DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

59. Almal wat van die aarde af kom in die geestelike wêreld, word vir eers in die belydenis van die geloof gehou, en in die godsdiens van hulle land, en so is die Roomse daar. Op grond hiervan, het hulle altyd `n verteenwoordigende Opperpriester oor hulle aangestel, wat hulle ook vereer met dieselfde seremonie as in die wêreld. Selde handel enige Pous uit die wêreld as Opperpriester daar; maar tog was die Pous wat twintig jaar gelede in Rome was, 59.1 aangestel oor die Roomse, omdat hy dit in sy hart vertroetel het dat die Woord meer heilig was as wat geglo is, en dat die Meester aanbid behoort te word. Maar nadat hy die pos as Pous gevul het vir `n aantal jare, het hy dit geabdikeer, en homself na die Hervormde Christene gewend, waarin hy nou nog verkeer, en geniet `n gelukkige lewe. Dit was aan my toegestaan om met hom te praat, en hy sê hy aanbid alleenlik die Meester, omdat Hy die God is, wat al die krag het oor die hemel en die aarde, en dat die aanroeping van die heiliges, en ook hul mis (mass) `n nietigheid en `n gespot is, en toe hy in die wêreld was, was hy van plan om daardie kerk te herstel en te hernu, maar vir redes wat hy genoem het, het hy dit onmoontlik gevind om dit te doen. Toe die groot noordelike stad van die Roomse vernietig is, op die dag van die Laaste Oordeel, sien ek hom uitgedra op `n bank, en word geneem na `n plek van veiligheid. Maar `n heel ander ding het met sy opvolger gebeur.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205