DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

69. Siende dat die godsdiens die mens se innerlike maak, en al die res spruit uit die innerlike, en siende dat Mohammed eng verbind is met hulle godsdiens, word een of ander Mohammed altyd in hul sig geplaas; en sodat hulle hul gesigte na die ooste mag draai, bokant waar die Meester is, is hy geplaas onderkant in die Christelike middel. Dit is nie die Mohammed homself wat die Koran geskrywe het nie, maar `n ander een wat sy plek volstaan, ook is dit nie altyd dieselfde een nie, maar hy word afgewissel. Eenkeer was dit een van Saxony, wat deur die Algeryne geneem was en wat `n Mohammedaan geword het; en wat, omdat hy ook `n Christen was, onderrig was om met hulle te praat aangaande die Meester, dat Hy nie die seun van Josef was, soos hulle in die wêreld geglo het nie, maar die Seun van God Homself, waardeur hy by hulle die idee geïnsinueer het van die eenheid van die Meester se Persoon en Wese (Essens) met die Vader. Met dit was daardie Mohammed en ander agterna suksesvol, wat besiel was om dieselfde te verklaar. Deur hierdie metode, het baie van hulle toegetree tot `n ware Christelike geloof aangaande die Meester, en hulle wat so toegetree het, was na `n gemeenskap geneem nader na die ooste, waar kommunikasie aan hulle toegestaan is vanuit die hemel, waarin hulle agterna opgeneem is. In die plek waar die stoel van daardie Mohammed was, daar verskyn `n vuur soos `n fakkel, dat hy geken kan word, maar dit is onsigbaar vir almal, behalwe vir die Mohammedane.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205