DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

61. (VIII). Die Roomse Heiliges in die Geestelike Wêreld. Dit is bekend dat in die mens die oorgeërfde boosheid ingeplant is, maar waaruit dit bestaan is aan baie min bekend. Dit bestaan uit die liefde om te regeer, wat so is, dat so ver as wat dit teuels gegee word, sal dit vooruit storm, totdat dit selfs brand met die lus om almal te regeer, en naderhand met die wens om opgeroep te word om aanbid te word as God. Hierdie liefde is die slang, wat Adam en Eva verlei het, want dit word vir die vrou gesê: “Maar God weet as julle daarvan eet, sal julle oë oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.” (Gen. 3: 5). So ver as wat die mens voortstorm met losgelate teuels, so ver trek hy hom weg van die Meester, en draai na homself, en word `n ateïs, en die Goddelike waarhede wat van die Woord is, kan dien as `n metode, maar omdat dominasie die doel of uiteinde is, is die metode in die hart, en dit is slegs dat hulle hom moet dien. Dit is die rede hoekom hulle wat in die bemiddeling en die hoogste graad van die liefde is om te regeer, almal in die hel is, want daardie liefde is die duiwel self daar, en in die hel is daar sommiges met so `n natuur, dat hulle dit nie kan verdra dat enigiemand van God spreek nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205