LAASTE OORDEEL EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 1
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40. |
|
|
Die Laaste Oordeel 1‐50 (Sien ook die Voortsetting in 51‐100)
Emanuel Swedenborg – 1688‐1772
Arcana Coelestia – Geheime van die hemele
Die Laaste Oordeel was Volbring
Die Laaste Oordeel was Volbring. In die vorige klein werkie oor die Laaste Oordeel, was die
volgende onderwerpe behandel: Die dag van die Laaste Oordeel beteken nie die verwoesting
van die wêreld nie (n. 1‐5). Die verwekking van die menslike ras sal nooit ophou nie (n. 6‐13).
Hemel en hel is van die menslike ras (n. 14‐22). Almal wat ooit as mens gebore is vanaf die begin
van die skepping, en wat gesterf het, is of in die hemel of in die hel. (n. 23‐27). Die Laaste
Oordeel moet wees waar almal bymekaar is, daarom in die geestelike wêreld, en nie op aarde
nie (n. 28‐32). Die Laaste Oordeel ontstaan wanneer dit die einde van `n kerk is, en die einde van
die kerk is wanneer daar nie meer geloof is nie, omdat daar nie naaste liefde is nie. (n. 33‐39). Al
die dinge wat in die Apokalips voorspel is, is in hierdie dag alreeds vervul. (n. 40‐44). Die Laaste
Oordeel is voltooi (n. 45‐52). Babilon en sy Verwoesting (n. 53‐64). Die vorige hemel en sy
afskaffing (n. 65‐72). Die status van die wêreld en die kerk hierna. (n. 73‐74).
Die onderwerp van die Laaste Oordeel word voortgesit, hoofsaaklik om te weet wat die status
van die wêreld en die kerk was vóór die Laaste Oordeel en wat die status van die wêreld en die
kerk geword het sedert daardie tyd; ook hoe die Laaste Oordeel volbring was oor die
Hervormers.
Dit is `n algemene mening in die Christelike wêreld, dat die hele hemel wat ons sien, en die hele
aarde wat deur die mens bewoon word, sal vergaan op die dag van die Laaste Oordeel, en dat `n
nuwe hemel en `n nuwe aarde daar sal ontstaan in die plek van die oues; dat die siele van die
mense hulle nuwe liggame sal ontvang, en dat die mens weer `n mens sal wees soos voorheen.
Hierdie mening het al `n kwessie van geloof geword, omdat die Woord nie verstaan word nie
anders as in ooreenstemming met die letterlike sin van die Woord, en kan nie anders verstaan
word totdat die geestelike sin daarvan openbaar gemaak is nie, omdat by baie die geloof
gevestig is dat die siel slegs maar net `n asemteug is wat uitgeasem word deur die mens; en dat
geeste, sowel as engele, van `n bestanddeel gemaak is soos die wind. Terwyl daar so `n gebrek
van die verstaan daarvan betreffende die siele is, en betreffende geeste en engele, kon daar nie
aan die Laaste Oordeel op `n ander manier gedink word nie. Maar wanneer dit kom by die
verstaan daarvan, dat `n mens nog steeds `n mens is na sy dood, net soos wat hy `n mens was in
die wêreld, met die enigste verskil dat hy nou bekleed is met `n geestelike liggaam, en nie soos
tevore met `n natuurlike liggaam nie, en dat die geestelike liggaam verskyn voor diegene wat
geestelik is, net soos `n natuurlike liggaam aan hulle vertoon wat in die natuurlike is, en dit kan
dan ook verstaan word dat die Laaste Oordeel nie in die natuurlike, maar in die geestelike
wêreld sal wees; want alle mense wat ooit gebore is, en wat gesterf het, is dan daar bymekaar.
Wanneer dit verstaan word, sal die paradoks verdryf word, wat die mens andersins gedink het
oor die staat van die siele na die dood, en hulle hereniging met verrottende lyke, en betreffende
die verwoesting van die geskepte universum, dit alles betreffende die Laaste Oordeel. Die
paradokse (konflikterende standpunte) betreffende die staat van die siele na die dood sou hy as
volg dink: Dat die mens nou is soos die uitaseming as jy jou asem uitblaas, of soos die wind, of
soos die eter, of dat hy nou in die lug rondswewe, of nie in een plek vertoef nie, maar in `n
“iewers” wat hulle ‘Pu’ noem; 4.1 en dat hy niks kan sien nie, omdat hy nie oë het nie, hy hoor
niks, omdat hy nie ore het nie; hy spreek niks, omdat hy nie `n mond het nie, en sou daarom
blind wees, doof, en stom; en voortdurend in afwagting, wat niks anders as droewig kan wees,
as om weer daardie funksies te kan ontvang op die dag van die Laaste Oordeel, daardie funksies
van die siel waaruit die genot van die lewe voortspruit. Ook dat die siele van almal wat lewe
sedert die eerste skepping, ook in so `n miserabele staat moet wees, en dat die mens wat vyftig
of sestig eeue gelede geleef het, nou net so in die lug rondswewe, of oorgebly het in ‘Pu,’ en
wag daar vir die oordeel; ongeag ander betreurenswaardige dinge.
Ek het oor ander paradokse (skynbare teenstrydighede) gegaan, soortgelyk en net soveel soos
hierdie, wat die mens wat nie weet dat hy net so `n mens is na die dood soos voorheen, moet
dink betreffende die verwoesting van die universum. Maar as hy weet dat die mens na die dood
nie `n asemteug of `n wind is nie, maar `n gees, en as hy goed gelewe het, `n engel in die hemel,
en dat geeste en engele mense is in `n perfekte vorm, kan dink uit sy intelligensie betreffende
die staat van die mens na die dood, en die Laaste Oordeel, en nie van geloof afgeskei van die
intelligensie nie, waaruit die meer tradisionele voortgaan, en hy sal ook met sekerheid tot die
slotsom uit sy intelligensie kom, dat die Laaste Oordeel, wat in die Woord voorspel word, nie in
die materiële‐natuurlike wêreld sal voorkom nie, maar in die geestelike wêreld, waar almal
bymekaar is; en verder meer, dat as dit bestaan, moet dit openbaar gemaak word aan die mens,
ter wille van die geloof in die Woord.
Verwerp die idee dat die siel soos `n asemhalingsteug is, en dink dan oor jou eie status, of die
status van jou vriende, of die staat van jou kinders na die dood. Sal jy nie dink dat jy sal lewe
soos `n mens, en hulle net so nie? En siende dat daar geen lewe is sonder die sintuie nie, kan jy
nie anders dink dat hulle ook kan sien, hoor, en praat, dus ook lofprysend geskryf oor die
afgestorwene, en plaas hulle in die hemel tussen die engele, in wit geklee, en in die paradys.
Maar as jy agterna terugval in die idee, dat die siel net `n asemteug is, en het geen sensitiewe
lewe tot na die Laaste Oordeel, kan jy help om verwar te voel as jy dink, wat en waar sal ek wees
in die tussentyd? Sal ek in die lug rondswewe, of sal ek in ‘Pu’ bly? 6.1 En tog leer die prediker
my dat ek na die dood tussen die gelukkiges en vrolikes sal wees, as ek reg geglo en goed gelewe
het. Dan sal jy glo, soos wat die waarheid is, dat jy `n mens is na die dood sowel as daarvoor,
slegs met die verskil wat daar is tussen die natuurlike en die geestelike.
Van wat alreeds gesê is, sal dit voorkom dat die Laaste Oordeel nie kan gebeur in die natuurlike
wêreld nie, maar in die geestelike wêreld. Dat dit ook daar gebeur het, kan gesien word van die
dinge wat vertel is van wat gesien is, in die vorige klein werkie oor die Laaste Oordeel (n. 45‐72),
en nog verder oor die besonderhede aangaande dit wat vertel is oor die Laaste Oordeel oor die
Hervormers. Hy wat ag gee kan dit ook sien uit die nuwe dinge wat nou openbaar gemaak word
betreffende die hemel, die Woord, en die kerk. Watter mens kan hierdie dinge uit homself
trek??
Die Staat van die Wêreld en van die Kerk vóór die Laaste Oordeel, en ook daarná. Dat die Laaste
Oordeel alreeds volbring is in die geestelike wêreld, kom voor in dit wat alreeds gesê is.
Nietemin, ten einde om enigiets te weet van die staat van die wêreld en die kerk vóór en
daarná, is dit nodig om die volgende dinge te weet: (I). Wat bedoel word deur “die vorige
hemel” en “die vorige aarde” wat verby gegaan het. (Apokalips 21: 1) (II). Wie, en van watter
kwaliteit was hulle wat in die vorige hemel en in die vorige aarde was. (III). Voor die Laaste
Oordeel voltrek was oor hulle, was baie van die kommunikasie tussen die hemel en die wêreld,
en dus ook tussen die Meester en die kerk, onderskep. (IV). Na die Laaste Oordeel was die
kommunikasie herstel. (V). Gevolglik is dit, dat ná die Laaste Oordeel, en nie daarvoor nie,
openbaringe gemaak was vir die Nuwe Kerk. (VI). Die staat van die wêreld en van die kerk voor
die Laaste Oordeel was soos aand en nag, maar daarna soos oggend en dag.
Wat ek bedoel by “die vorige hemel” en “die vorige aarde” wat verby gegaan het, genoem in die
Apokalips (21:1). “Die vorige hemel” en “die vorige aarde,” daar genoem, beteken nie die hemel
wat sigbaar is vir die oë van die mens op aarde nie, ook nie die aarde wat deur die mens bewoon
word nie; ook nie die vorige hemel, waarin almal is wat goed gelewe het vanaf die eerste
skepping nie. Maar versamelings van geeste word bedoel wat oënskynlik `n hemel vir hulleself
gemaak het tussen die hemel en die hel, en omdat alle geeste en engele, sowel as die mens, op
grond bly, daarom, deur “die vorige hemel” en “die vorige aarde” word dit hier bedoel. Die
verbygaan van dáárdie hemel en dáárdie aarde was gesien, en dit was beskrywe vanaf sig in die
werk oor “Die Laaste Oordeel (45‐72).
Wie, en van watter kwaliteit was hulle wat in “die vorige hemel” en “die vorige aarde” was, was
ook beskrywe in die kort werkie oor Die Laaste Oordeel; maar die verstaan daarvan van wat volg
hang af van die kennis van wie hulle was en hulle kwaliteit, en iets sal nou gesê word aangaande
hulle. Almal wat hulleself vergader het onder die hemel, en in verskeie plekke oënskynlike
hemele vir hulleself gevorm het, en hulle ook hemele genoem het, was verenig met die engele
van die laagste hemel, maar slegs tot die eksternes, en nie tot die internes nie. Vir die grootste
gedeelte was hulle die bokke waarvan die Woord praat, en hulle wat aan hulle verwant is, en
wat genoem word in (Matt. 25: 41‐46); wat inderdaad in die wêreld nie die bose gedoen het nie,
want hulle het moreel goed gelewe; maar hulle het ook nie goed gedoen uit `n goeie oorsprong
nie, want hulle het die geloof afgeskei van naasteliefde, en daarom nie die booshede beskou as
sonde nie. Omdat hulle as Christene in die eksternes gelewe het, was hulle verbind met die
engele van die laagste hemel, wat soos hulle was in die eksternes, maar nie soos hulle in die
innerlikes nie; want hulle was die “skape” en in geloof, maar in die geloof van naasteliefde. Op
grond van hierdie vereniging was hulle noodwendig verduur; want om hulle af te skei voor die
Laaste Oordeel, sou skade berokken het aan hulle wat in die laagste hemel is, wat saam met
hulle in die vernietiging getrek sou word. Dit is wat die Meester van praat in Matt: “`n Ander
gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos `n man wat
goeie saad in sy land gesaai het, maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid
onder die koring gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies opskiet en vrug gevorm het, toe
verskyn die onkruid ook. En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê:
Meneer, het U dan nie goeie saad in die land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
En Hy antwoord hulle: `n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir Hom: Wil U
dan hê dat ons dit moet gaan bymekaar maak? Maar Hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as
julle die onkruid bymekaar maak, die koring daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei
tot die oes toe, en in die oestyd sal Ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en
bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in My skuur. En Hy het
hulle geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, en die
saailand is die wêreld. Die goeie saad – dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die
kinders van die bose, en die vyand wat dit gesaai het is die duiwel. Die oes is die voleinding van
die wêreld, en die maaiers is die engele.” (Matt. 24: 24‐30, 37‐40). “Die voleinding van die eeu”
is die laaste tyd van die kerk, “die onkruid” is hulle wat innerlik boos is, “die koring” is hulle wat
innerlik goed is, “die bymekaar maak in bondels om verbrand te word” is die “Laaste Oordeel”
oor hulle; dat skade nie aan hulle berokken moet word aan die goeies vóór die Laaste Oordeel
nie, word aangedui deur “dat julle nie miskien die koring daarmee saam uittrek nie, laat altwee
saam groei tot die oes toe.”
Voor die Laaste Oordeel voltrek was oor hulle, was die meeste kommunikasie tussen die hemel
en die wêreld, dus tussen die Meester en die kerk, afgesny en onderskep. Alle verligting kom na
die mens vanaf die Meester deur die hemel, en dit gaan binne deur middel van `n interne weg.
So lank as wat daar versamelings van sulke geeste tussen die hemel en die wêreld is, kan die
mens nie verlig word nie. Dit is soos `n sonstraal wat afgesny word deur `n swart wolk, of
wanneer die son in `n sonsverduistering is, en sy lig word geblokkeer deur die tussenliggende
maan. Daarom, as enigiets deur die Meester dan openbaar gemaak sou gewees het, sou dit of
nie verstaan gewees het nie, of dit sou verstaan gewees het, maar nie ontvang gewees het nie,
of dit sou agterna versmoor gewees het. Siende dat hierdie tussenskuiwe van `n versameling
van geeste verstrooi en vernietig is deur die Laaste Oordeel, is dit duidelik dat die kommunikasie
tussen die hemel en die wêreld, of tussen die Meester en die kerk, weer herstel is.
Gevolglik is dit, dat ná die Laaste Oordeel volbring was, en nie voor dit nie, daar openbaringe vir
die Nuwe Kerk gemaak was. Siende dat die kommunikasie herstel was deur die Laaste Oordeel,
kan die mens verlig en hervorm word, dit is, hy kan die Goddelike waarheid van die Woord
verstaan, ontvang dit wanner dit verstaan word, en behou dit wanneer dit verstaan word, want
die tussengeleë struikelblokke en hinderlae is verwyder, en daarom sê Johannes, nadat die
vorige hemel en vorige aarde verby gegaan het: “En ek het `n nuwe Hemel en `n nuwe Aarde
gesien…het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, voorberei
soos `n bruid wat vir haar man versier is…en Hy wat op die troon sit het gesê: Kyk, Ek maak alles
nuut. (Apokalips 21: 1, 2, 5). Die Kerk word bedoel deur “Jerusalem” en kan gesien word in “die
Doktrine Aangaande die Meester” (n. 62‐64). Aangaande die nuwe dinge (sien n. 65).
Die staat van die wêreld en die kerk voor die Laaste Oordeel was soos aand en nag, maar
daarna soos die oggend en dag. Wanneer die lig van die waarheid nie verskyn nie, en waarheid
word nie ontvang nie, is die staat van die kerk in die wêreld soos aand en nag, dat daar so `n
staat was voor die Laaste Oordeel, kom tevoorskyn uit dit wat hierbo gesê was (n. 11); maar
wanneer die lig van die waarheid verskyn, en die waarheid word ontvang, dan is die staat van
die kerk in die wêreld soos oggend en dag. Daarom is dit dat hierdie twee state van die kerk in
die Woord genoem word “aand en oggend” en “nag en dag,” soos in die volgende aanhaling:
“En Hy het vir my gesê: Twee‐duisend‐driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in die
regte staat herstel wees.” (Dan 8: 14). “En die gesig van die aande en die môres waarvan
gespreek is, dit is die waarheid.” (dan. 8: 26). “En dit sal `n enige dag wees wat aan JHWH (die
Here) bekend is – geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.” (Sag. 14: 7).
“Daar roep een na my toe van Seïr af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver is dit in
die nag? Die wagter sê: die môre kom, en ook die nag.” (Jes. 21: 11, 12). Wat die laaste tyd
aangaan van die kerk, het die Meester gesê: “Waak dan, want julle weet nie wanneer die
eienaar van die huis kom nie; In die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die
môre nie. (Markus 13: 35). Die Meester sê: “Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur
het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.: (Joh. 9: 4). En op ander
plekke (soos in Jes. 17: 14; Jer. 6: 4, 5; Ps. 30: 6; 65: 9; 90: 6). Sulke dinge word bedoel deur
“aand en nag,” daarom was die Meester, ten einde die Woord te vervul, ook begrawe laat in die
agtermiddag en daarna opgestaan in die vroeë oggend.
Die Laaste Oordeel oor die Hervormers. In die vorige kort werkie oor die Laaste Oordeel, word
die Oordeel behandel oor hulle wat bedoel word as Babilon, en iets oor die Oordeel oor die
Mohammedane en oor die Heidene, maar nie baie oor die Oordeel oor die Hervormers nie. Dit
was slegs gesê dat die Hervormers was in die middel, gerangskik volgens die lande van herkoms;
die Roomse rondom hulle; die Mohammedane rondom die Roomse, en rondom hierdie die
Heidene en volkere van verskeie godsdienste. Die Hervormers maak die middel uit, of sentrale
streek, omdat die Woord deur hulle gelees word en die Meester deur hulle aanbid word, en
daarom is die grootste lig by hulle, en ook geestelike lig wat van die Meester is as `n son, wat in
sy wese Goddelike liefde is, wat voortgaan en homself uitbrei na alle rigtings, en verlig selfs hulle
wat in vêrste uiterste omtrek is, en open die aanlegte van die intelligensie en die verstaan van
waarhede, so ver as wat hulle godsdiens dit toelaat en ontvang word. Want geestelike lig is in sy
essensie die Goddelike wysheid, en dit gaan binne in die intelligensie of denke van die mens, so
ver, van kennis ontvang, as wat hy die aanleg het om dit gewaar te word, en dit gaan nie deur
ruimtes nie, soos die lig van die wêreld, maar deur die emosies en gewaarwordings van die
waarheid, daarom, in `n enkele oomblik, tot op die laaste begrensing van die hemele. Van hier
is die voorkoms van ruimtes in die wêreld. Betreffende hierdie dinge kan meer gesien word in
“Die Doktrine Aangaande die Heilige Skrif” (n. 104‐113).
Die Laaste Oordeel oor die Hervormers sal op die volgende manier beskryf word. (I). Oor wie van
die Hervormers was die Laaste Oordeel uitgevoer. (II). Die tekens en die ondersoeke en besoeke
voor die Laaste Oordeel. (III). Hoe die universele Oordeel te weeg gebring is. (IV). Die redding
van die skape.
Oor wie van die Hervormers was die Laaste Oordeel uitgevoer. Die Laaste Oordeel oor die
Hervormers was slegs oor hulle uitgevoer, wat in die wêreld die Godheid bely het, wat die
Woord gelees het, wat preke gehoor het, deelgeneem het aan die sakrament van die Laaste
Avondmaal, en het nie die plegtighede van die aanbidding van die kerk verwaarloos nie, en tog
gedink het dat owerspel, verskeie tipes van diefstal, leuens, wraak, haat, en dies meer,
toelaatbaar was. Hulle, alhoewel hulle die Godheid bely, nog steeds nie rekenskap van hulle
sondes teenoor Hom wil gee nie; maar hulle lees die Woord, en nog steeds doen hulle nie die
voorskrifte vir die lewe daarin bevat nie, hulle hoor die prediking, en tog gee hulle geen aandag
daaraan nie, hulle gaan na die sakrament van die Laaste Avondmaal en nog steeds weerhou
hulle hul nie van die booshede van hulle vorige lewe nie; hulle verwaarloos nie die plegtighede
van die aanbidding nie, en nog steeds verander hulle nie hul lewens na die goeie nie. Dus lewe
hulle uit hulle godsdiens, in hulle uiterlikes, en tog in hulle innerlikes het hulle niks daarvan nie.
Hierdie is hulle wat bedoel word deur “die draak” in die Apokalips (hoofstuk 12), want dit word
hier gesê van die draak, dat dit in die hemel gesien is, dat hy met Michael in die hemel geveg
het, en dat hy `n derde deel van die sterre van die hemel saamgetrek het, watter dinge gesê
word, omdat hierdie, deur middel van die belydenis van die Meester, deur die Woord te lees, en
deur eksterne aanbidding, kommunikeer hulle met die hemele. Dieselfde word bedoel deur die
“bokke” in Matt. Hoofstuk 25; aan wie nie gesê word dat hulle bose dade pleeg nie, maar dat
hulle versuim het om goed te doen, en almal van hulle versuim om die goeie te doen, en hulle
vermy nie die bose as sonde nie, en alhoewel hulle dit nie doen nie, dink hulle nog steeds dit is
toelaatbaar, en om dit dus in die gees te doen, en ook in die liggaam, wanneer dit toegelaat
word.
Oor al hierdie van die Hervormers was die Laaste Oordeel voltrek, maar nie oor hulle wat nie in
die Meester geglo het nie, wat die Woord verag het, en verwerp het uit hulle harte al die heilige
dinge van die kerk, want almal hierdie, wanneer hulle vanaf die natuurlike wêreld kom in die
geestelike wêreld, word onmiddellike in die hel gewerp.
Almal wat soos Christene gelewe het in die eksternes, en maak geen aanstaltes om `n Christelike
lewe te lei nie, maak `n uiterlikheid met die hemele, maar intern met die helle, en siende dat dit
nie in `n oomblik weggeskeur kan word met `n verbinding met die hemel nie, word hulle
aangehou in die wêreld van die geeste, wat middeweg is tussen die hemel en die hel, en hulle
was toegelaat om gemeenskappe te vorm, en om saam te lewe soos in die wêreld, en daar deur
kunste onbekend aan die wêreld, om skitterende verskynings te maak, en op hierdie manier
hulleself en ander te oortuig dat hulle in die hemel is, daarom, uit hulle uiterlike voorkoms noem
hulle hul gemeenskappe hemele. Die hemele en aardes waarop hulle woon, word bedoel deur
“die vorige hemel, en die vorige aarde wat verby gegaan het” (Apok. 21: 1).
Intussen, so lank as wat hulle daar bly, bly die innerlikes van hulle denke gesluit, en die uiterlikes
word geopen, wat bedoel word, hulle booshede, waardeur hulle hul een maak met die helle, nie
tevoorskyn kom nie. Maar toe die Laaste Oordeel op hande was, was hulle innerlikes
geopenbaar, en hulle het aan almal verskyn soos wat hulle regtig was; en siende dat hulle almal
in eenheid met die helle was, was hulle nie meer in staat om die Christelike lewe na te boots nie,
maar uit pure genot storm hulle in elke boosheid en misdaad van elke soort, en word verander
in duiwels, en meer nog, word so gesien, sommiges swart, sommiges vlammend, en sommiges
lewe soos lyke; hulle wat in die trots van hulle eie intelligensie was, kom swart voor, hulle wat in
die kranksinnigheid van die liefde om te regeer was, kom vurig voor; en hulle wat die waarheid
verwaarloos en verag het, kom voor soos doodsbleek lyke. Dit was die toneel van hulle toe hulle
begin verander het.
Die Hervormers het die innerlike of middelste gedeelte van die wêreld van die geeste beset,
wat middeweg tussen die hemel en die hel is, en is daar gerangskik ooreenkomstig die lande van
herkoms. In die middel van van hierdie streek was die Engelse, teenoor die suide en die ooste
daarvan was die Hollanders, teenoor die noorde was die Duitsers, teenoor die weste en die
noorde die Swede, en ook teenoor die weste die Dene. Maar slegs hulle wat `n lewe gelei het
van naasteliefde, en sy geloof, is in die middel streek; baie gemeenskappe bly daar. Omringend
van hulle is hulle van die Hervormers wat nie die lewe van die geloof van naasteliefde gelewe
het nie; dit is hulle wat die hemele vir hulleself gemaak het. Maar daar is `n verskillende
rangskikking van almal in die hemel, en ook van almal in die hel. Die rede waarom die
Hervormers die middel daar beset, is omdat die Woord daar gelees word, en die Meester word
aanbid, waarom die grootste lig daar is; en waarvandaan uit die middel, hierdie lig versprei word
na alle omgewings in die omtrek en dit verlig. Want die lig waarin die geeste en engele is, gaan
vanuit die Meester soos `n son, en hierdie son, in sy wese, is Goddelike liefde, en die lig wat
daarvandaan uitgaan is in sy wese Goddelike wysheid; al die geestelike van die wêreld is daarvan
afkomstig. Betreffende die Meester as die son in die geestelike wêreld, en betreffende die lig en
hitte van daardie son, sien die werk oor Hemel en Hel (n. 116‐140).
Al die rangskikkings van die gemeenskappe in die wêreld, is `n rangskikking ooreenkomstig tot
die verskille in liefde, waarvan die rede is, dat die liefde die lewe van die mens is, en die
Meester, wat die Goddelike liefde self is, rangskik hulle ooreenkomstig die ontvangs daarvan, en
die verskille van liefdes is ontelbaar, wat niemand kan weet nie, maar die Meester alleen. Hy
verenig die gemeenskappe sodat hulle as’t ware een lewe as mens lei; die gemeenskappe van
die hemel een lewe van hemelse en geestelike liefde, die gemeenskappe van die helle, een lewe
van diaboliese en helse liefde; Hy verenig die hemele en die helle deur opposisies. Omdat daar
so `n rangskikking is, gaan elke mens in die gemeenskap van sy eie liefde, ook kan hy nie na `n
ander gaan nie, want sy liefde opponeer dit. Daarom is dit dat hulle wat in geestelike liefde is, in
die hemel is, maar hulle wat in natuurlike liefde is, is in die hel. Geestelike liefde word alleenlik
ingeplant deur `n lewe van naasteliefde, en natuurlike liefde bly natuurlik, as die lewe van
naasteliefde uitgelaat word; en natuurlike liefde, as dit nie onderwerp word aan geestelike
liefde nie, is in opposisie daarteen.
Uit hierdie dinge is dit duidelik, op watter gedeelte die Laaste Oordeel oor die Hervormers geval
het, dat dit nie op hulle was wat in die middel was nie, maar op hulle wat rondom hulle was, wat
uit eksterne moraliteit, soos gesê was, uiterlik soos Christene gelyk het, maar innerlik was hulle
nie Christene nie, omdat hulle nie `n geestelike lewe gehad het nie.
Die tekens, ondersoeke en besoeke voor die Laaste Oordeel. Daar was bokant hulle wat
oënskynlike hemele vir hulleself gevorm het as’t ware `n stormwolk, wat se verskyning van die
teenwoordigheid van die Meester was in die engele hemel bokant hulle, veral Sy
teenwoordigheid in die laer hemel, uit vrees dat enigeen van hulle op grond van die vereniging
weggedra kan word en saam met hulle vergaan. Die hoër hemele word verder nader na onder
gebring nader aan hulle, waardeur die innerlikes van hulle waaroor die Oordeel besig is om te
kom, openbaar gemaak word; waarop by die openbaarmaking daarvan, nie meer voorkom soos
Christene soos voorheen nie, maar demone. Hulle was oproerig en stry onder mekaar oor die
Godheid, die Meester, die Woord, geloof, en die kerk, en ook omdat hulle lus vir die bose ook
vrygestel is, hulle verwerp al hierdie dinge met minagting en gespot, en storm in elke moontlike
soort van afskuwelikheid en gruwels. Dus was die staat van die hemelse inwoners verander.
Dan, terselfdertyd verdwyn al hul skitterende voorkomste, wat hulle vir hulleself gemaak het
deur kunste onbekend in hierdie wêreld, hulle paleise verander in walglike vuil hutte; hulle tuine
in stinkende staande poele; hulle tempels in hope vuilgoed, en die heuwels waarop hulle woon,
in gruis hope, en in alle soortgelyke dinge, wat ooreenkom en korrespondeer met hulle
boosaardige denke en luste. Want al die sigbare dinge van die geestelike wêreld is
korrespondensies van die emosies van geeste en engele. Hierdie was die tekens van die
komende Oordeel.
Soos wat die blootlegging van die innerlikes toeneem, so was die orde tussen die inwoners
verander en omgekeer. Hulle wat die sterkste was in die argumente teen die heilige dinge van
die kerk, storm na die middel en neem die domein oor; en die res, wat minder kragtig was in
argumentering, trek terug tot by die omtrek en erken hulle wat in die middel is as hulle
onderrig‐engele. Dus het hulle hulself bymekaar gemaak in die vorm van die hel.
Hierdie verandering in hulle staat of status was begelei deur verskeie skuddings van hulle
woonplekke en lande, wat opgevolg was deur aardbewings, magtig in ooreenstemming met hul
verdorwenheid. Hier en daar ook was klowe gemaak na die helle se kant wat direk onder hulle
was, en `n kommunikasie was dus met hulle geopen. Uitwaseming was toe gesien opstyg soos
rook gemeng met vonke van vuur. Dit was ook tekens wat voorafgaan, wat ook deur die
Meester se woorde bedoel word aangaande die voltrekking van die eeu, en dan betreffende die
Laaste Oordeel, in die Evangelie: “Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan
en die een koninkryk teen die ander. En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees
en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens uit die hemele
kom. En daar sal tekens wees aan son, maan, en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies
in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun. Lukas 21: 10, 11, 25; Matt. 24: 7; Mark.
13: 8).
Ondersoeke was ook deur engele gemaak, want voordat enige siek‐toestand gemeenskap
vernietig word, vind daar altyd `n ondersoek vooraf plaas. Die engele vermaan hulle om uit te
skei met wat hulle besig is om te doen, en veroordeel hulle tot vernietiging oor hulle as hulle dit
nie doen nie. Dan soek hulle enige goeie gees wat tussen hulle gemeng het uit en skei hom af..
Maar die massas, opgewonde gemaak deur hul leiers, ding mee met die engele, en storm op
hulle af, vir die doel om hulle in die forum te sleep, en behandel hulle op die skandelikste
manier, net soos dit gedoen was in Sodom. Die meeste van hulle was in die geloof afgeskei van
die naasteliefde; en daar was ook van hulle wat naasteliefde verkondig, maar hulle leef
skandelik.
Hoe die universele oordeel uitgevoer was. Na die ondersoeke en voorlopige tekens van die
komende Oordeel, kan hulle nie hulle denke van kriminele handelinge af hou nie, en beplan
opruiende samesweerdery teen hulle wat die Meester erken as die God van die hemel en die
aarde, wat die Woord heilig hou, en wat `n lewe van naasteliefde lewe, die Laaste oordeel het
oor hulle gekom. Dit was dus voltooi.
Die Meester was gesien in `n helder, skitterende wolk met die engele, en `n geluid soos die van
ramshorings wat daarvandaan gehoor; wat `n teken was van verteenwoordige beskerming van
die engele van die hemel deur die Meester, en die bymekaar maak van die goeies van alle kante
af. Want die Meester bring nie verwoesting oor almal nie, maar beskut slegs dit wat Syne is, en
trek hulle weg van kommunikasie met die bose, en wanneer hulle onttrek is, kom die bose in sy
eie luste, en vandaar storm hulle in elke soort van boosaardigheid. Dan word almal wat op die
punt staan om verwoes te word, gesien soos `n groot draak, met sy stert verleng met `n buiging,
en opgelig na die hemel, en buig homself omhoog in verskeie rigtings, asof hy die hemele wil
verwoes, en dit neer te trek. Maar die poging was alles verniet, want die stert was neergewerp,
en die draak, wat ook voorgekom het asof dit opgelig is, sak neer. Dit was aan my toegestaan
om hierdie voorstelling te sien, sodat ek mag weet en dit bekend maak wat bedoel word deur
die “draak” in die Apokalips; naamlik, dat “die draak” beteken almal wat die Woord lees, wat
gepreek is en dit hoor, en die heilige dinge van die kerk uitvoer, en maak nie gebruik van die
luste van die bose waardeur hulle verlok word, en innerlik bedink hulle diefstal en bedrog,
ontug, owerspel en onwelvoeglikhede, haat, en weerwraak, leuens en lastering, en wat dus in
die gees lewe soos duiwels, en in die liggaam soos engele. Hieruit bestaan die liggaam van die
draak, maar die stert bestaan uit hulle wat, toe hulle in die wêreld was, in geloof was uit die
naasteliefde, en wat soos die voriges was in denke en bedoelinge.
Toe sien ek sommige van die rotse waarop hulle was, wegsak selfs tot die laagste dieptes,
sommiges word ver weggedra, sommiges skeur oop in die middel, en hulle wat op hulle was
word neergewerp in die kloof, en sommiges word oorstroom soos met `n vloed. En ek sien baie
bymekaar gemaak in groepe asof in bondels, in ooreenstemming met die soort en spesie van die
bose waarin hulle was, en hiernatoe en daarnatoe gewerp binne in draaikolke en maalstrome, in
moerasse, en staande poele, en in woestyne, wat soveel helle was. Die res wat nie op die rotse
was nie, maar verstrooi hier en daar, maar wat tog in soortgelyke booshede was, vlug verbaas
na die Roomses, Mohammedane, en die Heidene, en verklaar hulle godsdiens, wat hulle kon
doen sonder enige versteuring van hulle denke, omdat hulle geen godsdiens het nie; maar uit
vrees dat hulle die ander ook sal mislei, en was weggedrywe, en na onder gedruk na hulle eie
geselskappe in die helle. Dit is `n algemene beskrywing van hulle verwoesting; die besonderhede
wat ek gesien het, is meer as wat ek hier kan beskryf.
Die redding van die skape. Nadat die Laaste oordeel voltrek was, was daar groot vreugde in die
hemel, en ook lig in die wêreld van die geeste, soos wat daar nog nooit gewees het nie. Die
vreugde in die hemel en sy kwaliteit, nadat die draak neergegooi was, word beskryf in die
Apokalips (12: 10‐12); en daar was lig in die wêreld van die geeste, want daardie helse
gemeenskappe het tussenin geskuiwe soos wolke wat die aarde verduister. `n Soortgelyke lig is
ook opgewek met die mens op die aarde, waaruit daar nuwe verligting ontstaan het.
Toe sien ek engele geeste in groot getalle opkom van benede, en verhoog in die hemele, wat die
skape was, daar bewaar en opgepas deur die Meester vir eeue gelede, uit vrees dat hulle in die
boosaardige sfeer sou kom wat uitvloei van die dragoniete, en hulle naasteliefde versmoor
word. Hierdie is hulle wat in die Woord bedoel word deur: “hulle wat opgestaan het uit die
grafte,” ook deur: “wat van die eerste opstanding is.”
|
|
|
|
|