DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

75. Daar is baie gemeenskappe van Heidene, veral van uit Afrika, wat, nadat hulle onderrig is deur die engele aangaande die Meester, sê dit kan nie anders wees dat God die Skepper van die universum is en dat Hy in die wêreld verskyn het, omdat Hy hulle gemaak het en dat Hy hulle liefhet, en dat Sy verskyning gemaak moet word voor die ware oë in Menslike vorm. Toe hulle vertel was dat Hy nie verskyn soos die engele verskyn nie, maar dat Hy as Mens gebore is, het hulle `n oomblik geaarsel, en vra toe of Hy gebore was uit `n menslike vader, en toe hulle hoor Sy moeder is bevrug deur die God van die universum, en gebore uit `n maagd, sê hulle dat Hy dus die Goddelike Wese (Essens) self in Hom het, wat oneindig en lewe op sigself is, en Hy was nie so `n Mens soos ander is nie. Hulle word toe deur die engele ingelig, dat in voorkoms was Hy net soos `n ander man, maar toe Hy in die wêreld was, Sy Goddelike Essens, wat in homself oneindig en lewe in homself was, die eindigende natuur en sy lewe uit Sy moeder verwerp het, en Hom dus Menslik gemaak het, wat in die wêreld ontvang en gebore is as Goddelik. Die Afrikane begryp dit meer innerlik en geestelik as ander Heidene. So is die karakter van die Afrikane selfs in die wêreld, daar is, op die huidige dag, `n openbaring met hulle, wat begin in die middel, al in die rondte maar bereik nie die seë nie. Hulle erken ons God as die God van hemel en aarde, en lag vir die monnike in die dele wat hulle besoek, en vir die Christene wat praat van `n drie‐enige‐Goddelikheid, en van redding deur net te dink en sê, dat daar is geen mens wat enige aanbidding het, wat nie lewe in ooreenstemming met sy godsdiens nie, en wie ookal dit nie doen nie, word onnosel en boos, omdat daarin is daar nie lewe nie, maar die dood. Ek het die engele gehoor juig oor hierdie openbaring, omdat, deur middel daarvan, was daar `n kommunikasie geopen vir hulle met die menslike rede, tot hier toe nog toegesluit deur die blindheid wat oor die dinge van die geloof getrek is. Dit was uit die hemel aan my vertel, dat die waarheid wat nou gepubliseer word in die Doktrine van die Nuwe Jerusalem Betreffende die Meester, en aangaande die Woord, en die Doktrine van die Lewe vir die Nuwe Jerusalem, word mondelings gedikteer deur engele geeste aan die inwoners van daardie land.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205